Psalm 90:1-17

’n Gebed van Moses, die man van die ware God.+ 90  O Jehovah, u was vir ons ’n ware woonplek+Van geslag tot geslag.+   Voordat die berge gebore is,+Of u die aarde+ en die vrugbare land+ voortgebring het asof met geboortepyne,Ja, van onbepaalde tyd tot onbepaalde tyd is u God.+   U laat die sterflike mens tot stof terugkeer,+En u sê: “Keer terug, o mensekinders.”+   Want duisend jaar is in u oë net soos gister wanneer dit verby is,+En soos ’n nagwaak.+   U het hulle weggevee;+ hulle word ’n blote slaap;+In die oggend is hulle net soos groen gras wat verander.+   In die oggend bring dit bloeisels voort en sal dit verander;+In die aand verwelk dit, en dit verdroog beslis.+   Want ons het aan ons einde gekom in u toorn,+En deur u woede is ons ontstel.+   U het ons oortredings reg voor u gestel,+Ons verborge dinge voor u glansende aangesig.+   Want al ons dae het tot ’n einde begin kom in u grimmigheid;+Ons het ons jare voleindig net soos ’n fluistering.+ 10  Die dae van ons jare is op sigself sewentig jaar;+En as dit weens besondere krag tagtig jaar is,+Is dit nietemin vol moeite en skadelike dinge;+Want gou sal dit verbygaan, en ons vlieg daarheen.+ 11  Wie ken die sterkte van u toorn+En u grimmigheid ooreenkomstig die vrees vir u?+ 12  Toon ons hoe om ons dae so te tel+Dat ons ’n wyse hart+ kan bekom. 13  Keer tog terug, o Jehovah!+ Hoe lank sal dit wees?+En voel spyt oor u knegte.+ 14  Versadig ons in die oggend met u liefderyke goedhartigheid,+Sodat ons met vreugde kan uitroep en bly kan wees gedurende al ons dae.+ 15  Gee ons vreugde ooreenkomstig die dae waarin u ons geteister het,+Die jare waarin ons rampspoed gesien het.+ 16  Laat u werk vir u knegte sigbaar word+En u prag oor hulle kinders.+ 17  En laat die lieflikheid van Jehovah ons God oor ons wees,+En bevestig tog die werk van ons hande stewig oor ons.+Ja, die werk van ons hande, bevestig dit tog stewig.+

Voetnote