Rigters 16:1-31

16  Eenkeer het Simson na Gasa+ gegaan en ’n prostituut daar gesien en na haar toe gegaan.+  En daar is aan die Gasiete berig gebring en gesê: “Simson het hier ingekom.” Toe het hulle hom omsingel+ en hom die hele nag lank in die stadspoort voorgelê.+ En hulle het hulle die hele nag stil gehou en gesê: “Sodra die oggend lig word, sal ons hom ook doodmaak.”+  Simson het egter tot middernag bly lê en toe om middernag opgestaan en die deure van die stadspoort+ en die twee syposte gegryp en hulle saam met die grendel uitgeruk en hulle op sy skouers gesit en hulle opgedra+ na die top van die berg wat teenoor Hebron+ lê.  En daarna het hy ’n vrou in die Sorekstroomvallei liefgekry, en haar naam was Deliʹla.+  En die spilvorste+ van die Filistyne het na haar toe opgekom en vir haar gesê: “Mislei+ hom en sien waarin sy groot krag lê en waarmee ons die oorhand oor hom kan kry en waarmee ons hom moet vasbind sodat ons hom kan oormeester; en elkeen van ons sal jou duisend-eenhonderd silwerstukke gee.”+  Later het Deliʹla vir Simson gesê: “Vertel my tog asseblief: Waarin lê jou groot krag en waarmee kan jy vasgebind word sodat iemand jou kan oormeester?”+  Toe het Simson vir haar gesê: “As hulle my vasbind met sewe senings wat nog vogtig is,+ wat nie uitgedroog is nie, sal ek ook swak en soos ’n gewone mens word.”  Daarop het die spilvorste+ van die Filistyne vir haar sewe senings gebring wat nog vogtig was, wat nie uitgedroog is nie. Later het sy hom daarmee vasgebind.  En die hinderlaag het in haar binnekamer gesit,+ en sy het vir hom begin sê: “Die Filistyne+ is op jou, Simson!” Daarop het hy die senings in twee gebreek, soos ’n gedraaide vlasveseldraad in twee breek wanneer dit vuur ruik.+ En sy krag het nie bekend geword nie.+ 10  Daarna het Deliʹla+ vir Simson gesê: “Kyk! Jy het my vir die gek gehou sodat jy vir my leuens kon vertel.+ Sê nou asseblief vir my waarmee jy vasgebind kan word.” 11  Toe het hy vir haar gesê: “As hulle my styf vasbind met nuwe toue waarmee geen werk gedoen is nie, sal ek ook swak en soos ’n gewone mens word.” 12  Daarop het Deliʹla nuwe toue geneem en hom daarmee vasgebind en vir hom gesê: “Die Filistyne is op jou, Simson!” Die hele tyd het die hinderlaag in die binnekamer gesit.+ Toe het hy dit soos ’n draadjie van sy arms af in twee gebreek.+ 13  Daarna het Deliʹla vir Simson gesê: “Tot nou toe het jy my vir die gek gehou sodat jy vir my leuens kon vertel.+ Sê tog vir my waarmee jy vasgebind kan word.”+ Daarop het hy vir haar gesê: “As jy die sewe vlegsels van my kop met die skeringdraad+ saamweef.” 14  Toe het sy hulle met die pen vasgedruk, waarna sy vir hom gesê het: “Die Filistyne is op jou, Simson!”+ En hy het uit sy slaap wakker geword en die weefpen en die skeringdraad uitgeruk. 15  Toe het sy vir hom gesê: “Hoe durf jy sê: ‘Ek het jou lief’,+ terwyl jou hart nie met my is nie? Jy het my nou al drie keer vir die gek gehou en nie vir my gesê waarin jou groot krag lê nie.”+ 16  En omdat sy die hele tyd met haar woorde druk op hom uitgeoefen het+ en by hom bly aandring het, het sy siel tot die dood toe ongeduldig geraak.+ 17  Uiteindelik het hy sy hele hart aan haar blootgelê+ en vir haar gesê: “’n Skeermes+ het nog nooit op my kop gekom nie, omdat ek van my moeder se skoot af ’n Nasireʹër van God is.+ As ek geskeer sou word, sou my krag ook beslis van my wyk, en ek sou inderdaad swak en soos alle ander mense word.”+ 18  Toe Deliʹla sien dat hy sy hele hart aan haar blootgelê het, het sy onmiddellik gestuur en die Filistynse spilvorste+ laat roep en gesê: “Kom hierdie keer op, want hy het sy hele hart aan my blootgelê.”+ En die Filistynse spilvorste het na haar toe opgekom sodat hulle die geld in hulle hand kon bring.+ 19  En sy het hom op haar knieë aan die slaap gemaak. Toe het sy die man geroep en hom die sewe vlegsels van sy kop laat afskeer, waarna sy hom begin oormeester het, en sy krag het van hom bly wyk. 20  En sy het gesê: “Die Filistyne is op jou, Simson!” Daarop het hy uit sy slaap wakker geword en gesê: “Ek sal soos die ander kere uitgaan+ en my losskud.” En hy het nie geweet dat Jehovah van hom gewyk het nie.+ 21  Toe het die Filistyne hom gegryp en sy oë uitgesteek+ en hom na Gasa+ afgebring en hom met twee koperboeie gebind;+ en hy het ’n maler+ in die gevangenis+ geword. 22  Intussen het die hare van sy kop welig begin groei net nadat hy geskeer was.+ 23  Wat die Filistynse spilvorste betref, hulle het bymekaargekom om ’n groot offerande aan hulle god Dagon+ te bring en om vrolik te wees, en hulle het bly sê: “Ons god het ons vyand Simson in ons hand gegee!”+ 24  Toe die volk hom sien, het hulle dadelik hulle god begin loof,+ “want”, het hulle gesê, “ons god het ons vyand+ en die verwoester van ons land+ en die een wat ons gesneuweldes vermenigvuldig het,+ in ons hand gegee”. 25  En omdat hulle hart vrolik was,+ het hulle begin sê: “Roep Simson sodat hy aan ons vermaak kan verskaf.”+ Toe het hulle Simson uit die gevangenis geroep sodat hy hulle kon vermaak;+ en hulle het hom tussen die pilare laat staan. 26  Toe het Simson vir die seun gesê wat hom aan die hand gehou het: “Laat my tog toe om aan die pilare te voel waarop die huis stewig gegrondves is en laat my daarteen leun.” 27  (Terloops, die huis was vol manne en vroue, en al die Filistynse spilvorste was daar;+ en op die dak was daar ongeveer drieduisend manne en vroue wat toegekyk het terwyl Simson vermaak verskaf het.)+ 28  Simson+ het Jehovah toe aangeroep+ en gesê: “Soewereine Heer Jehovah, dink asseblief aan my+ en versterk+ my asseblief net hierdie een keer, o ware God, en laat ek my op die Filistyne wreek met wraak oor een van my twee oë.”+ 29  Daarop het Simson teen die twee middelste pilare waarop die huis stewig gegrondves was, geleun en hulle vasgegryp, een met sy regter- en die ander met sy linkerhand. 30  En Simson het gesê: “Laat my siel saam met die Filistyne sterf.”+ Toe het hy hom met krag gebuig, en die huis het geval op die spilvorste en op al die mense wat daarin was,+ sodat die dooies wat hy by sy eie dood doodgemaak het, meer was as dié wat hy gedurende sy lewe doodgemaak het.+ 31  Later het sy broers en die hele huisgesin van sy vader afgekom en hom opgetel en hom geneem en hom tussen Sora+ en Estaʹol+ in die graf van sy vader Manoʹag+ begrawe. Hy het Israel twintig jaar lank gerig.+

Voetnote