Psalm 99:1-9

99  Jehovah het koning geword.+ Laat die volke in beroering wees.+Hy sit op die gerubs.+ Laat die aarde sidder.+   Jehovah is groot in Sion,+En hy is hoog bo al die volke.+   Laat hulle u naam prys.+Groot en vreesinboesemend, heilig is dit.+   En met die sterkte van ’n koning het hy die reg liefgehad.+U het opregtheid stewig bevestig.+Reg en regverdigheid in Jakob het u bewerkstellig.+   Verhef Jehovah ons God+ en buig julle neer voor sy voetbank;+Hy is heilig.+   Moses en Aäron was onder sy priesters,+En Samuel was onder dié wat sy naam aangeroep het.+Hulle het Jehovah aangeroep, en hy het hulle bly antwoord.+   In die wolkkolom het hy met hulle bly praat.+Hulle het sy herinneringe onderhou en die voorskrif wat hy aan hulle gegee het.+   O Jehovah ons God, u het hulle geantwoord.+U was vir hulle ’n God wat vergifnis skenk+En wat wraak uitoefen oor hulle berugte dade.+   Verhef Jehovah ons God+En buig julle neer voor sy heilige berg.+Want Jehovah ons God is heilig.+

Voetnote