Rigters 5:1-31

5  En op dié dag het Deboʹra+ saam met Barak,+ die seun van Abinoʹam,+ ’n lied aangehef+ en gesê:   “Omdat hulle in Israel die hare los laat hang het vir oorlog,Omdat die volk hulle vrywillig aangebied het,+LOOF Jehovah.+   Luister, o konings;+ hoor, o hoë amptenare:Ek, ja ek, sal tot Jehovah sing.Ek sal Jehovah, Israel se God,+ met melodieë besing.+   Jehovah, toe u uit Seïr uitgegaan het,+Toe u uit die gebied van Edom opgetrek het,+Het die aarde gebewe;+ ook het die hemel gedrup,+Ook het die wolke water gedrup.   Berge het weggevloei van die aangesig van Jehovah,+Hierdie Siʹnai+ weg van die aangesig van Jehovah,+ Israel se God.+   In die dae van Samgar,+ die seun van Anat,In die dae van Jael,+ was daar geen verkeer op die paaie nie,En dié wat langs weë gereis het, het langs ompaaie gereis.+   Die bewoners van die oop land het ophou bestaan, in Israel het hulle ophou bestaan,+Totdat ek, Deboʹra,+ opgestaan het,Totdat ek as ’n moeder in Israel opgestaan het.+   Hulle het nuwe gode gekies.+Toe was daar oorlog in die poorte.+’n Skild was daar nie te sien nie, ook nie ’n lans nie,Onder veertigduisend in Israel.+   My hart is vir die aanvoerders van Israel,+Wat vrywilligers onder die volk was.+LOOF Jehovah.+ 10  Julle wat op geelrooi eselinne ry,+Julle wat op ryk tapyte sit,En julle wat op die pad loop,Dink na!+ 11  Party van die stemme van die waterverdelers tussen die plekke waar water geskep word,+Daar het hulle van die regverdige dade van Jehovah begin vertel,+Die regverdige dade van sy bewoners van die oop land in Israel.Toe het Jehovah se volk na die poorte afgegaan. 12  Word wakker, word wakker, o Deboʹra;+Word wakker, word wakker, hef ’n lied aan!+Staan op, Barak,+ en voer jou gevangenes weg, seun van Abinoʹam!+ 13  Toe het die oorlewendes na die vooraanstaandes toe afgekom;Jehovah se volk het na my toe afgekom teen die magtiges. 14  Uit Eʹfraim was hulle oorsprong in die laagvlakte,+Saam met jou, o Benjamin, onder jou manskappe.Uit Magir+ het die aanvoerders afgetrek,En uit Seʹbulon dié wat die toerusting van ’n skrywer gebruik.+ 15  En die vorste in Isʹsaskar+ was saam met Deboʹra,En soos Isʹsaskar, so was Barak.+Na die laagvlakte is hy te voet gestuur.+Onder die afdelings van Ruben was die ondersoekinge van die hart groot.+ 16  Waarom het jy tussen die twee saalsakke gaan sit,Om na die fluitspel vir die kuddes te luister?+Vir die afdelings van Ruben was daar groot ondersoekinge van die hart.+ 17  Giʹlead het by sy woonplek aan die oorkant van die Jordaan gebly;+En Dan, waarom het hy ’n tyd lank in skepe gewoon?+Aser het ledig op die seestrand gesit,En by sy landingsplekke het hy gebly.+ 18  Seʹbulon was ’n volk wat sy siel tot die dood toe geminag het;+Nafʹtali+ ook, op die hoogtes van die veld.+ 19  Konings het gekom, hulle het geveg;Toe het die konings van Kanaän geveg+In Taʹänag+ by die waters van Megidʹdo.+Geen silwer het hulle as gewin geneem nie.+ 20  Uit die hemel het die sterre geveg,+Uit hulle bane het hulle teen Siʹsera geveg. 21  Die Kisonstroom het hulle weggespoel,+Die stroom uit die oudheid, die Kisonstroom.+Jy het sterkte vertrap,+ o my siel. 22  Toe het die hoewe van perde gekap+Weens die gejaag, die gejaag van sy hingste. 23  ‘VERVLOEK+ Meros’, het die engel van Jehovah+ gesê,‘VERVLOEK sy inwoners onophoudelik,Want hulle het Jehovah nie te hulp gekom nie,Jehovah nie te hulp gekom met die magtiges nie.’ 24  Jael,+ die vrou van Heber, die Keniet,+ sal hoogs geseënd wees onder die vroue,Onder die vroue in die tent sal sy hoogs geseënd wees.+ 25  Water het hy gevra, melk het sy gegee;In die groot feesbak van vooraanstaandes het sy dikmelk aangebied.+ 26  Haar hand het sy toe na die tentpen uitgesteek,En haar regterhand na die hamer van harde werkers.+En sy het Siʹsera gehamer, sy het sy kop deurboor,+En sy het sy slape verpletter en oopgekloof. 27  Tussen haar voete het hy inmekaargesak, het hy geval, het hy gaan lê;Tussen haar voete het hy inmekaargesak, het hy geval;Waar hy inmekaargesak het, daar het hy geval, oorwonne.+ 28  By die venster het ’n vrou na buite gekyk en na hom op die uitkyk gebly,Die moeder van Siʹsera by die tralievenster:+‘Waarom het sy strydwa getalm om te kom?+Waarom moet die hoefslae van sy waens so laat wees?’+ 29  Die wyses van haar edelvroue+ het haar geantwoord,Ja, ook sy het haarself met haar eie woorde geantwoord: 30  ‘Behoort hulle nie buit te vind en te verdeel nie,+’n Moederskoot—twee moederskote vir elke man,+Buit van gekleurde stowwe vir Siʹsera, buit van gekleurde stowwe,’n Geborduurde kleed, gekleurde stof, twee geborduurde kledingstukkeVir die nekke van die manne van die buit?’ 31  Laat al u vyande so vergaan,+ o Jehovah,En laat dié wat u liefhet,+ wees soos wanneer die son in sy mag opgaan.”+ En die land het hierna veertig jaar lank rus gehad.+

Voetnote