Rigters 21:1-25

21  En die manne van Israel het in Mispa+ gesweer en gesê: “Niemand van ons sal sy dogter aan Benjamin as vrou gee nie.”+  Gevolglik het die volk na Bet-El+ gekom en tot die aand toe daar voor die ware God+ bly sit en aanhoudend hulle stem verhef en baie gehuil.+  En hulle het gesê: “Waarom, o Jehovah, die God van Israel, het dit in Israel gebeur dat daar vandag een stam uit Israel vermis word?”+  En die volgende dag het die volk vroeg opgestaan en daar ’n altaar gebou en brandoffers+ en gemeenskapsoffers+ gebring.  Toe het die kinders van Israel gesê: “Wie uit al die stamme van Israel het nie in die gemeente na Jehovah opgekom nie, want met betrekking tot die een wat nie na Jehovah in Mispa opgekom het nie, is daar ’n groot eed afgelê+ en gesê: ‘Laat hy vir seker doodgemaak word.’”+  En die kinders van Israel het begin spyt voel oor hulle broer Benjamin. Daarom het hulle gesê: “Vandag is een stam van Israel afgekap.  Wat sal ons met dié doen wat oorgebly het wat vrouens betref, noudat ons by Jehovah gesweer het+ dat ons nie een van ons dogters as vrouens aan hulle sal gee nie?”+  En hulle het gesê: “Watter een uit die stamme van Israel het nie na Jehovah in Mispa opgekom nie?”+ En kyk! niemand het uit Jaʹbes-Giʹlead+ in die kamp na die gemeente gekom nie.  Toe die volk getel is, kyk! toe was daar niemand uit die inwoners van Jaʹbes-Giʹlead daar nie. 10  Daarom het die vergadering twaalfduisend van die dapperste manne daarheen gestuur en hulle beveel en gesê: “Gaan, en julle moet die inwoners van Jaʹbes-Giʹlead met die skerpte van die swaard slaan, ook die vroue en die kindertjies.+ 11  En dít is wat julle moet doen: Elke man en elke vrou wat al by ’n man gelê het, moet julle aan vernietiging oorgee.”+ 12  Hulle het egter onder die inwoners van Jaʹbes-Giʹlead+ vierhonderd meisies gevind, maagde,+ wat nie gemeenskap met ’n man gehad het deur by ’n man te lê nie. Toe het hulle hulle na die kamp in Silo+ gebring, wat in die land Kanaän lê. 13  En die hele vergadering het toe gestuur en met die kinders van Benjamin gepraat wat op die Rimmonrots+ was en hulle vrede aangebied. 14  Daarop het Benjamin in dié tyd teruggekom. Toe het hulle die vroue wat hulle uit die vroue van Jaʹbes-Giʹlead+ in die lewe gehou het, aan hulle gegee; maar hulle het nie genoeg vir hulle gevind nie.+ 15  En die volk het spyt gevoel oor Benjamin+ omdat Jehovah ’n skeuring tussen die stamme van Israel gemaak het. 16  Gevolglik het die ouer manne van die vergadering gesê: “Wat sal ons met die manne doen wat oorgebly het wat vrouens betref, want die vroue is uit Benjamin verdelg?” 17  Toe het hulle gesê: “Daar moet ’n besitting wees vir dié van Benjamin wat ontkom het,+ sodat ’n stam nie uit Israel uitgewis word nie. 18  Wat ons betref, ons mag hulle nie vrouens uit ons dogters gee nie, want die kinders van Israel het gesweer en gesê: ‘Vervloek is die een wat aan Benjamin ’n vrou gee.’”+ 19  Uiteindelik het hulle gesê: “Kyk! Daar is van jaar tot jaar ’n fees van Jehovah in Silo,+ wat noord van Bet-El lê, oos van die grootpad wat van Bet-El na Sigem+ opgaan en suid van Leboʹna.” 20  Toe het hulle die kinders van Benjamin beveel en gesê: “Gaan, en julle moet in die wingerde op die loer lê. 21  En julle moet kyk, en wanneer die dogters van Silo uitkom om in kringdanse te dans,+ moet julle ook uit die wingerde uitkom en vir julle elkeen sy vrou uit die dogters van Silo met geweld wegvoer, en julle moet na die land van Benjamin gaan. 22  En as hulle vaders of hulle broers ’n regsaak teen ons kom voer, sal ons ook beslis vir hulle sê: ‘Doen ons ’n guns ter wille van hulle, omdat ons nie deur oorlog vir elkeen sy vrou geneem het nie,+ want dit was nie julle wat hulle aan hulle gegee het op ’n tyd dat julle skuldig sou word nie.’”+ 23  Toe het die kinders van Benjamin net so gedoen, en hulle het volgens hulle getal+ vrouens weggevoer uit die vroue wat rondgedans het,+ wat hulle gegryp het; waarna hulle weggegaan en na hulle erfdeel teruggekeer en die stede gebou+ en daarin gaan woon het. 24  En in dié tyd het die kinders van Israel daarvandaan uitmekaar begin gaan, elkeen na sy eie stam en sy eie familie; en hulle het daarvandaan weggegaan, elkeen na sy eie erfdeel.+ 25  In dié dae was daar geen koning in Israel nie.+ Elkeen was gewoond om te doen wat reg was in sy eie oë.+

Voetnote