Rigters 3:1-31

3  En dít is die nasies+ wat Jehovah laat bly het om Israel deur hulle op die proef te stel,+ dit wil sê almal wat nie een van die oorloë van Kanaän belewe het nie;+  dit was net sodat die geslagte van die kinders van Israel die ondervinding kon hê, om hulle te leer oorlog voer, dit wil sê net dié wat nie tevore sulke dinge ondervind het nie:  Die vyf spilvorste+ van die Filistyne+ en al die Kanaäniete,+ ook die Sidoniërs+ en die Hewiete+ wat die berg Liʹbanon+ van die berg Baäl-Hermon+ af tot by die ingang van Hamat+ bewoon het.  En hulle het as werktuie bly dien om Israel op die proef te stel+ om te weet of hulle Jehovah se gebooie sou gehoorsaam wat hy hulle vaders deur middel van Moses beveel het.+  En die kinders van Israel het gewoon tussen die Kanaäniete,+ die Hetiete en die Amoriete en die Perissiete en die Hewiete en die Jebusiete.+  En hulle het hulle dogters vir hulle as vrouens geneem,+ en hulle eie dogters het hulle aan hulle seuns gegee,+ en hulle het hulle gode begin dien.+  So het die kinders van Israel gedoen wat sleg was in Jehovah se oë, en hulle het Jehovah hulle God vergeet+ en die Baäls+ en die heilige pale gedien.+  Hierop het Jehovah se toorn teen Israel ontvlam,+ sodat hy hulle in die hand van Kuʹsan-Risataʹim, die koning van Mesopotaʹmië,+ verkoop het;+ en die kinders van Israel het Kuʹsan-Risataʹim agt jaar lank gedien.  En die kinders van Israel het tot Jehovah om hulp begin roep.+ Toe het Jehovah vir die kinders van Israel ’n redder verwek+ sodat hy hulle kon red, Otʹniël,+ die seun van Kenas,+ die jonger broer van Kaleb.+ 10  Die gees+ van Jehovah het toe op hom gekom, en hy het die rigter van Israel geword. Toe hy uittrek om oorlog te voer, het Jehovah Kuʹsan-Risataʹim, die koning van Sirië, in sy hand gegee sodat sy hand Kuʹsan-Risataʹim oorweldig het.+ 11  Daarna het die land veertig jaar lank rus gehad. Uiteindelik het Otʹniël, die seun van Kenas, gesterf. 12  En die kinders van Israel het weer eens begin doen wat sleg was in Jehovah se oë.+ Daarop het Jehovah Eglon, die koning van Moab,+ sterk laat word teen Israel,+ omdat hulle gedoen het wat sleg was in Jehovah se oë.+ 13  Daarbenewens het hy die kinders van Ammon+ en Aʹmalek+ teen hulle versamel. Toe het hulle gegaan en Israel verslaan en die palmstad+ in besit geneem. 14  En die kinders van Israel het Eglon, die koning van Moab, agtien jaar lank gedien.+ 15  En die kinders van Israel het tot Jehovah om hulp begin roep.+ Toe het Jehovah vir hulle ’n redder verwek, Ehud,+ die seun van Gera, ’n Benjaminiet,+ ’n man wat links was.+ Na verloop van tyd het die kinders van Israel deur sy hand skatting aan Eglon, die koning van Moab, gestuur. 16  Intussen het Ehud vir hom ’n swaard gemaak, en dit het twee snykante+ gehad en was ’n el lank. Toe het hy dit onder sy kleed aan sy regterheup gegord.+ 17  En hy het die skatting vir Eglon, die koning van Moab,+ gegee. En Eglon was ’n baie vet man. 18  En toe hy die skatting klaar gegee het,+ het hy die mense, die draers van die skatting, dadelik weggestuur. 19  En hy het teruggedraai by die klipgroewe wat in Gilgal+ was, en hy het gesê: “Ek het ’n geheime woord vir u, o koning.” Toe het hy gesê: “Bly stil!” Daarop het almal wat by hom gestaan het, van hom af uitgegaan.+ 20  En Ehud het na hom toe gekom terwyl hy in sy koel dakvertrek sit wat hy vir hom alleen gehad het. En Ehud het gesê: “Ek het ’n woord van God vir u.” Daarop het hy van sy troon af opgestaan. 21  Toe het Ehud sy linkerhand ingesteek en die swaard van sy regterheup af geneem en dit in sy maag gesteek. 22  En ook die hef het agter die lem bly ingaan sodat die vet die lem omsluit het, want hy het nie die swaard uit sy maag getrek nie, en die drek het begin uitkom. 23  En Ehud het deur die luggat uitgegaan, maar hy het die deure van die dakvertrek agter hom toegemaak en dit gesluit. 24  En hy het uitgegaan.+ En sy knegte het gekom en begin kyk, en die deure van die dakvertrek was gesluit. Toe het hulle gesê: “Hy doen maar net sy behoefte+ in die koel binnekamer.” 25  En hulle het bly wag totdat hulle skaam gekry het, en kyk! niemand het die deure van die dakvertrek oopgemaak nie. Hierop het hulle die sleutel geneem en dit oopgemaak, en kyk! hulle heer het dood op die grond gelê! 26  Wat Ehud betref, hy het ontvlug terwyl hulle getalm het, en hy het verby die klipgroewe+ gegaan en na Seïra gevlug. 27  En toe hy daar kom, het hy in die bergstreek van Eʹfraim+ op die horing begin blaas;+ en die kinders van Israel het saam met hom uit die bergstreek begin aftrek, en hy was aan die spits. 28  Toe het hy vir hulle gesê: “Volg my,+ want Jehovah het julle vyande, die Moabiete, in julle hand gegee.”+ En hulle het hom gevolg en die driwwe+ van die Jordaan teen die Moabiete beset, en hulle het niemand toegelaat om deur te gaan nie. 29  En in dié tyd het hulle Moab verslaan, sowat tienduisend man,+ almal fris gebou+ en almal dapper manne; en nie één het ontkom nie.+ 30  En Moab is dié dag onder Israel se hand onderwerp; en die land het hierna tagtig jaar lank rus gehad.+ 31  En ná hom was daar Samgar,+ die seun van Anat, en hy het die Filistyne,+ seshonderd man, met ’n veedrywerstok doodgemaak; en ook hy het Israel gered.+

Voetnote