Rigters 1:1-36

1  En ná die dood+ van Josua het die kinders van Israel Jehovah geraadpleeg+ en gesê: “Wie van ons sal eerste teen die Kanaäniete optrek om teen hulle te veg?”  Hierop het Jehovah gesê: “Juda sal optrek.+ Kyk! Ek sal die land beslis in sy hand gee.”  Toe het Juda vir sy broer Siʹmeon gesê: “Trek saam met my op na die gebied wat deur die lot+ aan my toegewys is en laat ons teen die Kanaäniete veg, en dan sal ek weer saam met jou gaan na die gebied wat deur die lot aan jou toegewys is.”+ Toe het Siʹmeon saam met hom gegaan.+  Daarop het Juda opgetrek, en Jehovah het die Kanaäniete en die Perissiete in hulle hand gegee,+ sodat hulle hulle in Besek verslaan het, tienduisend man.  Toe hulle Adoʹni-Beʹsek in Besek aantref, het hulle teen hom geveg en die Kanaäniete+ en die Perissiete+ verslaan.  Toe Adoʹni-Beʹsek vlug, het hulle hom agternagesit en hom gevang en die duime van sy hande en die groottone van sy voete afgesny.  Hierop het Adoʹni-Beʹsek gesê: “Daar was sewentig konings wie se duime van hulle hande en groottone van hulle voete afgesny was wat onder my tafel voedsel opgetel het. Net soos ek gedoen het, so het God my vergeld.”+ Daarna het hulle hom na Jerusalem+ gebring, en hy het daar gesterf.  Verder het die kinders van Juda teen Jerusalem oorlog gevoer+ en dit ingeneem, en hulle het dit met die skerpte van die swaard geslaan, en die stad het hulle aan die vuur oorgegee.  En daarna het die kinders van Juda afgetrek om teen die Kanaäniete te veg wat in die bergstreek en die Negeb+ en die Sjefeʹla+ gewoon het. 10  So het Juda uitgetrek teen die Kanaäniete wat in Hebron+ gewoon het (en die naam van Hebron was voorheen Kirjat-Arba),+ en hulle het Sesai en Ahiʹman en Talmai verslaan.+ 11  En hulle het daarvandaan teen die inwoners van Debir uitgetrek.+ (En die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer.)+ 12  Toe het Kaleb+ gesê: “Wie ook al Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, kyk, aan hom sal ek my dogter Agsa+ as vrou gee.”+ 13  En Otʹniël,+ die seun van Kenas,+ Kaleb se jonger broer,+ het dit ingeneem. Daarvoor het hy aan hom sy dogter Agsa as vrou gegee.+ 14  En terwyl sy huis toe gegaan het, het sy hom aanhoudend aangespoor om ’n stuk grond van haar vader te vra. Toe het sy haar hande geklap terwyl sy op die esel was.+ Hierop het Kaleb vir haar gesê: “Wat wil jy hê?” 15  Daarop het sy vir hom gesê: “Skenk my tog ’n seën,+ u het my ’n suidelike stuk land gegee, en u moet my Gullot-Maim gee.” Gevolglik het Kaleb haar Bo-Gullot+ en Onder-Gullot gegee. 16  En die kinders van die Keniet,+ wie se skoonseun Moses was,+ het saam met die kinders van Juda uit die palmstad+ na die wildernis van Juda opgetrek, wat suid van Arad+ lê. Toe het hulle onder die volk gaan woon.+ 17  Maar Juda het saam met sy broer Siʹmeon verder getrek, en hulle het die Kanaäniete verslaan wat in Sefat gewoon het en dit aan vernietiging oorgegee.+ Die stad is derhalwe Horma genoem.+ 18  Daarna het Juda Gasa+ en sy gebied en Asʹkelon+ en sy gebied en Ekron+ en sy gebied ingeneem. 19  En Jehovah was voortdurend met Juda, sodat hy die bergstreek in besit geneem het, maar hy kon nie die bewoners van die laagvlakte uit hulle besitting verdryf nie, want hulle het strydwaens+ met ystersense gehad.+ 20  Toe hulle Hebron aan Kaleb gee, net soos Moses beloof het,+ het hy die drie seuns van Enak+ daaruit verdryf. 21  En die kinders van Benjamin het nie die Jebusiete verdryf wat in Jerusalem gewoon het nie;+ maar die Jebusiete woon nog tot vandag toe saam met die kinders van Benjamin in Jerusalem.+ 22  Intussen het die huis van Josef+ ook teen Bet-El+ opgetrek, en Jehovah was met hulle.+ 23  En die huis van Josef het Bet-El begin verken+ (terloops, die naam van die stad was tevore Lus),+ 24  en die verspieders het ’n man uit die stad sien gaan. Toe het hulle vir hom gesê: “Wys ons asseblief hoe om in die stad in te kom, en ons sal beslis goedhartigheid teenoor jou bewys.”+ 25  En die man het hulle gewys hoe om in die stad in te kom; en hulle het die stad met die skerpte van die swaard geslaan,+ maar die man en sy hele familie het hulle laat gaan.+ 26  Daarop het die man na die land van die Hetiete+ gegaan en ’n stad gebou en dit Lus genoem. Dit is tot vandag toe sy naam. 27  En Manasʹse+ het nie Bet-Sean+ en sy afhanklike dorpe en Taʹänag+ en sy afhanklike dorpe en die inwoners van Dor+ en sy afhanklike dorpe en die inwoners van Jibʹleam+ en sy afhanklike dorpe en die inwoners van Megidʹdo+ en sy afhanklike dorpe in besit geneem nie, maar die Kanaäniete het in hierdie land bly woon.+ 28  En Israel het sterk geword+ en die Kanaäniete dwangarbeid opgelê,+ en hulle het hulle nie heeltemal verdryf nie.+ 29  Ook het Eʹfraim nie die Kanaäniete verdryf wat in Geser gewoon het nie, maar die Kanaäniete het tussen hulle in Geser bly woon.+ 30  Seʹbulon+ het nie die inwoners van Kitron en die inwoners van Naʹhalol+ verdryf nie, maar die Kanaäniete het tussen hulle bly woon+ en is aan dwangarbeid onderwerp.+ 31  Aser+ het nie die inwoners van Akko en die inwoners van Sidon+ en Aglab en Agsib+ en Helba en Afik+ en Rehob+ verdryf nie. 32  En die Aseriete het bly woon tussen die Kanaäniete wat die land bewoon het, want hulle het hulle nie verdryf nie.+ 33  Nafʹtali+ het nie die inwoners van Bet-Semes en die inwoners van Bet-Anat+ verdryf nie, maar hulle het bly woon tussen die Kanaäniete wat die land bewoon het;+ en die inwoners van Bet-Semes en van Bet-Anat het hulle s’n geword vir dwangarbeid.+ 34  En die Amoriete het die kinders van Dan+ in die bergstreek ingedryf, want hulle het hulle nie toegelaat om na die laagvlakte af te kom nie.+ 35  So het die Amoriete op die berg Heres en in Aʹjalon+ en Saʹälbim+ bly woon. Maar die hand van die huis van Josef het so swaar geword dat hulle gedwing is om harde arbeid te verrig.+ 36  En die gebied van die Amoriete was van die opdraand van Akrabʹbim,+ van Sela af boontoe.

Voetnote