Psalm 92:1-15

’n Melodie, ’n lied, vir die sabbatdag. 92  Dit is goed om Jehovah te dank+En om u naam met melodieë te besing, o Allerhoogste;+   Om in die oggend u liefderyke goedhartigheid te verkondig+En u getrouheid in die nagte,+   Op ’n tiensnarige instrument en op die luit,+Deur weerklinkende musiek op die harp.+   Want u het my vreugde gegee, o Jehovah, weens u dade;Weens die werke van u hande roep ek met vreugde uit.+   Hoe groot is u werke, o Jehovah!+Baie diep is u gedagtes.+   Geen redelose mens kan dit ken nie,+En geen sot kan dit verstaan nie.+   Wanneer die goddeloses uitspruit soos die plante+En almal wat skadelike dinge beoefen, bloei,Is dit sodat hulle vir ewig verdelg kan word.+   Maar u is tot onbepaalde tyd in die hoogte, o Jehovah.+   Want kyk! u vyande, o Jehovah,+Want kyk! u vyande sal vergaan;+Almal wat skadelike dinge beoefen, sal van mekaar geskei word.+ 10  Maar u sal my horing verhef soos dié van ’n wilde bul;+Ek sal my met vars olie bevogtig.+ 11  En my oog sal op my vyande neersien;+My ore sal hoor van dié wat teen my opstaan, die kwaaddoeners. 12  Die regverdige sal bloei soos ’n palmboom;+Soos ’n seder op die Liʹbanon sal hy groot word.+ 13  Dié wat in die huis van Jehovah geplant is,+In die voorhowe van ons God,+ hulle sal bloei. 14  Hulle sal nog in die grysheid bly floreer,+Vet en vars sal hulle bly,+ 15  Om te verkondig dat Jehovah reg is.+Hy is my Rots,+ in wie daar geen onregverdigheid is nie.+

Voetnote