Psalm 91:1-16

91  Elkeen wat in die skuilplek+ van die Allerhoogste+ woon,Sal vir hom verblyf kry in die skaduwee van die Almagtige.+   Ek sal vir Jehovah sê: “U is my toevlug en my vesting,+My God, op wie ek sal vertrou.”+   Want hy sal jou uit die valstrik van die voëlvanger+ bevry,Van die pes wat teëspoed veroorsaak.+   Met sy vlerke sal hy toegang tot jou versper,+En onder sy vleuels sal jy toevlug soek.+Sy waaragtigheid+ sal ’n groot skild+ en verskansing wees.   Jy sal nie bang wees vir iets vreesliks in die nag+Of vir die pyl+ wat in die dag vlieg   Of vir die pes wat in die donker wandel+Of vir die vernietiging wat op die middaguur plunder nie.+   Duisend sal aan jou sy valEn tienduisend aan jou regterhand;Naby jou sal dit nie kom nie.+   Net met jou oë sal jy toekyk+En die vergelding van die goddeloses sien.+   Omdat jy gesê het: “Jehovah is my toevlug”,+Het jy die Allerhoogste jou woonplek gemaak;+ 10  Geen rampspoed sal jou tref nie,+En nie eens ’n plaag sal naby jou tent kom nie.+ 11  Want hy sal sy engele aangaande jou bevel gee+Om jou op al jou weë te bewaar.+ 12  Op hulle hande sal hulle jou dra,+Sodat jy nie jou voet teen enige klip sal stamp nie.+ 13  Op die jong leeu en die kobra sal jy trap;+Jy sal die jong maanhaarleeu en die groot slang vertrap.+ 14  Omdat hy sy geneentheid op my gerig het,+Sal ek ook aan hom ontkoming verskaf.+Ek sal hom beskerm omdat hy my naam leer ken het.+ 15  Hy sal my aanroep, en ek sal hom antwoord.+Ek sal met hom wees in benoudheid.+Ek sal hom red en hom verheerlik.+ 16  Met lengte van dae sal ek hom versadig,+En ek sal hom redding deur my laat sien.+

Voetnote