Rigters 17:1-13

17  En daar was ’n man van die bergstreek van Eʹfraim+ met die naam Miga.  Na verloop van tyd het hy vir sy moeder gesê: “Die duisend-eenhonderd silwerstukke wat van u geneem is en waaroor u ’n vloek uitgespreek+ en dit ook voor my ore gesê het—kyk! die silwer is by my. Ek het dit geneem.”+ Daarop het sy moeder gesê: “Mag my seun geseënd wees deur Jehovah.”+  Toe het hy die duisend-eenhonderd silwerstukke aan sy moeder teruggegee;+ en sy moeder het gesê: “Ek sal die silwer vir seker uit my hand aan Jehovah heilig vir my seun, om ’n gesnede beeld+ en ’n gegote beeld+ te maak; en ek sal dit dan nou aan jou teruggee.”  Toe het hy die silwer aan sy moeder teruggegee, en sy moeder het tweehonderd silwerstukke geneem en dit vir die silwersmid gegee.+ En hy het ’n gesnede beeld+ en ’n gegote beeld+ gemaak; en dit het in Miga se huis gekom.  Wat die man Miga betref, hy het ’n godehuis+ gehad, en hy het ’n efod+ en terafim+ gemaak en die hand van een van sy seuns met mag gevul,+ sodat hy vir hom ’n priester sou wees.+  In dié dae was daar geen koning in Israel nie.+ Elkeen was gewoond om te doen wat reg was in sy eie oë.+  En daar was ’n jong man van Betlehem+ in Juda uit die familie van Juda, en hy was ’n Leviet.+ En hy het ’n ruk lank daar gebly.  En die man het uit die stad Betlehem in Juda weggetrek om ’n ruk lank te bly waar hy ook al ’n plek kon vind. Terwyl hy op pad was, het hy eindelik in die bergstreek van Eʹfraim tot by die huis van Miga gekom.+  Toe het Miga vir hom gesê: “Waar kom jy vandaan?” Daarop het hy vir hom gesê: “Ek is ’n Leviet uit Betlehem in Juda, en ek is op pad om ’n ruk lank te bly waar ek ook al ’n plek kan vind.” 10  En Miga het vir hom gesê: “Woon tog by my en wees vir my ’n vader+ en priester,+ en ek sal jou tien silwerstukke per jaar en die gebruiklike stel klere en jou lewensonderhoud gee.” Toe het die Leviet ingegaan. 11  So het die Leviet self besluit om by die man te woon, en die jong man het vir hom soos een van sy seuns geword. 12  Daarbenewens het Miga die hand van die Leviet met mag gevul,+ sodat die jong man vir hom ’n priester sou wees+ en in die huis van Miga sou bly. 13  Miga het derhalwe gesê: “Nou weet ek dat Jehovah aan my goed sal doen, omdat die Leviet vir my ’n priester geword het.”+

Voetnote