Rigters 13:1-25

13  En die kinders van Israel het weer gedoen wat sleg was in Jehovah se oë,+ sodat Jehovah hulle veertig jaar lank in die hand van die Filistyne+ gegee het.  Intussen was daar ’n sekere man uit Sora+ uit die familie van die Daniete,+ en sy naam was Manoʹag.+ En sy vrou was onvrugbaar en het geen kind gebaar nie.+  Na verloop van tyd het Jehovah se engel aan die vrou verskyn+ en vir haar gesê: “Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kind gebaar nie. En jy sal beslis swanger word en aan ’n seun geboorte gee.+  En let dan nou asseblief op jouself en moenie wyn of sterk drank drink nie+ en moenie iets onreins eet nie.+  Want kyk! jy sal swanger wees, en jy sal beslis aan ’n seun geboorte gee, en geen skeermes mag op sy kop kom nie,+ want die kind sal ’n Nasireʹër+ van God word vandat hy die moederskoot verlaat;+ en hy sal die leiding neem om Israel uit die hand van die Filistyne te red.”+  Toe het die vrou gegaan en vir haar man gesê: “’n Man van die ware God het na my toe gekom, en sy voorkoms was soos die voorkoms van die engel van die ware God,+ baie vreesinboesemend.+ En ek het hom nie gevra presies waar hy vandaan kom nie, en hy het my ook nie gesê wat sy naam is nie.+  Maar hy het vir my gesê: ‘Kyk! Jy sal swanger wees, en jy sal beslis aan ’n seun geboorte gee.+ En moet dan nou nie wyn of sterk drank drink nie, en moenie iets onreins eet nie, want die kind sal ’n Nasireʹër van God word vandat hy die moederskoot verlaat tot die dag van sy dood.’”+  En Manoʹag het Jehovah dringend begin versoek en gesê: “Verskoon my, Jehovah.+ Laat die man van die ware God wat u so pas gestuur het, asseblief weer na ons toe kom en ons onderrig+ oor wat ons behoort te doen met die kind wat gebore sal word.”+  Toe het die ware God na die stem van Manoʹag geluister,+ en die engel van die ware God het weer na die vrou toe gekom terwyl sy in die veld gesit het, en haar man Manoʹag was nie by haar nie. 10  Onmiddellik het die vrou haar gehaas en gehardloop en haar man vertel+ en vir hom gesê: “Kyk! Die man wat die ander dag na my toe gekom het, het aan my verskyn.”+ 11  Daarop het Manoʹag opgestaan en saam met sy vrou gegaan en by die man gekom en vir hom gesê: “Is u die man wat met die vrou gepraat het?”+ waarop hy gesê het: “Ja.” 12  Toe het Manoʹag gesê: “Laat u woorde dan nou bewaarheid word. Wat sal die kind se lewenswyse en sy werk wees?”+ 13  En Jehovah se engel het vir Manoʹag gesê: “Van alles wat ek vir die vrou genoem het, moet sy haar onthou.+ 14  Sy mag hoegenaamd niks eet wat van die wingerdstok afkomstig is nie, en moet haar geen wyn of sterk drank laat drink nie,+ en moet haar niks onreins, van watter aard ook al, laat eet nie.+ Laat sy alles onderhou wat ek haar beveel het.”+ 15  Manoʹag het toe vir Jehovah se engel gesê: “Laat ons u asseblief hier hou en ’n boklam voor u berei.”+ 16  Maar Jehovah se engel het vir Manoʹag gesê: “As jy my hier hou, sal ek nie van jou brood eet nie; maar as jy ’n brandoffer aan Jehovah wil bring,+ kan jy dit offer.” Want Manoʹag het nie geweet dat dit Jehovah se engel was nie. 17  Toe het Manoʹag vir Jehovah se engel gesê: “Wat is u naam,+ sodat ons u beslis eer kan bewys wanneer u woord bewaarheid word?” 18  Jehovah se engel het egter vir hom gesê: “Presies waarom sou jy na my naam vra, terwyl dit ’n wonderlike naam is?” 19  En Manoʹag het die boklam en die graanoffer geneem en dit op die rots aan Jehovah geoffer.+ En Hy het iets op ’n wonderbare wyse gedoen terwyl Manoʹag en sy vrou toegekyk het. 20  Toe die vlam van die altaar af na die hemel opstyg, het Jehovah se engel in die vlam van die altaar opgevaar terwyl Manoʹag en sy vrou toegekyk het.+ Dadelik het hulle op hulle gesig op die aarde geval.+ 21  En Jehovah se engel het nie weer aan Manoʹag en sy vrou verskyn nie. Toe het Manoʹag geweet dat dit Jehovah se engel was.+ 22  Gevolglik het Manoʹag vir sy vrou gesê: “Ons sal sekerlik sterf,+ want ons het God gesien.”+ 23  Maar sy vrou het vir hom gesê: “As dit Jehovah behaag het net om ons dood te maak, sou hy nie ’n brandoffer en graanoffer uit ons hand aangeneem het nie,+ en hy sou ons nie al hierdie dinge getoon het nie, en hy sou ons nie nou so iets laat hoor het nie.”+ 24  Later het die vrou aan ’n seun geboorte gegee en hom Simson+ genoem; en die seun het groter geword, en Jehovah het hom bly seën.+ 25  Na verloop van tyd het Jehovah se gees+ hom in Maʹhane-Dan+ tussen Sora+ en Estaʹol+ begin aandryf.

Voetnote