Rigters 11:1-40

11  En Jefta,+ die Gileadiet,+ het ’n sterk, dapper man geword,+ en hy was die seun van ’n prostituut,+ en Giʹlead was die vader van Jefta.  En Giʹlead se vrou het vir hom seuns bly baar. Toe die seuns van die vrou groot word, het hulle Jefta verdryf en vir hom gesê: “Jy mag geen erfdeel in die huisgesin van ons vader hê nie,+ want jy is die seun van ’n ander vrou.”  Daarop het Jefta weens sy broers gevlug en in die land Tob+ gaan woon. En leeglêers het hulle by Jefta bly skaar, en hulle het saam met hom uitgetrek.+  En na ’n ruk het die kinders van Ammon teen Israel begin veg.+  En toe die kinders van Ammon teen Israel veg,+ het die ouer manne van Giʹlead Jefta onmiddellik uit die land Tob gaan haal.+  Toe het hulle vir Jefta gesê: “Kom dien tog as ons aanvoerder, en laat ons teen die kinders van Ammon veg.”  Maar Jefta het vir die ouer manne+ van Giʹlead gesê: “Was dit nie julle wat my gehaat het sodat julle my uit my vader se huis verdryf het nie?+ En waarom het julle nou na my toe gekom, noudat julle in benoudheid verkeer?”+  Hierop het die ouer manne van Giʹlead vir Jefta gesê: “Daarom het ons nou na jou toe teruggekeer,+ en jy moet saam met ons gaan en teen die kinders van Ammon veg, en jy moet vir ons die hoof van al die inwoners van Giʹlead word.”+  Toe het Jefta vir die ouer manne van Giʹlead gesê: “As julle my terugbring om teen die kinders van Ammon te veg en Jehovah hulle aan my oorlewer,+ dan sal ek julle hoof word!” 10  Daarop het die ouer manne van Giʹlead vir Jefta gesê: “Laat Jehovah die toehoorder tussen ons wees+ as ons nie volgens jou woord handel nie.”+ 11  Gevolglik het Jefta saam met die ouer manne van Giʹlead gegaan, en die volk het hom as hoof en aanvoerder oor hulle aangestel.+ En Jefta het al sy woorde voor Jehovah+ in Mispa+ gespreek. 12  Toe het Jefta boodskappers na die koning van die kinders van Ammon+ gestuur en gesê: “Wat het ek met u te doen,+ dat u teen my gekom het om in my land te veg?” 13  Toe het die koning van die kinders van Ammon vir die boodskappers van Jefta gesê: “Dit is omdat Israel my land geneem het toe hulle uit Egipte gekom het,+ van die Arnon+ af tot by die Jabbok en tot by die Jordaan.+ Gee dit dan nou in vrede terug.” 14  Maar Jefta het weer eens boodskappers na die koning van die kinders van Ammon gestuur 15  en vir hom gesê: “Só het Jefta gesê: ‘Israel het nie die land Moab+ en die land van die kinders van Ammon geneem nie.+ 16  Want toe hulle uit Egipte gekom het, het Israel deur die wildernis tot by die Rooi See getrek+ en by Kades+ gekom. 17  Toe het Israel boodskappers na die koning van Edom+ gestuur en gesê: “Laat my asseblief deur u land trek”, en die koning van Edom het nie geluister nie. En hulle het ook na die koning van Moab+ gestuur, en hy het nie ingestem nie. En Israel het in Kades gebly.+ 18  Toe hulle verder deur die wildernis trek, het hulle om die land Edom+ en die land Moab gegaan, sodat hulle in die rigting van die sonsopgang gegaan het wat die land Moab betref+ en in die streek van die Arnon kamp opgeslaan het; en hulle het nie binne die grens van Moab+ gekom nie, want die Arnon was die grens van Moab.+ 19  “‘Daarna het Israel boodskappers na Sihon, die koning van die Amoriete, die koning van Hesbon,+ gestuur, en Israel het vir hom gesê: “Laat ons asseblief deur u land na my plek trek.”+ 20  En Sihon het nie seker gevoel oor Israel se deurtog deur sy gebied nie, en Sihon het al sy manskappe versamel en in Jahas+ kamp opgeslaan en teen Israel geveg.+ 21  Hierop het Jehovah, die God van Israel, Sihon en sy hele volk in Israel se hand gegee, sodat hulle hulle verslaan het en Israel die hele land van die Amoriete, wat in daardie land gewoon het, in besit geneem het.+ 22  So het hulle die hele gebied van die Amoriete in besit geneem, van die Arnon af tot by die Jabbok en van die wildernis af tot by die Jordaan.+ 23  “‘En dit was dan Jehovah, die God van Israel, wat die Amoriete voor sy volk Israel uit verdryf het, uit hulle besitting,+ en wat u betref, u wil hulle uit hulle besitting verdryf. 24  Sal u nie elkeen uit sy besitting verdryf wat u god Kamos+ u uit sy besitting laat verdryf nie? En elkeen wat Jehovah ons God voor ons uit verdryf het, uit sy besitting, dié sal ons uit sy besitting verdryf.+ 25  En is u dan nou enigsins beter as Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab?+ Het hy ooit met Israel getwis, of het hy ooit teen hulle geveg? 26  Waarom het julle terwyl Israel driehonderd jaar lank in Hesbon en sy afhanklike dorpe+ en in Aʹroër+ en sy afhanklike dorpe en in al die stede gewoon het wat langs die oewers van die Arnon lê, hulle dan nooit gedurende daardie tyd weggeruk nie?+ 27  Wat my betref, ek het nie teen u gesondig nie, maar u handel verkeerd met my deur teen my te veg. Laat Jehovah, die Regter,+ vandag tussen die kinders van Israel en die kinders van Ammon oordeel.’” 28  En die koning van die kinders van Ammon het nie geluister na die woorde van Jefta wat hy na hom gestuur het nie.+ 29  Jehovah se gees het toe op Jefta gekom,+ en hy het deur Giʹlead en Manasʹse getrek en het deur Mispe in Giʹlead+ getrek, en van Mispe in Giʹlead af het hy verder getrek na die kinders van Ammon. 30  Toe het Jefta ’n gelofte+ aan Jehovah gedoen en gesê: “As u vir seker die kinders van Ammon in my hand gee, 31  sal die een wat uitkom, wat my uit die deure van my huis tegemoetkom wanneer ek in vrede van die kinders van Ammon af terugkeer,+ ook aan Jehovah behoort,+ en ek sal daardie een as ’n brandoffer bring.”+ 32  Toe het Jefta verder getrek na die kinders van Ammon om teen hulle te veg, en Jehovah het hulle in sy hand gegee. 33  En hy het hulle die hele ent van Aʹroër af tot by Minnit+—twintig stede—en tot by Aʹbel-Keraʹmim met ’n baie groot slagting verslaan. So is die kinders van Ammon voor die kinders van Israel onderwerp. 34  Uiteindelik het Jefta in Mispa+ by sy huis gekom, en kyk! daar kom sy dogter hom met tamboerynspel en gedans tegemoet!+ En sy was die énigste kind. Buiten haar het hy nie seun of dogter gehad nie. 35  En toe hy haar sien, het hy sy klere begin skeur+ en gesê: “Ag, my dogter! Jy het my inderdaad neergedruk, en jy het die een geword wat ek in die ongeluk gestort het. En ek—ek het my mond teenoor Jehovah oopgemaak, en ek kan nie omdraai nie.”+ 36  Maar sy het vir hom gesê: “My vader, as u u mond teenoor Jehovah oopgemaak het, moet u met my doen volgens wat uit u mond uitgegaan het,+ aangesien Jehovah vir u wraak op u vyande, die kinders van Ammon, uitgeoefen het.” 37  En sy het verder vir haar vader gesê: “Laat dít met my gedoen word: Laat my twee maande lank alleen, en laat my gaan, en ek sal afdaal na die berge, en laat my my maagdelikheid beween,+ ek en my metgesellinne.” 38  Hierop het hy gesê: “Gaan!” En hy het haar vir twee maande weggestuur; en sy het gegaan, sy saam met haar metgesellinne, en haar maagdelikheid op die berge beween. 39  En na verloop van twee maande het sy na haar vader toe teruggekeer, waarna hy sy gelofte nagekom het wat hy ten opsigte van haar gedoen het.+ Wat haar betref, sy het nooit met ’n man gemeenskap gehad nie. En dít het ’n voorskrif in Israel geword: 40  Van jaar tot jaar het die dogters van Israel gegaan om die dogter van Jefta, die Gileadiet, vier dae in die jaar lof toe te swaai.+

Voetnote