Rigters 6:1-40

6  Toe het die kinders van Israel begin doen wat sleg was in die oë van Jehovah.+ Jehovah het hulle dus sewe jaar lank in die hand van Miʹdian+ gegee.  En Miʹdian het die oorhand oor Israel gekry.+ Weens Miʹdian het die kinders van Israel vir hulle die ondergrondse opslagplekke gemaak wat in die berge was, en die grotte en die moeilik toeganklike plekke.+  En as Israel saad gesaai het,+ het Miʹdian en Aʹmalek+ en die Oosterlinge+ opgetrek, ja, hulle het teen hulle opgetrek.  En hulle het teen hulle kamp opgeslaan en die opbrengs van die aarde tot reg by Gasa verwoes, en hulle het geen lewensmiddele of skaap of bul of esel in Israel laat oorbly nie.+  Want hulle en hulle vee het met hulle tente opgetrek. Hulle het so talryk soos die sprinkane gekom,+ en hulle en hulle kamele was sonder tal;+ en hulle het die land ingekom om dit te verwoes.+  En Israel het baie verarm weens Miʹdian; en die kinders van Israel het tot Jehovah om hulp begin roep.+  En omdat die kinders van Israel weens Miʹdian tot Jehovah om hulp geroep het,+  het Jehovah ’n man, ’n profeet,+ na die kinders van Israel toe gestuur en vir hulle gesê: “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: ‘Ek het julle uit Egipte laat optrek+ en julle sodoende uit die slawehuis uitgebring.+  So het ek julle uit die hand van Egipte en uit die hand van al julle onderdrukkers verlos en hulle voor julle uit verdryf en hulle land aan julle gegee.+ 10  Ook het ek vir julle gesê: “Ek is Jehovah julle God.+ Julle mag die gode van die Amoriete+ in wie se land julle woon,+ nie vrees nie.” En julle het nie na my stem geluister nie.’”+ 11  Later het Jehovah se engel gekom+ en onder die groot boom gesit wat in Ofra was, wat aan Joas, die Abiësriet,+ behoort het, terwyl sy seun Giʹdeon+ koring in die wynpers uitgeslaan het om dit gou uit die sig van Miʹdian te kry. 12  Toe het Jehovah se engel aan hom verskyn en vir hom gesê: “Jehovah is met jou,+ dapper, sterk man.” 13  Hierop het Giʹdeon vir hom gesê: “Verskoon my, my heer, maar as Jehovah met ons is, waarom het al hierdie dinge dan oor ons gekom,+ en waar is al sy wonderlike dade+ waarvan ons vaders ons vertel het+ deur te sê: ‘Was dit nie uit Egipte dat Jehovah ons laat optrek het nie?’+ En nou het Jehovah ons verstoot,+ en hy gee ons in die palm van Miʹdian.” 14  Daarop het Jehovah na hom toe gedraai en gesê: “Gaan in hierdie krag van jou,+ en jy sal Israel beslis uit Miʹdian se palm red.+ Stuur ek jou nie?”+ 15  Toe het hy vir hom gesê: “Verskoon my, Jehovah. Waarmee sal ek Israel red?+ Kyk! My duisend is die geringste in Manasʹse, en ek is die kleinste in my vader se huis.”+ 16  Maar Jehovah het vir hom gesê: “Omdat ek met jou sal wees,+ en jy sal Miʹdian beslis verslaan+ asof dit een man is.” 17  Hierop het hy vir hom gesê: “As ek dan nou guns in u oë gevind het,+ moet u ook vir my ’n teken doen dat dit u is wat met my praat.+ 18  Moet asseblief nie hiervandaan weggaan totdat ek na u toe kom+ en ek my gawe uitgebring en dit voor u neergesit het nie.”+ Gevolglik het hy gesê: “Ek sal hier bly sit totdat jy terugkeer.” 19  En Giʹdeon het ingegaan en ’n boklam+ en ongesuurde koeke van ’n efa meel berei.+ Die vleis het hy in die mandjie gesit, en die sous het hy in die kookpot gesit, waarna hy dit na hom toe uitgebring het onder die groot boom en dit opgedien het. 20  Die engel van die ware God het toe vir hom gesê: “Neem die vleis en die ongesuurde koeke en sit dit daar op die groot rots neer,+ en gooi die sous uit.” Daarop het hy dit gedoen. 21  Toe het Jehovah se engel die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en aan die vleis en die ongesuurde koeke geraak, en vuur het uit die rots begin opstyg en die vleis en die ongesuurde koeke verteer.+ Wat Jehovah se engel betref, hy het uit sy sig verdwyn. 22  Gevolglik het Giʹdeon besef dat dit Jehovah se engel was.+ Dadelik het Giʹdeon gesê: “Ag, Soewereine Heer Jehovah, want ek het Jehovah se engel van aangesig tot aangesig gesien!”+ 23  Maar Jehovah het vir hom gesê: “Vrede vir jou.+ Moenie vrees nie.+ Jy sal nie sterf nie.”+ 24  Toe het Giʹdeon daar vir Jehovah ’n altaar gebou,+ en dit word nog tot vandag toe Jehovah-Sjalom genoem.+ Dit is nog in Ofra+ van die Abiësriete. 25  En gedurende daardie nag het Jehovah vir hom gesê: “Neem die jong bul, die bul wat aan jou vader behoort, dit is die tweede jong bul van sewe jaar, en jy moet die altaar van Baäl+ wat jou vader s’n is, afbreek, en die heilige paal wat daar langsaan is, moet jy afkap.+ 26  En jy moet op die top van hierdie vesting vir Jehovah jou God ’n altaar bou, met die ry klippe, en jy moet die tweede jong bul neem en dit as ’n brandoffer bring op die stukke hout van die heilige paal wat jy moet afkap.” 27  Toe het Giʹdeon tien manne van sy knegte geneem en gaan doen net soos Jehovah vir hom gesê het;+ maar aangesien hy die huisgesin van sy vader en die manne van die stad te veel gevrees het om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen.+ 28  Toe die manne van die stad soos gewoonlik vroeg in die oggend opstaan, kyk! toe was die altaar van Baäl afgebreek en die heilige paal+ wat daar langsaan was, afgekap en die tweede jong bul geoffer op die altaar wat gebou is. 29  En hulle het die een vir die ander begin sê: “Wie het dit gedoen?” En hulle het navraag gedoen en gesoek. Uiteindelik het hulle gesê: “Giʹdeon, die seun van Joas, het dit gedoen.” 30  Toe het die manne van die stad vir Joas gesê: “Bring jou seun uit dat hy kan sterf,+ omdat hy die altaar van Baäl afgebreek het, en omdat hy die heilige paal afgekap het wat daar langsaan was.” 31  Hierop het Joas+ vir almal gesê wat teen hom opgestaan het:+ “Sal júlle Baäl wetlik verdedig om te sien of júlle hom kan red? Elkeen wat hom wetlik verdedig, behoort vanoggend nog doodgemaak te word.+ As hy God is,+ laat hy hom dan self wetlik verdedig,+ omdat iemand sy altaar afgebreek het.” 32  En hy het hom op dié dag Jerubʹbaäl+ begin noem en gesê: “Laat Baäl homself wetlik verdedig, omdat iemand sy altaar afgebreek het.”+ 33  En die hele Miʹdian+ en Aʹmalek+ en die Oosterlinge+ het hulle soos een man versamel+ en deurgetrek en in die laagvlakte van Jisʹreël+ kamp opgeslaan. 34  En Jehovah se gees+ het Giʹdeon omhul sodat hy op die horing geblaas het,+ en die Abiësriete+ is bymekaargeroep om hom te volg. 35  En hy het boodskappers+ deur die hele Manasʹse uitgestuur, en ook hulle is bymekaargeroep om hom te volg. Hy het ook boodskappers deur Aser en Seʹbulon en Nafʹtali uitgestuur, en hulle het opgetrek om hom te ontmoet. 36  Toe het Giʹdeon vir die ware God gesê: “As u Israel deur middel van my red, net soos u beloof het+ 37  kyk, ek laat ’n vlies wol onbedek op die dorsvloer lê. As daar op die vlies alleen dou is, maar die grond oral droog is, dan sal ek weet dat u Israel deur middel van my sal red, net soos u beloof het.” 38  En dit was so. Toe hy vroeg die volgende dag opstaan en die vlies uitwring, het hy genoeg dou uit die vlies gekry om ’n groot feesbak vol water te maak. 39  Giʹdeon het egter vir die ware God gesê: “Moenie u toorn teen my laat ontvlam nie, maar laat my nog net een keer praat. Laat my asseblief nog net een keer met die vlies ’n proef neem. Laat asseblief die vlies alleen droog bly, en laat daar oral op die grond dou wees.” 40  Toe het God daardie nag so gedoen; en dit was op die vlies alleen droog, en oral op die grond was daar dou.

Voetnote