Psalm 95:1-11

95  Kom tog, laat ons met vreugde uitroep tot Jehovah!+Laat ons ons Rots van redding triomfantlik toeroep.+   Laat ons met danksegging voor sy aangesig kom;+Laat ons hom met melodieë triomfantlik toeroep.+   Want Jehovah is ’n groot God+En ’n groot Koning bo alle ander gode,+   Hy in wie se hand die diepste plekke van die aarde is+En aan wie die pieke van die berge behoort;+   Aan wie die see behoort, wat hy gemaak het,+En wie se hande die droë land gevorm het.+   Kom tog in, laat ons aanbid en ons neerbuig;+Laat ons kniel+ voor Jehovah, ons Maker.+   Want hy is ons God, en ons is die volk van sy weiding en die skape van sy hand.+Vandag, as julle na sy stem luister,+   Moet julle julle hart nie verhard soos by Meʹriba,+Soos op die dag van Massa in die wildernis nie,+ 9   Toe julle voorvaders my op die proef gestel het;+Hulle het my getoets, hulle het ook my dade gesien.+ 10  Veertig jaar lank het ek ’n weersin in daardie geslag gehad,+En ek het gesê:“Hulle is ’n volk met ’n eiesinnige hart,+En hulle het my weë nie leer ken nie”;+ 11  Aangaande wie ek in my toorn gesweer het:+“Hulle sal in my rusplek nie ingaan nie.”+

Voetnote