Rigters 20:1-48

20  Gevolglik het al die kinders van Israel uitgetrek,+ en die vergadering het soos een man,+ van Dan+ tot Berseʹba,+ saam met die land Giʹlead,+ voor Jehovah in Mispa+ bymekaargekom.  Toe het die vernaamstes van die hele volk en al die stamme van Israel hulle plek in die gemeente van die volk van die ware God+ ingeneem, vierhonderdduisend man te voet wat die swaard kon trek.+  En die kinders van Benjamin het gehoor dat die kinders van Israel na Mispa opgetrek het. + Toe het die kinders van Israel gesê: “SPREEK. Hoe het hierdie slegte ding gebeur?”+  Hierop het die man, die Leviet,+ die man van die vermoorde vrou, geantwoord en gesê: “Ek het in Giʹbea gekom,+ wat aan Benjamin behoort, ek en my byvrou,+ om daar te oornag.  En die grondeienaars van Giʹbea het teen my opgestaan en die huis in die nag met kwade bedoelings teen my omsingel. Hulle het gemeen om mý dood te maak, maar my byvrou het hulle verkrag,+ en sy het uiteindelik gesterf.+  Ek het derhalwe my byvrou gegryp en haar opgesny en haar na elke gebied van Israel se erfdeel gestuur,+ omdat hulle hulle losbandig gedra het+ en skandelike dwaasheid in Israel bedryf het.+  Kyk! Al julle kinders van Israel, gee hier julle woord en raad.”+  Toe het die hele volk soos een man+ opgestaan en gesê: “Nie een van ons sal na sy tent gaan nie, en ook sal nie een van ons na sy huis uitdraai nie.+  En dit is nou wat ons met Giʹbea sal doen. Laat ons volgens die lot+ daarteen optrek. 10  En ons sal van al die stamme van Israel tien man uit honderd neem, en honderd uit duisend, en duisend uit tienduisend, om vir die manskappe padkos te kry, sodat hulle kan optree deur teen Giʹbea van Benjamin op te trek, met die oog op al die skandelike dwaasheid+ wat hulle in Israel begaan het.” 11  So is al die manne van Israel soos een man, as bondgenote, teen die stad versamel. 12  Toe het die stamme van Israel manne na al die stamlede van Benjamin+ gestuur en gesê: “Wat is hierdie slegte ding wat onder julle gebeur het?+ 13  Lewer dan nou die manne uit,+ die deugniete,+ wat in Giʹbea is,+ sodat ons hulle kan doodmaak,+ en laat ons die kwaad uit Israel wegruim.”+ En die kinders van Benjamin wou nie na die stem van hulle broers, die kinders van Israel, luister nie.+ 14  Toe het die kinders van Benjamin uit die stede bymekaargekom in Giʹbea om uit te trek om teen die kinders van Israel oorlog te voer. 15  So is die kinders van Benjamin op dié dag uit die stede opgeroep: ses-en-twintigduisend man wat die swaard kon trek,+ buiten die inwoners van Giʹbea, van wie sewehonderd uitgesoekte manne opgeroep is. 16  Uit al hierdie manskappe was daar sewehonderd uitgesoekte manne wat links was.+ Elkeen van hulle kon ’n klip op ’n haar slinger+ en het nie gemis nie. 17  En die manne van Israel, buiten Benjamin, is opgeroep: vierhonderdduisend man wat die swaard kon trek.+ Elkeen van hulle was ’n krygsman. 18  En hulle het opgestaan en na Bet-El opgegaan en God geraadpleeg.+ Toe het die kinders van Israel gesê: “Wie van ons moet in die geveg teen die kinders van Benjamin in die voorhoede optrek?”+ Hierop het Jehovah gesê: “Juda in die voorhoede.”+ 19  Daarna het die kinders van Israel in die oggend opgestaan en teen Giʹbea kamp opgeslaan. 20  Die manne van Israel het toe uitgetrek om teen Benjamin oorlog te voer; en die manne van Israel het hulle by Giʹbea in slagorde teen hulle opgestel. 21  Toe het die kinders van Benjamin van Giʹbea+ af uitgetrek en op dié dag twee-en-twintigduisend man in Israel teen die grond verdelg.+ 22  Maar die manskappe, die manne van Israel, was moedig en het hulle weer in slagorde opgestel op die plek waar hulle hulle die eerste dag in slagorde opgestel het. 23  Toe het die kinders van Israel opgegaan en tot die aand toe voor Jehovah gehuil+ en Jehovah geraadpleeg en gesê: “Sal ek weer nader gaan om teen die kinders van my broer Benjamin oorlog te voer?”+ Hierop het Jehovah gesê: “Trek teen hom op.” 24  Toe het die kinders van Israel op die tweede dag nader gekom na die kinders van Benjamin.+ 25  En Benjamin het op die tweede dag van Giʹbea af uitgetrek om hulle te ontmoet en het onder die kinders van Israel nog agtienduisend man, wat almal die swaard kon trek,+ teen die grond verdelg.+ 26  Daarop het al die kinders van Israel,+ ja, die hele volk, opgegaan en by Bet-El gekom en gehuil+ en daar voor Jehovah gesit en op dié dag tot die aand toe gevas+ en brandoffers+ en gemeenskapsoffers+ voor Jehovah gebring. 27  Daarna het die kinders van Israel Jehovah geraadpleeg,+ want die ark van die verbond+ van die ware God was in dié dae daar. 28  En Piʹnehas,+ die seun van Eleaʹsar, die seun van Aäron, het in dié dae daarvoor gestaan+ en gesê: “Sal ek weer eens uittrek om teen die kinders van my broer Benjamin oorlog te voer of sal ek ophou?”+ Hierop het Jehovah gesê: “Trek op, want môre sal ek hom in jou hand gee.”+ 29  Toe het Israel manne rondom in ’n hinderlaag+ teen Giʹbea opgestel. 30  En die kinders van Israel het op die derde dag teen die kinders van Benjamin opgetrek en hulle soos die ander kere in slagorde teen Giʹbea opgestel.+ 31  Toe die kinders van Benjamin uittrek om die manskappe te ontmoet, is hulle van die stad af weggelok.+ Toe het hulle, soos die ander kere, party van die manskappe begin neerslaan en dodelik gewond op die grootpaaie, waarvan een opgaan na Bet-El+ en die ander na Giʹbea,+ in die veld, ongeveer dertig man in Israel.+ 32  Toe het die kinders van Benjamin begin sê: “Hulle ly ’n nederlaag voor ons soos die eerste keer.”+ Wat die kinders van Israel betref, hulle het gesê: “Laat ons vlug,+ en ons sal hulle beslis van die stad af weglok tot op die grootpaaie.” 33  En al die manne van Israel het uit hulle plekke opgestaan en hulle by Baäl-Tamar in slagorde opgestel, terwyl dié van Israel wat in ’n hinderlaag gelê het,+ uit hulle plekke in die omgewing van Giʹbea+ ’n stormaanval gedoen het. 34  So het tienduisend uitgesoekte manne uit die hele Israel voor Giʹbea gekom, en die geveg was hewig; en die Benjaminiete het nie geweet dat rampspoed+ hulle sou tref nie. 35  En Jehovah het Benjamin+ voor Israel verslaan, sodat die kinders van Israel op dié dag in Benjamin vyf-en-twintigduisend-eenhonderd man, wat almal die swaard kon trek, verdelg het.+ 36  Die kinders van Benjamin het egter gedink dat die manne van Israel verslaan gaan word toe hulle voor Benjamin bly wyk het+ omdat hulle vertrou het op die hinderlaag wat hulle teen Giʹbea opgestel het. 37  Wat die hinderlaag betref, hulle het vinnig opgetree en Giʹbea bestorm.+ Toe het die hinderlaag+ versprei en die hele stad met die skerpte van die swaard geslaan.+ 38  En die manne van Israel het met die hinderlaag afgespreek dat hulle ’n rooksein uit die stad moet laat opgaan.+ 39  Toe die kinders van Israel in die geveg omdraai, het Benjamin ongeveer dertig man onder die manne van Israel begin neerslaan en dodelik gewond,+ want hulle het gesê: “Hulle ly ongetwyfeld niks anders as ’n nederlaag voor ons nie, net soos in die eerste geveg.”+ 40  En die sein+ het as ’n rookkolom uit die stad begin opgaan.+ En toe Benjamin sy gesig na agter draai, kyk! toe het die hele stad na die hemel opgegaan.+ 41  En die manne van Israel het omgeswaai,+ en die manne van Benjamin was ontsteld,+ want hulle het gesien dat rampspoed hulle getref het.+ 42  Hulle het derhalwe voor die manne van Israel omgedraai in die rigting van die wildernis, en die geveg het kort agter hulle gevolg, terwyl die manne uit die stede hulle in hulle midde verdelg het. 43  Hulle het Benjamin omsingel.+ Hulle het hom agtervolg sonder ’n rusplek vir hom.+ Hulle het hom reg voor Giʹbea+ in die rigting van die sonsopgang vertrap. 44  Uiteindelik het daar van Benjamin agtienduisend man geval, almal dapper manne.+ 45  Hulle het dus omgedraai en na die wildernis, na die Rimmonrots,+ gevlug. En hulle het vyfduisend man van dié wat van hulle oorgebly het, op die grootpaaie+ bymekaargemaak, en hulle het kort agter hulle bly volg tot by Gidom en só van hulle nog tweeduisend man verslaan. 46  En almal van Benjamin wat op dié dag geval het, het uiteindelik te staan gekom op vyf-en-twintigduisend man wat die swaard kon trek,+ almal dapper manne. 47  Maar seshonderd man het omgedraai en na die wildernis, na die Rimmonrots, gevlug, en hulle het vier maande op die Rimmonrots+ gebly. 48  En die manne van Israel het teruggekom na die kinders van Benjamin en het dié van die stad met die skerpte van die swaard geslaan, mens sowel as mak dier en alles wat gevind is.+ Ook al die stede wat gevind is, het hulle aan die vuur oorgegee.+

Voetnote