Psalm 9:1-20

Vir die musiekleier, op Mut-Labben. ’n Melodie van Dawid. א [ʼAʹlef] 9  Ek sal u prys, o Jehovah, met my hele hart;+Ek sal al u wonderlike werke bekend maak.+   Ek sal bly wees en jubel in u,+Ek sal u naam met melodieë besing, o Allerhoogste.+ ב [Bet]   Wanneer my vyande terugdraai,+Sal hulle struikel en voor u vergaan.+   Want u het my reg en my regsaak behartig;+U het op die troon gesit en met regverdigheid reggespreek.+ ג [Giʹmel]   U het nasies bestraf,+ u het die goddelose vernietig.+Hulle naam het u tot onbepaalde tyd uitgewis, ja, vir ewig.+   O vyand, jou verwoestings het vir altyd tot ’n einde gekom,+En die stede wat u uitgeruk het.+Selfs die vermelding van hulle sal beslis vergaan.+ ה [Heʼ]   Wat Jehovah betref, hy sal tot onbepaalde tyd sit+En sy troon stewig vestig vir die oordeel.+   En hy sal die vrugbare land oordeel in regverdigheid;+Hy sal volksgroepe geregtelik verhoor in geregtigheid.+ ו [Wau]   En Jehovah sal ’n veilige hoogte vir die verbryselde word,+’n Veilige hoogte in tye van benoudheid.+ 10  En dié wat u naam ken, sal op u vertrou,+Want u sal dié wat u soek, beslis nie verlaat nie, o Jehovah.+ ז [Saʹjin] 11  BESING Jehovah, wat in Sion woon,+ met melodieë;Verkondig onder die volke sy dade.+ 12  Want wanneer hy na bloedvergieting soek,+ sal hy beslis aan húlle dink;+Hy sal die geroep van die geteisterdes gewis nie vergeet nie.+ ח [Get] 13  Betoon guns aan my, o Jehovah; sien my ellende vanweë my haters,+O u wat my uit die poorte van die dood ophef,+ 14  Sodat ek al u lofwaardige dade bekend kan maak+In die poorte+ van die dogter van Sion,+Sodat ek bly kan wees in u redding.+ ט [Tet] 15  Die nasies het weggesink in die kuil wat hulle gemaak het;+In die net+ wat hulle verberg het, is hulle eie voet gevang.+ 16  Jehovah word geken aan die oordeel wat hy voltrek het.+Die goddelose is deur die werk van sy eie hande verstrik.+Higgajon. Sela. י [Jod] 17  Die goddeloses+ sal terugdraai na Sjeool,+Ja, al die nasies wat God vergeet.+ 18  Want die arme sal nie vir altyd vergeet word nie,+Ook sal die hoop van die sagmoediges nooit vergaan nie.+ כ [Kaf] 19  Staan tog op, o Jehovah! Laat die sterflike mens nie sterker wees nie.+Laat die nasies voor u aangesig geoordeel word.+ 20  Boesem tog vrees by hulle in, o Jehovah,+Sodat die nasies kan weet dat hulle maar net sterflike mense is.+ Sela.

Voetnote