Psalm 88:1-18

’n Lied, ’n melodie van die kinders van Korag. Vir die musiekleier oor Mahalat, vir wisselsang. Maskil van Heman,+ die Esrahiet. 88  O Jehovah, die God van my redding,+Bedags het ek uitgeroep,+Ook snags voor u.+   Voor u sal my gebed kom.+Neig u oor tot my smekende geroep.+   Want my siel het genoeg gehad van rampspoed,+En my lewe het selfs met Sjeool in aanraking gekom.+   Ek is gereken onder dié wat na die kuil afdaal;+Ek het soos ’n man sonder krag geword,+   Vrygelaat onder die dooies,+Soos gesneuweldes wat in die graf lê,+Aan wie u nie meer gedink het nieEn wat van u helpende hand afgesny is.+   U het my in ’n kuil van die onderste dieptes gesit,In donker plekke, in ’n groot afgrond.+   U woede rus swaar op my,+En met al u branders het u my geteister.+ Sela.   U het my kennisse ver van my verwyder;+U het my baie verfoeilik vir hulle gemaak.+Ek is opgesluit en kan nie uitkom nie.+   My oog het weggekwyn weens my ellende.+Ek het u, o Jehovah, die hele dag aangeroep;+Na u het ek my palms uitgestrek.+ 10  Sal u vir die dooies ’n wonder doen?+Of sal dié wat magteloos is in die dood, opstaan,+Sal hulle u prys?+ Sela. 11  Sal u liefderyke goedhartigheid in die graf bekend gemaak word,U getrouheid in die plek van vernietiging?+ 12  Sal ’n wonder van u in die duisternis bekend word,+Of u regverdigheid in die land van vergetelheid?+ 13  En tog het ek tot u, o Jehovah, om hulp geroep,+En in die oggend kom my gebed u voortdurend tegemoet.+ 14  Waarom, o Jehovah, verstoot u my siel?+Waarom verberg u u aangesig vir my?+ 15  Ek is geteisterd en sterwend van my seunsjare af;+Ek het skrikwekkende dinge wat van u kom, in groot mate gedra.+ 16  U flitse van brandende toorn het oor my gegaan;+Verskrikkinge wat van u kom, het my tot swye gebring.+ 17  Hulle het my die hele dag soos waters omring;+Hulle het my almal tegelyk omsluit. 18  U het vriend en metgesel ver van my verwyder;+My kennisse is ’n donker plek.+

Voetnote