Psalm 96:1-13

96  Sing tot Jehovah ’n nuwe lied.+Sing tot Jehovah, alle bewoners van die aarde.+   Sing tot Jehovah, loof sy naam.+Verkondig van dag tot dag die goeie nuus van redding deur hom.+   Maak onder die nasies sy heerlikheid bekend,+Onder al die volke sy wonderlike werke.+   Want Jehovah is groot+ en baie lofwaardig.Hy is vreesinboesemend bo alle ander gode.+   Want al die gode van die volke is waardelose gode;+Maar wat Jehovah betref, hy het die hemele gemaak.+   Waardigheid en prag is voor hom;+Sterkte en sieraad is in sy heiligdom.+   Skryf aan Jehovah toe, o families van die volke,+Skryf aan Jehovah heerlikheid en sterkte toe.+   Skryf aan Jehovah die heerlikheid toe wat sy naam toekom,+Bring ’n gawe en kom in sy voorhowe.+   Buig julle voor Jehovah neer in heilige feesgewaad;+Krimp ineen van pyn weens hom, alle bewoners van die aarde.+ 10  Sê onder die nasies: “Jehovah het koning geword.+Ook word die vrugbare land stewig gevestig sodat niks dit kan laat wankel nie.+Hy sal die regsaak van die volke in geregtigheid bepleit.”+ 11  Laat die hemele hulle verbly, en laat die aarde bly wees.+Laat die see donder en alles wat dit vul.+ 12  Laat die oop veld jubel en alles wat daarin is.+Laat al die bome van die woud terselfdertyd met vreugde begin uitroep+ 13  Voor Jehovah. Want hy het gekom;+Want hy het gekom om die aarde te oordeel.+Hy sal die vrugbare land in regverdigheid oordeel+En die volke in sy getrouheid.+

Voetnote