Psalm 89:1-52

Maskil. Van Etan, die Esrahiet.+ 89  Jehovah se blyke van liefderyke goedhartigheid sal ek tot onbepaalde tyd besing.+Van geslag tot geslag sal ek u getrouheid met my mond bekend maak.+   Want ek het gesê: “Liefderyke goedhartigheid sal tot onbepaalde tyd gebou bly;+Wat die hemele betref, daarin hou u u getrouheid stewig gevestig.”+   “Ek het ’n verbond met my uitverkorene gesluit;+Ek het vir my kneg Dawid gesweer:+   ‘Ja, tot onbepaalde tyd sal ek jou saad stewig vestig,+En ek sal jou troon+ van geslag tot geslag bou.’” Sela.   En die hemele sal u wonderdaad prys, o Jehovah,+Ja, u getrouheid in die gemeente van die heiliges.   Want wie in die hemelruim kan met Jehovah vergelyk word?+Wie is soos Jehovah onder die seuns van God?+   Vir God moet ontsag getoon word onder die intieme groep van heiliges;+Hy is groot en vreesinboesemend bo almal wat rondom hom is.+   O Jehovah, God van die leërs,+Wie is kragtig soos u, o Jah?+En u getrouheid is rondom u.+   U heers oor die styging van die see;+Wanneer hy sy golwe verhef, bring u hulle tot bedaring.+ 10  U het Ragab verbrysel,+ net soos iemand wat verslaan is.+Deur die arm van u sterkte het u u vyande verstrooi.+ 11  Die hemel behoort aan u,+ ook die aarde behoort aan u;+Die vrugbare land en alles wat dit vul+—u het dit gegrondves.+ 12  Die noorde en die suide—u het dit geskep;+Tabor+ en Hermon+—in u naam roep hulle met vreugde uit.+ 13  ’n Arm met mag behoort aan u,+U hand is sterk,+U regterhand is verhewe.+ 14  Regverdigheid en reg is die vaste plek van u troon;+Liefderyke goedhartigheid en waaragtigheid kom voor u aangesig.+ 15  Gelukkig is die volk wat die gejuig ken.+O Jehovah, in die lig van u aangesig bly hulle wandel.+ 16  In u naam is hulle die hele dag bly+En in u regverdigheid word hulle verhef.+ 17  Want u is die prag van hulle sterkte;+En deur u welwillendheid word ons horing verhef.+ 18  Want ons skild behoort aan Jehovah,+En ons koning behoort aan die Heilige van Israel.+ 19  In dié tyd het u in ’n visioen met u lojales gepraat,+En u het gesê:Ek het aan ’n sterke hulp verleen;+Ek het ’n uitverkorene uit die volk verhef.+ 20  Ek het my kneg Dawid gevind;+Met my heilige olie het ek hom gesalf,+ 21  Met wie my hand bestendig sal wees,+Wat my arm ook sal versterk.+ 22  Geen vyand sal buitensporige eise aan hom oplê nie,+Ook sal geen kind van onregverdigheid hom teister nie.+ 23  En ek het sy teenstanders voor hom weg verbrysel,+En dié wat hom intens haat, het ek slae bly toedien.+ 24  En my getrouheid en my liefderyke goedhartigheid is met hom,+En in my naam word sy horing verhef.+ 25  En op die see het ek sy hand gelê+En op die riviere sy regterhand.+ 26  Hy roep tot my: ‘U is my Vader,+My God+ en die Rots van my redding.’+ 27  Ook sal ek hom as eersgeborene stel,+Die hoogste van die konings van die aarde.+ 28  Tot onbepaalde tyd sal ek my liefderyke goedhartigheid teenoor hom bewaar,+En my verbond sal getrou wees teenoor hom.+ 29  En ek sal beslis sy saad tot in ewigheid bevestig+En sy troon soos die dae van die hemel.+ 30  As sy kinders my wet verlaat+En in my regterlike beslissings nie wandel nie,+ 31  As hulle my insettinge ontheiligEn my gebooie nie onderhou nie, 32  Dan sal ek my aandag met ’n roede op hulle oortreding rig+En met slae op hulle ongeregtigheid.+ 33  Maar my liefderyke goedhartigheid sal ek nie van hom wegneem nie,+Ook sal ek nie my getrouheid verloën nie.+ 34  Ek sal my verbond nie ontheilig nie,+En die woorde van my lippe sal ek nie verander nie.+ 35  Een keer het ek in my heiligheid gesweer,+Vir Dawid sal ek nie leuens vertel nie.+ 36  Sy saad sal tot onbepaalde tyd wees,+En sy troon soos die son voor my.+ 37  Soos die maan sal dit tot onbepaalde tyd stewig gevestig wees,En soos ’n getroue getuie in die hemelruim.” Sela. 38  Maar u—u het verstoot en u bly verag;+U het grimmig geword teen u gesalfde.+ 39  U het die verbond van u kneg minagtend verwerp;U het sy kroon teen die grond ontheilig.+ 40  U het al sy klipkrale afgebreek;+U het sy verskansings in puin gelê.+ 41  Almal wat met die pad verbygaan, het hom geplunder;+Hy het ’n smaad vir sy bure geword.+ 42  U het die regterhand van sy teenstanders verhef;+U het al sy vyande bly gemaak.+ 43  Ook behandel u sy swaard weer soos ’n vyand,+En u het hom in die geveg geen veld laat wen nie.+ 44  U het sy glans laat verdwyn,+En sy troon het u teen die grond neergewerp.+ 45  U het die dae van sy jeug verkort;U het hom met skaamte omhul.+ Sela. 46  Hoe lank, o Jehovah, sal u u verborge hou? Vir altyd?+Sal u woede aanhou brand net soos ’n vuur?+ 47  Dink tog aan wat my lewensduur is.+Het u al die mensekinders heeltemal tevergeefs geskep?+ 48  Watter man lewe daar wat die dood nie sal sien nie?+Kan hy aan sy siel ontkoming verskaf uit die hand van Sjeool?+ Sela. 49  Waar is u vroeëre dade van liefderyke goedhartigheid, o Jehovah,Wat u in u getrouheid aan Dawid met ’n eed beloof het?+ 50  Dink, o Jehovah, aan die smaad van u knegte,+Hoe ek in my boesem die smaad van al die baie volke dra,+ 51  Hoe u vyande gesmaad het, o Jehovah,+Hoe hulle die voetspore van u gesalfde gesmaad het.+ 52  Mag Jehovah tot onbepaalde tyd geloof word. Amen en Amen.+

Voetnote