Psalm 93:1-5

93  Jehovah het koning geword!+Met uitnemendheid is hy beklee;+Jehovah is beklee—met sterkte het hy hom omgord.+Ook word die vrugbare land stewig gevestig sodat niks dit kan laat wankel nie.+   U troon is stewig gevestig van ouds af;+Van onbepaalde tyd af is u.+   Die riviere het verhef, o Jehovah,Die riviere het hulle gebruis verhef;+Die riviere hou aan om hulle gedreun te verhef.+   Bo die gebruis van baie waters, die majestueuse branders van die see,+Is Jehovah majestueus+ in die hoogte.   U herinneringe is baie betroubaar.+Heiligheid is gepas vir u huis,+ o Jehovah, tot in lengte van dae.+

Voetnote