Psalm 97:1-12

97  Jehovah het koning geword!+ Laat die aarde bly wees.+Laat die baie eilande hulle verbly.+   Wolke en dik donkerheid is rondom hom;+Regverdigheid en reg is die vaste plek van sy troon.+   ’n Vuur gaan voor hom uit,+En dit verteer sy teenstanders rondom.+   Sy weerligstrale het die vrugbare land verlig;+Die aarde het dit gesien en ineengekrimp van pyn.+   Die berge het soos was gesmelt weens Jehovah,+Weens die Here van die hele aarde.+   Die hemele het sy regverdigheid verkondig,+En al die volke het sy heerlikheid gesien.+   Laat almal wat enige gesnede beeld dien, beskaamd staan,+Dié wat oor waardelose gode roem.+Buig julle voor hom neer, o alle gode.+   Sion het dit gehoor en hom begin verbly,+En die afhanklike dorpe van Juda het bly geword+Weens u regterlike beslissings, o Jehovah.+   Want u, o Jehovah, is die Allerhoogste oor die hele aarde;+U is baie hoog verhewe bo alle ander gode.+ 10  O julle wat Jehovah liefhet,+ haat die kwaad.+Hy bewaar die siel van sy lojales;+Uit die hand van die goddeloses verlos hy hulle.+ 11  Lig het opgegaan vir die regverdige,+En blydskap vir die opregtes van hart.+ 12  Verbly julle in Jehovah, o regverdiges,+En bring dank aan sy heilige gedagtenis.+

Voetnote