Rigters 7:1-25

7  Toe het Jerubʹbaäl,+ dit wil sê Giʹdeon,+ en al die manskappe wat by hom was, vroeg opgestaan en by die put Harod kamp opgeslaan; en die kamp van Miʹdian was noord van hom, by die heuwel Moreʹ, in die laagvlakte.  Jehovah het toe vir Giʹdeon gesê: “Die manskappe wat by jou is, is te veel vir my om Miʹdian in hulle hand te gee.+ Miskien sal Israel met homself teenoor my spog+ deur te sê: ‘Mý hand het my gered.’+  En roep dan nou asseblief ten aanhore van die manskappe uit en sê: ‘Wie is bang en bewe? Laat hy hom onttrek.’”+ Toe het Giʹdeon hulle op die proef gestel. Daarop het twee-en-twintigduisend van die manskappe hulle onttrek, en daar het tienduisend oorgebly.  Maar Jehovah het vir Giʹdeon gesê: “Daar is nog te veel manskappe.+ Laat hulle na die water afgaan sodat ek hulle daar vir jou op die proef kan stel. En elkeen van wie ek vir jou sê: ‘Hierdie een sal saam met jou gaan’, hy sal saam met jou gaan, maar elkeen van wie ek vir jou sê: ‘Hierdie een sal nie saam met jou gaan nie’, hy sal nie saamgaan nie.”  Daarop het hy die manskappe na die water laat afgaan.+ Toe het Jehovah vir Giʹdeon gesê: “Elkeen wat van die water met sy tong oplek soos ’n hond lek, moet jy eenkant sit, ook elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink.”+  En die getal van dié wat gelek het met hulle hand na hulle mond, was driehonderd man. Wat die res van die manskappe betref, hulle het almal op hulle knieë vooroor gebuig om water te drink.  Jehovah het toe vir Giʹdeon gesê: “Deur die driehonderd man wat gelek het, sal ek julle red, en ek sal Miʹdian in jou hand gee.+ Wat al die ander manskappe betref, laat hulle elkeen na sy plek gaan.”  Toe het hulle die padkos van die manskappe en hulle horings+ in hulle hand geneem, en al die manne van Israel het hy elkeen na sy huis weggestuur; en hy het die driehonderd man gehou. Wat die kamp van Miʹdian betref, dit was onderkant hom in die laagvlakte.+  En gedurende daardie nag+ het Jehovah vir hom gesê: “Staan op, gaan af na die kamp, want ek het dit in jou hand gegee.+ 10  Maar as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan saam met jou dienaar Pura af na die kamp.+ 11  En jy moet luister na wat hulle sal sê,+ en daarna sal jou hande beslis sterk word,+ en jy sal beslis na die kamp afgaan.” Daarop het hy en sy dienaar Pura afgegaan na die rand van dié wat in slagorde in die kamp was. 12  En Miʹdian en Aʹmalek en al die Oosterlinge+ het so talryk soos sprinkane+ in die laagvlakte gelê; en hulle kamele+ was sonder tal, so talryk soos die sandkorrels wat aan die seestrand is. 13  Giʹdeon het toe gekom, en kyk! ’n man het vir sy metgesel ’n droom vertel, en hy het gesê: “Hier is ’n droom wat ek gedroom het.+ En kyk! ’n ronde koek garsbrood het in die kamp van Miʹdian ingerol. Toe het dit by ’n tent gekom en dit getref sodat dit geval het,+ en dit het dit onderstebo gekeer, en die tent het inmekaargeval.” 14  Hierop het sy metgesel geantwoord+ en gesê: “Dit is niks anders nie as die swaard van Giʹdeon,+ die seun van Joas, ’n man van Israel. Die ware God+ het Miʹdian en die hele kamp in sy hand gegee.”+ 15  En onmiddellik nadat Giʹdeon die vertelling van die droom en sy verklaring gehoor het,+ het hy begin aanbid.+ Daarna het hy na die kamp van Israel teruggekeer en gesê: “Staan op,+ want Jehovah het die kamp van Miʹdian in julle hand gegee.” 16  Toe het hy die driehonderd man in drie afdelings verdeel en horings+ in die hande van hulle almal gesit en groot leë kruike, en fakkels binne-in die groot kruike. 17  En hy het vir hulle gesê: “Julle moet leer deur my dop te hou, en julle moet net so maak. En wanneer ek by die rand van die kamp kom, moet julle doen net soos ek sal doen. 18  Wanneer ek op die horing geblaas het, ek en almal wat saam met my is, moet ook júlle op die horings blaas, rondom die hele kamp,+ en julle moet sê: ‘Jehovah s’n+ en Giʹdeon s’n!’” 19  Na verloop van tyd het Giʹdeon met die honderd man wat saam met hom was, by die rand van die kamp gekom, aan die begin van die middelste nagwaak.+ Hulle het die wagte net klaar uitgesit. En hulle het op die horings geblaas+ en die groot waterkruike wat in hulle hande was, stukkend geslaan.+ 20  Daarop het die drie afdelings op die horings geblaas+ en die groot kruike verbrysel en met hulle linkerhand weer die fakkels gegryp en met hulle regterhand die horings om daarop te blaas, en hulle het begin uitroep: “Jehovah+ se swaard en Giʹdeon s’n!” 21  Die hele tyd het hulle elkeen op sy plek rondom die kamp bly staan, en die hele kamp het op loop gegaan en begin skreeu en gevlug.+ 22  En die driehonderd+ het op die horings bly blaas,+ en Jehovah het in die hele kamp die swaard van die een teen die ander gerig;+ en die kamp het bly vlug tot by Bet-Sitta, toe na Sereʹra, tot aan die rand van Aʹbel-Mehoʹla+ by Tabbat. 23  Intussen is die manne van Israel uit Nafʹtali+ en Aser+ en die hele Manasʹse+ bymekaargeroep, en hulle het Miʹdian agternagesit.+ 24  En Giʹdeon het boodskappers na die hele bergstreek van Eʹfraim+ gestuur en gesê: “Trek af om Miʹdian te ontmoet, en beset voor hulle die waters tot by Bet-Bara en die Jordaan.” Toe is al die manne van Eʹfraim bymekaargeroep, en hulle het die waters tot by Bet-Bara en die Jordaan beset.+ 25  Hulle het ook die twee vorste van Miʹdian gevange geneem, naamlik Oreb en Seëb;+ en hulle het Oreb op die Orebrots+ doodgemaak, en hulle het Seëb by die Seëbwynvat doodgemaak. En hulle het aangehou om Miʹdian te agtervolg,+ en hulle het die kop van Oreb en dié van Seëb na Giʹdeon toe gebring in die Jordaanstreek.+

Voetnote