Rigters 12:1-15

12  Toe is die manne van Eʹfraim bymekaargeroep en het hulle noordwaarts oorgetrek en vir Jefta gesê: “Waarom het jy oorgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en het jy ons nie opgeroep om saam met jou te gaan nie?+ Jou huis sal ons bo jou met vuur verbrand.”+  Maar Jefta het vir hulle gesê: “Ek het ’n spesiale stryder geword, ek en my volk, teen die kinders van Ammon.+ En ek het julle hulp ingeroep, en julle het my nie uit hulle hand gered nie.  Toe ek sien dat jy geen redder is nie, het ek besluit om my siel in my eie palm te plaas+ en oor te trek teen die kinders van Ammon.+ Daarop het Jehovah hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my te veg?”  Onmiddellik het Jefta al die manne van Giʹlead bymekaargebring+ en teen Eʹfraim geveg; en die manne van Giʹlead het Eʹfraim verslaan, want hulle het gesê: “Julle is manne wat uit Eʹfraim gevlug het, o Giʹlead, binne Eʹfraim, binne Manasʹse.”  En Giʹlead het die Jordaandriwwe+ voor Eʹfraim beset; en wanneer die vlugtende manne van Eʹfraim gesê het: “Laat my deurgaan”, het die manne van Giʹlead vir elkeen gesê: “Is jy ’n Efraimiet?” Wanneer hy gesê het: “Nee!”  het hulle vir hom gesê: “Sê asseblief Sjibʹbolet.”+ En hy het gesê: “Sibʹbolet”, aangesien hy die woord nie korrek kon sê nie. En hulle het hom gegryp en hom by die Jordaandriwwe omgebring. So het daar in dié tyd twee-en-veertigduisend uit Eʹfraim geval.+  En Jefta het Israel ses jaar lank gerig, waarna Jefta, die Gileadiet, gesterf het en in sy stad in Giʹlead begrawe is.  En ná hom het Ibsan, uit Betlehem,+ Israel begin rig.+  En hy het dertig seuns en dertig dogters gehad. Hy het na buite gestuur en dertig dogters vir sy seuns van buite af ingebring. En hy het Israel sewe jaar lank gerig. 10  Toe het Ibsan gesterf en is hy in Betlehem begrawe. 11  En ná hom het Elon, die Sebuloniet,+ Israel begin rig. En hy het Israel tien jaar lank gerig. 12  Toe het Elon, die Sebuloniet, gesterf en is hy in Aʹjalon in die land van Seʹbulon begrawe. 13  En ná hom het Abdon, die seun van Hillel, die Piratoniet,+ Israel begin rig. 14  En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig volgroeide esels gery het.+ En hy het Israel agt jaar lank gerig. 15  Toe het Abdon, die seun van Hillel, die Piratoniet, gesterf en is hy in Piʹraton in die land van Eʹfraim op die berg van die Amalekiete+ begrawe.

Voetnote