Rigters 14:1-20

14  Toe het Simson na Timna+ afgegaan en in Timna ’n vrou uit die dogters van die Filistyne gesien.  En hy het opgegaan en vir sy vader en sy moeder vertel en gesê: “Ek het in Timna ’n vrou uit die dogters van die Filistyne gesien, en neem haar dan nou vir my as vrou.”+  Maar sy vader en sy moeder het vir hom gesê: “Is daar nie onder die dogters van jou broers en onder my hele volk ’n vrou nie,+ sodat jy uit die onbesnede Filistyne ’n vrou gaan neem?”+ Nogtans het Simson vir sy vader gesê: “Neem háár vir my, want sy is net reg in my oë.”  Wat sy vader en sy moeder betref, hulle het nie geweet dat dit van Jehovah kom nie,+ dat hy ’n geleentheid teen die Filistyne soek, aangesien die Filistyne in dié tyd oor Israel geheers het.+  Daarop het Simson saam met sy vader en sy moeder na Timna+ afgegaan. Toe hy by die wingerde van Timna kom, kyk! toe het ’n jong maanhaarleeu brullend op hom afgekom.  Toe het Jehovah se gees oor hom werksaam geword,+ sodat hy dit in twee geskeur het, soos iemand ’n jong bokram in twee skeur, en daar was hoegenaamd niks in sy hand nie. En hy het nie vir sy vader of sy moeder vertel wat hy gedoen het nie.  En hy het verder afgegaan en met die vrou begin praat; en sy was steeds reg in Simson se oë.+  En na ’n ruk het hy teruggegaan om haar huis toe te neem.+ Intussen het hy uitgedraai om na die karkas van die leeu te kyk, en daar was ’n swerm bye in die leeu se dooie liggaam, en heuning.+  Toe het hy dit in sy palms uitgeskraap en verder geloop en so in die loop geëet.+ Toe hy weer by sy vader en sy moeder aansluit, het hy dadelik vir hulle daarvan gegee, en hulle het begin eet. En hy het hulle nie vertel dat hy die heuning uit die dooie liggaam van die leeu geskraap het nie. 10  En sy vader het verder afgegaan na die vrou toe, en Simson het ’n feesmaal daar gehou;+ want so het die jong manne gewoonlik gedoen. 11  En toe hulle hom sien, het hulle onmiddellik dertig strooijonkers geneem, sodat hulle by hom sou bly. 12  Toe het Simson vir hulle gesê: “Laat my asseblief vir julle ’n raaisel gee.+ As julle dit vir seker gedurende die sewe dae+ van die feesmaal aan my bekend maak en julle dit oplos, dan sal ek vir julle dertig onderkledingstukke en dertig stelle klere moet gee.+ 13  Maar as julle dit nie aan my bekend kan maak nie, dan moet julle vir my dertig onderkledingstukke en dertig stelle klere gee.” Hierop het hulle vir hom gesê: “Gee jou raaisel, en laat ons dit hoor.” 14  Toe het hy vir hulle gesê: “Uit die eter+ het iets te ete voortgekom,En uit die sterke het iets soets voortgekom.”+ En drie dae lank kon hulle die raaisel nie bekend maak nie. 15  En op die vierde dag het hulle vir Simson se vrou begin sê: “Mislei jou man dat hy die raaisel aan ons bekend kan maak.+ Anders sal ons jou en die huis van jou vader met vuur verbrand.+ Het julle ons hierheen genooi om ons besittings te neem?”+ 16  Gevolglik het Simson se vrou by hom begin huil+ en gesê: “Jy haat my net, ja, en jy het my nie lief nie.+ Jy het vir die kinders van my volk ’n raaisel gegee,+ maar aan my het jy dit nie bekend gemaak nie.” Hierop het hy vir haar gesê: “Ek het dit nie eens aan my vader en my moeder bekend gemaak nie,+ en moet ek dit aan jou bekend maak?” 17  Maar sy het die sewe dae dat die feesmaal vir hulle geduur het, voortdurend by hom gehuil, en op die sewende dag het hy dit uiteindelik aan haar bekend gemaak, omdat sy druk op hom uitgeoefen het.+ Toe het sy die raaisel aan die kinders van haar volk bekend gemaak.+ 18  Daarop het die manne van die stad op die sewende dag, nog voordat hy in die binnekamer kon ingaan,+ vir hom gesê: “Wat is soeter as heuning,En wat is sterker as ’n leeu?”+ En hy het vir hulle gesê:“As julle nie met my verskalf geploeg het nie,+Sou julle my raaisel nie opgelos het nie.”+ 19  En Jehovah se gees het oor hom werksaam geword,+ sodat hy na Asʹkelon+ afgegaan en dertig van hulle manne doodgemaak het en geneem het wat hy van hulle afgestroop het en die stelle klere gegee het aan dié wat die raaisel bekend gemaak het.+ En sy toorn het bly brand, en hy het na sy vader se huis opgegaan. 20  En een van sy strooijonkers+ wat hom geselskap gehou het, het Simson se vrou+ gekry.

Voetnote