Psalm 98:1-9

’n Melodie. 98  SING tot Jehovah ’n nuwe lied,+Want wonderbaar is die dinge wat hy gedoen het.+Sy regterhand, ja, sy heilige arm, het vir hom redding verkry.+   Jehovah het sy redding bekend gemaak;+Voor die oë van die nasies het hy sy regverdigheid geopenbaar.+   Hy het gedink aan sy liefderyke goedhartigheid en sy getrouheid aan die huis van Israel.+Al die eindes van die aarde het die redding deur ons God gesien.+   Roep Jehovah triomfantlik toe, alle bewoners van die aarde.+Wees vrolik en roep met vreugde uit en sing melodieë.+   Sing melodieë tot Jehovah met die harp,+Met die harp en die stem van die melodie.+   Met die trompette en die geluid van die horing+Moet julle triomfantlik uitroep voor die Koning, Jehovah.   Laat die see donder en alles wat dit vul,+Die vrugbare land en dié wat daarop woon.+   Laat die riviere hulle hande klap;Laat die berge tesame met vreugde uitroep+   Voor Jehovah, want hy het gekom om die aarde te oordeel.+Hy sal die vrugbare land met regverdigheid oordeel+En die volke in geregtigheid.+

Voetnote