Rigters 2:1-23

2  Toe het Jehovah se engel+ van Gilgal+ af na Bogim+ opgegaan en gesê: “Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle in die land gebring wat ek aan julle voorvaders met ’n eed beloof het.+ Daarbenewens het ek gesê: ‘Ek sal my verbond met julle nooit verbreek nie.+  En wat julle betref, julle mag nie met die inwoners van hierdie land ’n verbond sluit nie.+ Hulle altare moet julle afbreek.’+ Maar julle het nie na my stem geluister nie.+ Waarom het julle dit gedoen?+  Daarom het ek gesê: ‘Ek sal hulle nie voor julle uit verdryf nie, en hulle sal vir julle strikke word,+ en hulle gode sal vir julle as ’n lokaas dien.’”+  En toe Jehovah se engel hierdie woorde met al die kinders van Israel gespreek het, het die volk hulle stem begin verhef en gehuil.+  Hulle het daardie plek derhalwe Bogim genoem. En hulle het daar offerandes aan Jehovah gebring.  Toe Josua die volk wegstuur, het die kinders van Israel weggegaan, elkeen na sy erfdeel, om die land in besit te neem.+  En die volk het Jehovah gedien al die dae van Josua en al die dae van die ouer manne wie se dae ná dié van Josua voortgeduur het en wat al Jehovah se groot werke gesien het wat hy vir Israel gedoen het.+  Toe het Josua, die seun van Nun, die kneg van Jehovah, op die ouderdom van honderd-en-tien jaar gesterf.+  En hulle het hom begrawe in die gebied van sy erfdeel in Timnat-Heres+ in die bergstreek van Eʹfraim, noord van die berg Gaäs.+ 10  En ook daardie hele geslag is tot hulle vaders versamel,+ en ná hulle het ’n ander geslag begin opstaan wat nie Jehovah of die werk wat hy vir Israel gedoen het, geken het nie.+ 11  En die kinders van Israel het begin doen wat sleg was in die oë van Jehovah+ en die Baäls+ gedien. 12  So het hulle Jehovah, die God van hulle vaders, wat hulle uit Egipteland uitgelei het, versaak+ en ander gode gevolg uit die gode van die volke wat rondom hulle was,+ en hulle het hulle voor dié begin neerbuig, sodat hulle Jehovah aanstoot gegee het.+ 13  So het hulle Jehovah versaak en Baäl en die Astoʹret-beelde+ begin dien. 14  Hierop het Jehovah se toorn teen Israel ontvlam,+ sodat hy hulle in die hand van die plunderaars gegee het, en hulle het hulle begin plunder;+ en hy het hulle in die hand van hulle vyande rondom hulle verkoop,+ en hulle kon nie meer voor hulle vyande standhou nie.+ 15  Waarheen hulle ook al uitgetrek het, was die hand van Jehovah teen hulle ten kwade,+ net soos Jehovah gesê het en net soos Jehovah vir hulle gesweer het;+ en hulle het in baie groot nood begin verkeer.+ 16  Toe het Jehovah rigters verwek,+ en dié het hulle uit die hand van hulle plunderaars gered.+ 17  En selfs na hulle rigters het hulle nie geluister nie, maar hulle het onsedelike gemeenskap+ met ander gode+ gehad en hulle voor hulle neergebuig. Hulle het gou afgewyk van die weg waarop hulle voorvaders gewandel het in gehoorsaamheid aan die gebooie van Jehovah.+ Hulle het nie so gedoen nie. 18  En wanneer Jehovah vir hulle rigters verwek het,+ was Jehovah met die rigter, en hy het hulle al die dae van die rigter uit die hand van hulle vyande gered; want Jehovah het spyt gevoel+ oor hulle gekerm weens hulle onderdrukkers+ en dié wat hulle rondgestoot het. 19  En wanneer die rigter gesterf het, het hulle omgedraai en verderfliker as hulle vaders gehandel deur agter ander gode aan te loop om hulle te dien en hulle voor hulle neer te buig.+ Hulle het nie hulle gebruike en hulle hardkoppige gedrag laat staan nie.+ 20  Uiteindelik het Jehovah se toorn teen Israel ontvlam+ en het hy gesê: “Omdat hierdie nasie my verbond oortree het+ wat ek hulle voorvaders beveel het en nie na my stem geluister het nie,+ 21  sal ook ek nie weer ’n enkele nasie van dié wat Josua by sy dood laat oorbly het,+ voor hulle uit verdryf nie, 22  sodat Israel deur hulle op die proef gestel kan word,+ of hulle Jehovah se weg sal hou deur daarop te wandel net soos hulle vaders dit gehou het, of nie.” 23  Gevolglik het Jehovah hierdie nasies laat bly deur hulle nie gou te verdryf nie,+ en hy het hulle nie in Josua se hand gegee nie.

Voetnote