Rigters 18:1-31

18  In dié dae was daar geen koning in Israel nie.+ En in dié dae het die stam van die Daniete+ vir hom ’n erfdeel gesoek om daar te woon; want tot op daardie dag het ’n erfdeel hulle nie onder die stamme van Israel toegeval nie.+  Uiteindelik het die kinders van Dan vyf manne uit hulle familie, manne uit hulle midde, dapper manne, van Sora+ en Estaʹol+ af uitgestuur om die land te verken+ en te verspied. En hulle het vir hulle gesê: “Gaan, verspied die land.” Na verloop van tyd het hulle in die bergstreek van Eʹfraim+ tot by die huis van Miga+ gekom en daar oornag.  Terwyl hulle naby die huis van Miga was, het hulle die stem van die jong man, die Leviet, herken, sodat hulle daarheen uitgedraai het. En hulle het vir hom gesê: “Wie het jou hierheen gebring, en wat doen jy op hierdie plek, en watter belang het jy hier?”  Hierop het hy vir hulle gesê: “So en so het Miga vir my gedoen sodat hy my kon huur+ en sodat ek vir hom ’n priester sou wees.”+  Toe het hulle vir hom gesê: “Raadpleeg+ God+ asseblief dat ons kan weet of ons weg waarop ons gaan, suksesvol sal wees.”  En die priester het vir hulle gesê: “Gaan in vrede. Voor Jehovah is julle weg waarop julle gaan.”  Daarop het die vyf manne verder gegaan en by Laïs+ gekom en gesien hoe die volk wat daarin was, in selfversekerdheid woon volgens die gewoonte van die Sidoniërs, rustig en niksvermoedend,+ en daar was geen onderdrukkende veroweraar wat enigsins las veroorsaak het in die land nie, terwyl hulle ver van die Sidoniërs+ af was en niks met die mensdom te doen gehad het nie.  Eindelik het hulle by hulle broers in Sora+ en Estaʹol+ gekom, en hulle broers het vir hulle begin sê: “Hoe het dit met julle gegaan?”  Hierop het hulle gesê: “Staan tog op, en laat ons teen hulle optrek; want ons het die land gesien, en kyk! dit is baie goed.+ En julle aarsel. Moenie traag wees om te trek om in te gaan en die land in besit te neem nie.+ 10  Wanneer julle ingaan, sal julle by ’n niksvermoedende volk kom,+ en die land is heel uitgestrek; want God het dit in julle hand gegee,+ ’n plek waar daar geen gebrek aan enigiets op aarde is nie.”+ 11  Toe het seshonderd man wat met oorlogswapens omgord was, uit die familie van die Daniete,+ daarvandaan vertrek, dit wil sê uit Sora en Estaʹol.+ 12  En hulle het opgetrek en by Kirʹjat-Jeaʹrim+ in Juda kamp opgeslaan. Daarom noem hulle dié plek tot vandag toe Maʹhane-Dan.+ Kyk! Dit is wes van Kirʹjat-Jeaʹrim. 13  Daarna het hulle daarvandaan verder getrek na die bergstreek van Eʹfraim en tot by die huis van Miga gekom.+ 14  Toe het die vyf manne wat die land van Laïs+ gaan verken het,+ geantwoord en vir hulle broers gesê: “Het julle geweet dat daar in hierdie huise ’n efod en terafim+ en ’n gesnede beeld+ en ’n gegote beeld+ is? Dink dan nou wat julle behoort te doen.”+ 15  En hulle het daarheen uitgedraai en gekom by die huis van die jong man, die Leviet,+ by die huis van Miga, en begin vra hoe dit met hom gaan.+ 16  Die hele tyd het die seshonderd man wat met hulle oorlogswapens omgord was,+ wat uit die kinders van Dan+ was, by die ingang van die poort gestaan. 17  Die vyf manne wat die land gaan verken het,+ het toe opgegaan, sodat hulle daar kon ingaan om die gesnede beeld+ en die efod+ en die terafim+ en die gegote beeld+ te neem. (En die priester+ het by die ingang van die poort gestaan by die seshonderd man wat met oorlogswapens omgord was.) 18  En hulle het in die huis van Miga ingegaan en die gesnede beeld, die efod en die terafim en die gegote beeld geneem.+ Daarop het die priester+ vir hulle gesê: “Wat doen julle?” 19  Maar hulle het vir hom gesê: “Bly stil. Sit jou hand op jou mond, en gaan saam met ons en word vir ons ’n vader+ en ’n priester.+ Wat is beter: dat jy ’n priester vir die huis van een+ man bly of dat jy ’n priester vir ’n stam en familie in Israel word?”+ 20  Dit het die hart van die priester behaag,+ en hy het toe die efod en die terafim en die gesnede beeld geneem+ en tussen die manskappe ingegaan. 21  Toe het hulle omgedraai en weggegaan en die kindertjies en die vee en die waardevolle dinge voor hulle geplaas.+ 22  Hulle was ’n ent weg van die huis van Miga toe die manne in die huise wat naby die huis van Miga+ gestaan het, bymekaargeroep is en die kinders van Dan probeer inhaal het. 23  Toe hulle tot die kinders van Dan bly roep, het hulle hulle gesigte gedraai en vir Miga gesê: “Wat is dit met jou+ dat jy bymekaargeroep is?” 24  En hy het gesê: “My gode+ wat ek gemaak het,+ het julle geneem, en ook die priester,+ en julle gaan weg, en wat het ek nou oor?+ Hoe kan julle dan vir my sê: ‘Wat is dit met jou?’” 25  Hierop het die kinders van Dan vir hom gesê: “Moenie jou stem naby ons laat hoor nie, sodat manne wat bitter van siel+ is, julle nie aanval en jy jou eie siel en die siel van jou huisgesin moet inboet nie.” 26  En die kinders van Dan het verder gegaan; en Miga het gesien dat hulle sterker is as hy,+ en daarom het hy omgedraai en na sy huis teruggegaan. 27  Wat hulle betref, hulle het geneem wat Miga gemaak het en die priester+ wat syne geword het, en hulle het verder getrek na Laïs,+ teen ’n rustige en niksvermoedende volk.+ En hulle het hulle met die skerpte van die swaard geslaan,+ en die stad het hulle met vuur verbrand.+ 28  En daar was geen verlosser nie, want dit was ver van Sidon+ af, en hulle het hoegenaamd niks met die mensdom te doen gehad nie; en dit het in die laagvlakte gelê wat by Bet-Rehob+ behoort. Toe het hulle die stad weer opgebou en daarin gaan woon.+ 29  En hulle het die stad Dan genoem, na die naam van hulle vader, Dan,+ wat vir Israel gebore is.+ Maar die stad se naam was vroeër Laïs.+ 30  Daarna het die kinders van Dan vir hulle die gesnede beeld+ opgerig; en Joʹnatan,+ die seun van Gersom,+ Moses se seun, hy en sy seuns het vir die stam van die Daniete priesters geword tot die dag dat die land in ballingskap weggevoer is.+ 31  En hulle het die gesnede beeld van Miga, wat hy gemaak het, vir hulle opgerig gehou al die dae dat die huis+ van die ware God in Silo was.+

Voetnote