Rigters 19:1-30

19  En in dié dae was daar geen koning in Israel nie.+ En ’n sekere Leviet het ’n ruk lank in die mees afgeleë dele van die bergstreek van Eʹfraim+ gebly. Na verloop van tyd het hy ’n byvrou+ uit Betlehem+ in Juda as sy vrou geneem.  En sy byvrou het hoerery+ teen hom begin pleeg. Uiteindelik het sy van hom af weggegaan na die huis van haar vader in Betlehem in Juda en vier volle maande daar gebly.  Toe het haar man opgestaan en agter haar aan gegaan om vertroostend met haar te praat ten einde haar terug te bring; en sy dienaar+ en ’n paar esels was by hom. En sy het hom in haar vader se huis laat inkom. Toe die vader van die jong vrou hom sien, was hy dadelik bly om hom te ontmoet.  Gevolglik het sy skoonvader, die jong vrou se vader, hom daar gehou, sodat hy drie dae by hom gebly het; en hulle het geëet en gedrink, en hy het daar oornag.+  En op die vierde dag, toe hulle soos gewoonlik vroeg in die oggend opstaan, het hy dan nou opgestaan om weg te gaan, maar die vader van die jong vrou het vir sy skoonseun gesê: “Versterk jou hart met ’n stukkie brood,+ en daarna kan julle weggaan.”  Toe het hulle gaan sit, en hulle twee het saam begin eet en drink; waarna die vader van die jong vrou vir die man gesê het: “Kom nou, asseblief, en bly die nag oor,+ en laat jou hart vrolik wees.”+  Toe die man opstaan om weg te gaan, het sy skoonvader hom bly smeek, sodat hy weer daar oornag het.+  Toe hy op die vyfde dag vroeg in die oggend opstaan om weg te gaan, het die vader van die jong vrou gesê: “Neem asseblief versterking vir jou hart.”+ En hulle het tot die kwyning van die dag vertoef. En hulle twee het bly eet.  Die man+ het toe opgestaan om weg te gaan, hy en sy byvrou+ en sy dienaar;+ maar sy skoonvader, die jong vrou se vader, het vir hom gesê: “Kyk! Die dag het gedaal sodat dit aand word. BLY asseblief die nag oor.+ Kyk, die dag is verby. Oornag hier, en laat jou hart vrolik wees.+ En môre moet julle vroeg opstaan vir julle reis, en jy moet na jou tent gaan.” 10  Die man het egter nie ingestem om die nag oor te bly nie, maar hy het opgestaan en weggegaan en gekom tot teenoor Jebus,+ dit wil sê Jerusalem;+ en die paar opgesaalde esels en sy byvrou en sy dienaar was by hom. 11  Terwyl hulle naby Jebus was, en aangesien die daglig aansienlik afgeneem het,+ het die dienaar toe vir sy heer gesê: “Kom tog nou, en laat ons na hierdie stad van die Jebusiete+ uitdraai en daarin oornag.” 12  Maar sy heer het vir hom gesê: “Laat ons nie uitdraai na ’n stad van uitlanders+ wat geen deel van die kinders van Israel is nie; en ons moet verder trek tot by Giʹbea.”+ 13  En hy het verder vir sy dienaar gesê: “Kom, en laat ons na een van die plekke gaan, en ons moet óf in Giʹbea óf in Rama+ oornag.” 14  Toe het hulle verbygetrek en verder gegaan, en die son het vir hulle begin ondergaan toe hulle naby Giʹbea was, wat aan Benjamin behoort. 15  Gevolglik het hulle daarheen uitgedraai om in te gaan om in Giʹbea te oornag. En hulle het ingegaan en op die openbare stadsplein gaan sit, en niemand het hulle in die huis ingeneem om daar te oornag nie.+ 16  Kyk! uiteindelik het ’n ou man in die aand van sy werk in die veld af ingekom,+ en die man was van die bergstreek van Eʹfraim,+ en hy het ’n ruk lank in Giʹbea gebly; maar die manne van die plek was Benjaminiete.+ 17  Toe hy sy oë opslaan, het hy die man, die reisiger, op die openbare stadsplein gesien. En die ou man het gesê: “Waar gaan jy heen, en waar kom jy vandaan?”+ 18  Hierop het hy vir hom gesê: “Ons trek van Betlehem in Juda af verder na die mees afgeleë dele van die bergstreek van Eʹfraim.+ Dit is waar ek vandaan kom, maar ek het na Betlehem in Juda+ gegaan; en ek gaan na my eie huis, en daar is niemand wat my in die huis inneem nie.+ 19  En daar is strooi sowel as voer+ vir ons esels, en daar is brood+ sowel as wyn vir my en u slavin+ en vir die dienaar+ wat saam met u kneg is. Daar is aan hoegenaamd niks gebrek nie.” 20  Maar die ou man het gesê: “Mag jy vrede hê!+ Laat enige gebrek van jou net op my wees.+ Moet net nie op die openbare plein oornag nie.” 21  Daarop het hy hom in sy huis ingebring+ en vir die esels mengvoer gegooi.+ Toe het hulle hulle voete gewas+ en begin eet en drink. 22  Terwyl hulle hulle hart vrolik gemaak het,+ kyk! toe het die manne van die stad, blote deugniete,+ die huis omsingel+ en mekaar teen die deur gestoot; en hulle het vir die ou man, die eienaar van die huis, bly sê: “Bring die man uit wat in jou huis ingekom het, sodat ons met hom gemeenskap kan hê.”+ 23  Daarop het die eienaar van die huis na hulle toe uitgegaan en vir hulle gesê:+ “Nee, my broers,+ moet asseblief nie enigiets verkeerds doen nie, aangesien hierdie man in my huis ingekom het. Moenie hierdie skandelike dwaasheid begaan nie.+ 24  Hier is my dogter, ’n maagd, en sy byvrou. Laat ek hulle asseblief uitbring, en verkrag hulle+ en doen met hulle wat goed is in julle oë. Maar aan hierdie man moet julle nie hierdie skandelike, dwase ding doen nie.” 25  En die manne wou nie na hom luister nie. Die man het derhalwe sy byvrou gegryp+ en haar na hulle toe uitgebring; en hulle het met haar gemeenskap begin hou+ en haar die hele nag lank tot die oggend toe bly misbruik,+ waarna hulle haar met dagbreek weggestuur het. 26  Toe het die vrou gekom terwyl dit oggend geword het en neergeval by die ingang van die man se huis waar haar heer was+—tot ligdag toe. 27  Later het haar heer in die oggend opgestaan en die deure van die huis oopgemaak en uitgegaan om verder te reis, en kyk! daar het die vrou, sy byvrou,+ by die ingang van die huis gelê met haar hande op die drumpel! 28  En hy het vir haar gesê: “Staan op, en laat ons gaan.” Maar niemand het geantwoord nie.+ Daarop het die man haar op die esel gelaai en opgestaan en na sy plek gegaan.+ 29  Toe het hy in sy huis ingegaan en die slagmes geneem en sy byvrou gegryp en haar volgens haar beendere in twaalf stukke opgesny+ en haar na elke gebied van Israel gestuur.+ 30  En almal wat dit gesien het, het gesê: “So iets het nog nooit gebeur of is nog nooit gesien van die dag af dat die kinders van Israel uit Egipteland opgetrek het tot vandag toe nie. Rig julle hart daarop, beraadslaag+ en praat.”

Voetnote