Rigters 4:1-24

4  Ná Ehud se dood het die kinders van Israel weer begin doen wat sleg was in Jehovah se oë.+  Daarom het Jehovah hulle verkoop+ in die hand van Jabin, die koning van Kanaän, wat in Hasor+ regeer het; en sy leërhoof was Siʹsera,+ en hy het in Haroʹset+ van die nasies gewoon.  En die kinders van Israel het tot Jehovah begin roep,+ want hy het negehonderd strydwaens met ystersense+ gehad, en hy het die kinders van Israel twintig jaar lank swaar onderdruk.+  En Deboʹra, ’n profetes,+ die vrou van Lapʹpidot, het Israel in dié tyd gerig.  En sy het onder Deboʹra se palmboom tussen Rama+ en Bet-El+ in die bergstreek van Eʹfraim gewoon; en die kinders van Israel het vir regspraak na haar toe opgegaan.  En sy het gestuur en Barak,+ die seun van Abinoʹam, uit Keʹdes-Nafʹtali+ laat roep en vir hom gesê: “Het Jehovah, die God van Israel, nie die bevel gegee nie? ‘Gaan, en jy moet jou oor die berg Tabor+ versprei, en jy moet tienduisend man uit die kinders van Nafʹtali+ en uit die kinders van Seʹbulon+ saam met jou neem.  En by die Kisonstroomvallei+ sal ek Siʹsera,+ Jabin+ se leërhoof, en sy strydwaens en sy menigte beslis na jou toe trek,+ en ek sal hom inderdaad in jou hand gee.’”+  Hierop het Barak vir haar gesê: “As jy saam met my gaan, sal ek ook sekerlik gaan; maar as jy nie saam met my gaan nie, sal ek nie gaan nie.”  Toe het sy gesê: “Ek sal vir seker saam met jou gaan. Die luisterryke eer sal nietemin nie joune word op die weg wat jy gaan nie, want Jehovah sal Siʹsera in die hand van ’n vrou+ verkoop.” Daarop het Deboʹra opgestaan en saam met Barak na Kedes+ gegaan. 10  En Barak het Seʹbulon+ en Nafʹtali na Kedes begin bymekaarroep, en tienduisend man het opgetrek en in sy voetspore gevolg;+ en Deboʹra het saam met hom opgetrek. 11  Terloops, Heber,+ die Keniet, het hom afgeskei van die Keniete,+ die kinders van Hobab, wie se skoonseun Moses was,+ en sy tent was opgeslaan naby die groot boom in Saänanʹnim, wat by Kedes is. 12  Toe het hulle aan Siʹsera berig gebring dat Barak, die seun van Abinoʹam,+ na die berg Tabor+ opgetrek het. 13  Dadelik het Siʹsera al sy strydwaens, die negehonderd strydwaens met ystersense,+ en al die manskappe wat by hom was, uit Haroʹset van die nasies na die Kisonstroomvallei+ bymekaargeroep. 14  Deboʹra het toe vir Barak gesê: “Staan op, want vandag sal Jehovah Siʹsera beslis in jou hand gee. Is dit nie Jehovah wat voor jou uitgetrek het nie?”+ En Barak het met tienduisend man agter hom aan teen die berg Tabor afgegaan. 15  En Jehovah het Siʹsera en al sy strydwaens en die hele kamp deur die skerpte van die swaard voor Barak in verwarring begin bring.+ Uiteindelik het Siʹsera van die strydwa afgeklim en te voet gevlug. 16  En Barak het die strydwaens+ en die kamp tot by Haroʹset van die nasies agternagesit,+ sodat die hele kamp van Siʹsera deur die skerpte van die swaard geval het. Daar het nie eers een oorgebly nie.+ 17  Wat Siʹsera+ betref, hy het te voet gevlug na die tent van Jael,+ die vrou van Heber, die Keniet,+ want daar was vrede tussen Jabin, die koning van Hasor,+ en die huisgesin van Heber, die Keniet. 18  Toe het Jael uitgegaan om Siʹsera te ontmoet en vir hom gesê: “Draai hierheen uit, my heer, draai hierheen uit na my toe. Moenie bang wees nie.” Daarop het hy na haar toe uitgedraai, die tent in. Later het sy hom met ’n kombers toegemaak. 19  Na ’n ruk het hy vir haar gesê: “Gee my asseblief ’n bietjie water om te drink, want ek is dors.” Toe het sy ’n leersak+ met melk oopgemaak en vir hom daarvan gegee om te drink,+ waarna sy hom toegemaak het. 20  En hy het vir haar gesê: “Staan by die ingang van die tent, en as enigiemand kom en jou vra en sê: ‘Is daar ’n man hier?’ dan moet jy sê: ‘Nee!’” 21  En Jael, die vrou van Heber, het ’n tentpen geneem en die hamer in haar hand gevat. Toe het sy stilletjies na hom toe gegaan en die pen deur sy slape gedryf+ en dit in die grond ingeslaan, terwyl hy vas aan die slaap en afgemat was. So het hy gesterf.+ 22  En kyk! daar was Barak, besig om Siʹsera te agtervolg. Toe het Jael uitgegaan om hom te ontmoet en vir hom gesê: “Kom, en ek sal u die man wys wat u soek.” Daarop het hy na haar toe ingegaan, en kyk! daar het Siʹsera dood gelê, met die pen deur sy slape. 23  So het God Jabin, die koning van Kanaän, op dié dag voor die kinders van Israel onderwerp.+ 24  En die hand van die kinders van Israel het al hoe harder geword teen Jabin, die koning van Kanaän,+ totdat hulle Jabin, die koning+ van Kanaän, uitgeroei het.

Voetnote