Rigters 10:1-18

10  En ná Abimeʹleg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, ’n man uit Isʹsaskar, opgestaan om Israel te red,+ en hy het in Samir in die bergstreek van Eʹfraim+ gewoon.  En hy het Israel drie-en-twintig jaar lank gerig, waarna hy gesterf het en in Samir begrawe is.  Toe het Jaïr, die Gileadiet,+ ná hom opgestaan, en hy het Israel twee-en-twintig jaar lank gerig.  En hy het dertig seuns gehad wat op dertig volgroeide esels gery het,+ en hulle het dertig stede gehad. Dié noem hulle tot vandag toe nog Hawwot-Jaïr;+ hulle lê in die land Giʹlead.  Daarna het Jaïr gesterf en is hy in Kamon begrawe.  En die kinders van Israel het weer gedoen wat sleg was in die oë van Jehovah,+ en hulle het die Baäls+ en die Astoʹret-beelde+ en die gode van Sirië+ en die gode van Sidon+ en die gode van Moab+ en die gode van die kinders van Ammon+ en die gode van die Filistyne+ begin dien. So het hulle Jehovah verlaat en hom nie gedien nie.+  Hierop het Jehovah se toorn teen Israel ontvlam,+ sodat hy hulle in die hand van die Filistyne+ en in die hand van die kinders van Ammon+ verkoop het.+  Hulle het die kinders van Israel derhalwe in daardie jaar verpletter en hewig onderdruk—agtien jaar lank, al die kinders van Israel wat aan die kant van die Jordaan was in die land van die Amoriete, wat in Giʹlead was.  En die kinders van Ammon het deur die Jordaan getrek om selfs teen Juda en Benjamin en die huis van Eʹfraim te veg; en Israel was baie benoud.+ 10  En die kinders van Israel het tot Jehovah om hulp begin roep+ en gesê: “Ons het teen u gesondig,+ omdat ons ons God verlaat het en die Baäls dien.”+ 11  Toe het Jehovah vir die kinders van Israel gesê: “Was dit nie uit Egipte+ en van die Amoriete+ en van die kinders van Ammon+ en van die Filistyne+ 12  en die Sidoniërs+ en Aʹmalek+ en Miʹdian,+ toe hulle julle onderdruk het+ en julle tot my geroep het, dat ek julle uit hulle hand gered het nie? 13  Wat julle betref, julle het my versaak+ en ander gode begin dien.+ Daarom sal ek julle nie weer red nie.+ 14  Gaan roep om hulp tot die gode+ wat julle gekies het.+ Laat dié julle in die tyd van julle benoudheid red.” 15  Maar die kinders van Israel het vir Jehovah gesê: “Ons het gesondig.+ Doen u met ons volgens alles wat goed is in u oë.+ Verlos ons asseblief net vandag.”+ 16  En hulle het die vreemde gode uit hulle midde begin verwyder+ en Jehovah gedien,+ sodat sy siel+ ongeduldig geraak het weens die moeite van Israel.+ 17  Na verloop van tyd is die kinders van Ammon+ bymekaargeroep en het hulle in Giʹlead+ kamp opgeslaan. Daarom het die kinders van Israel bymekaargekom en in Mispa+ kamp opgeslaan. 18  En die manskappe en die vorste van Giʹlead het vir mekaar begin sê: “Wie is die man wat die leiding sal neem in die geveg teen die kinders van Ammon?+ Laat hy die hoof van al die inwoners van Giʹlead word.”+

Voetnote