Psalm 94:1-23

94  O God van wraak, Jehovah,+O God van wraak, straal!+   Verhef u, o Regter van die aarde.+Bring ’n vergelding oor die hoogmoediges.+   Hoe lank sal die goddeloses, o Jehovah,+Hoe lank sal die goddeloses jubel?+   Hulle laat woorde uitborrel, hulle bly onbeteueld praat;+Almal wat skadelike dinge beoefen, bly met hulleself spog.+   O Jehovah, hulle bly u volk verbrysel,+En hulle hou aan om u erfdeel te verdruk.+   Hulle maak die weduwee en die inwonende vreemdeling dood,+En hulle vermoor die vaderlose seuns.+   En hulle bly sê: “Jah sien dit nie;+En die God van Jakob verstaan dit nie.”+   Verstaan tog, o redeloses onder die volk;+En wat julle sotte betref, wanneer sal julle enige insig hê?+   Kan Hy wat die oor plant, nie hoor nie?+Of kan Hy wat die oog vorm, nie kyk nie?+ 10  Kan Hy wat die nasies bestraf, nie teregwys nie,+Ja, Hy wat die mense kennis leer?+ 11  Jehovah ken die gedagtes van die mense, dat dit soos ’n asemstoot is.+ 12  Gelukkig is die man wat u teregwys,+ o Jah,En wat u uit u wet leer,+ 13  Om hom rus te gee van dae van rampspoed,+Totdat ’n kuil vir die goddelose gegrawe word.+ 14  Want Jehovah sal sy volk nie verstoot nie,+En ook sal hy sy erfdeel nie verlaat nie.+ 15  Want die regterlike beslissing sal tot regverdigheid terugkeer,+En al die opregtes van hart sal dit volg. 16  Wie sal vir my opstaan teen die kwaaddoeners?+Wie sal vir my opkom teen dié wat skadelike dinge beoefen?+ 17  As Jehovah my nie gehelp het nie,+Sou my siel gou in stilte gewoon het.+ 18  Toe ek gesê het: “My voet sal beslis wankel”,+Het u liefderyke goedhartigheid, o Jehovah, my bly onderskraag.+ 19  Toe my verontrustende gedagtes binne-in my baie geword het,+Het u vertroostinge my siel begin streel.+ 20  Sal die troon wat teëspoed veroorsaak, u bondgenoot wees,+Terwyl dit moeilikheid deur verordening beraam?+ 21  Hulle rig skerp aanvalle op die siel van die regverdige+En verklaar selfs die bloed van die onskuldige goddeloos.+ 22  Maar Jehovah sal vir my ’n veilige hoogte word,+En my God die rots van my toevlug.+ 23  En hy sal hulle skadelikheid op hulle laat terugkeer+En sal hulle met hulle eie rampspoed tot swye bring.+Jehovah ons God sal hulle tot swye bring.+

Voetnote