Rigters 8:1-35

8  Toe het die manne van Eʹfraim vir hom gesê: “Wat is dit wat jy ons aangedoen het deurdat jy ons nie geroep het toe jy teen Miʹdian gaan veg het nie?”+ En hulle het heftig met hom probeer rusie soek.+  Uiteindelik het hy vir hulle gesê: “Wat het ek dan nou in vergelyking met julle gedoen?+ Is die oesoorblyfsels van Eʹfraim+ nie beter as die druiweoes van Abiëser+ nie?  God het Miʹdian se vorste Oreb en Seëb in julle hand gegee,+ en wat kon ek in vergelyking met julle doen?” Toe hy hierdie woord spreek, het hulle gees teenoor hom bedaar.+  Uiteindelik het Giʹdeon by die Jordaan gekom, en hy en die driehonderd man wat saam met hom was, het deurgetrek, moeg maar steeds besig met die agtervolging.  Later het hy vir die manne van Sukkot+ gesê: “Gee asseblief ronde brode aan die manskappe wat in my voetspore volg,+ want hulle is moeg en ek is besig om Seba+ en Salʹmunna,+ die konings van Miʹdian, agterna te sit.”  Maar die vorste van Sukkot het gesê: “Is die palms van Seba en van Salʹmunna reeds in jou hand sodat daar aan jou leër brood gegee moet word?”+  Hierop het Giʹdeon gesê: “Daarom sal ek beslis julle vlees met die dorings van die wildernis en die doringstruike dors+ wanneer Jehovah Seba en Salʹmunna in my hand gee.”  En hy het daarvandaan verder getrek na Pnuel+ en het net so met hulle gepraat, maar die manne van Pnuel het hom geantwoord net soos die manne van Sukkot geantwoord het.  Hy het derhalwe ook vir die manne van Pnuel gesê: “Wanneer ek in vrede terugkeer, sal ek hierdie toring afbreek.”+ 10  En Seba en Salʹmunna+ was in Karkor, en hulle kampe saam met hulle, ongeveer vyftienduisend, wat al was wat van die hele kamp van die Oosterlinge oorgebly het;+ en dié wat reeds geval het, was honderd-en-twintigduisend man wat die swaard kon trek.+ 11  En Giʹdeon het verder getrek langs die weg van dié wat oos van Nobag en Jogʹbeha+ in tente gewoon het en het op die kamp begin toeslaan terwyl die kamp nie op hulle hoede was nie.+ 12  Toe Seba en Salʹmunna vlug, het hy hulle dadelik agtervolg en Miʹdian se twee konings, Seba en Salʹmunna,+ gevange geneem; en hy het die hele kamp laat bewe. 13  En Giʹdeon, die seun van Joas, het van die oorlog begin terugkeer oor die pas wat na Heres opgaan. 14  Op pad het hy ’n jong man van die manne van Sukkot+ gevange geneem en hom uitgevra.+ Toe het hy vir hom die name neergeskryf van die vorste+ van Sukkot en sy ouer manne, sewe-en-sewentig man. 15  Daarop het hy na die manne van Sukkot toe gegaan en gesê: “Hier is Seba en Salʹmunna oor wie julle my gehoon het deur te sê: ‘Is die palms van Seba en van Salʹmunna reeds in jou hand sodat daar aan jou vermoeide manne brood gegee moet word?’”+ 16  Toe het hy die ouer manne van die stad geneem en dorings van die wildernis en doringstruike, en hy het die manne van Sukkot daarmee ’n les geleer.+ 17  En die toring van Pnuel+ het hy afgebreek,+ en hy het die manne van die stad doodgemaak. 18  Hy het toe vir Seba en Salʹmunna+ gesê: “Watter soort manne was dit wat julle in Tabor+ doodgemaak het?” Hierop het hulle gesê: “Soos u is, so was elkeen van hulle, soos koningseuns van gestalte.” 19  Daarop het hy gesê: “Hulle was my broers, die seuns van my moeder. So waar as Jehovah lewe, as julle hulle laat lewe het, sou ek nie nodig gehad het om julle dood te maak nie.”+ 20  Toe het hy vir Jeter, sy eersgeborene, gesê: “Staan op, maak hulle dood.” En die jong man het nie sy swaard getrek nie, omdat hy bang was, want hy was nog ’n jong man.+ 21  Toe het Seba en Salʹmunna gesê: “Staan self op en val ons aan, want soos ’n man is, so is sy mag.”+ Daarop het Giʹdeon opgestaan en Seba en Salʹmunna doodgemaak+ en die maanvormige sierade geneem wat aan die nekke van hulle kamele was. 22  Later het die manne van Israel vir Giʹdeon gesê: “Heers oor ons,+ jy en jou seun sowel as jou kleinseun, want jy het ons uit die hand van Miʹdian gered.”+ 23  Maar Giʹdeon het vir hulle gesê: “Ek sal nie oor julle heers nie, en ook sal my seun nie oor julle heers nie.+ Jehovah sal oor julle heers.”+ 24  En Giʹdeon het verder vir hulle gesê: “Laat ek ’n versoek tot julle rig: Gee elkeen van julle vir my die neusring+ van sy buit.” (Want hulle het goue neusringe gehad, omdat hulle Ismaeliete was.)+ 25  Toe het hulle gesê: “Ons sal dit sekerlik gee.” Daarop het hulle ’n mantel uitgesprei en elkeen die neusring van sy buit daarop gegooi. 26  En die gewig van die goue neusringe wat hy gevra het, was duisend-sewehonderd goue sikkels, buiten die maanvormige sierade+ en die oorbelle en die klere van purperrooigekleurde wol+ wat die konings van Miʹdian gedra het en buiten die kettinkies wat aan die nekke van die kamele was.+ 27  En Giʹdeon het ’n efod daarvan gemaak+ en dit in sy stad Ofra+ ten toon gestel; en die hele Israel het daar onsedelike gemeenskap daarmee begin hou,+ sodat dit vir Giʹdeon en vir sy huisgesin ’n strik was.+ 28  So is Miʹdian+ voor die kinders van Israel onderwerp, en hulle het hulle hoof nie meer opgehef nie; en hierna het die land veertig jaar lank rus gehad in die dae van Giʹdeon.+ 29  En Jerubʹbaäl,+ die seun van Joas, het weggegaan en in sy huis gewoon. 30  En Giʹdeon het sewentig seuns gehad+ wat uit sy lendene voortgekom het, want hy het baie vrouens gehad. 31  Wat sy byvrou betref wat in Sigem was, ook sy het vir hom ’n seun gebaar. Hy het hom toe die naam Abimeʹleg+ gegee. 32  Uiteindelik het Giʹdeon, die seun van Joas, op ’n goeie ouderdom gesterf en is hy in die graf van sy vader Joas in Ofra van die Abiësriete+ begrawe. 33  En onmiddellik nadat Giʹdeon gesterf het, het die kinders van Israel weer onsedelike gemeenskap met die Baäls begin hou,+ sodat hulle Baäl-Beritʹ hulle god gemaak het.+ 34  En die kinders van Israel het nie gedink aan Jehovah hulle God,+ wat hulle uit die hand van al hulle vyande rondom verlos het nie;+ 35  en hulle het nie liefderyke goedhartigheid bewys+ teenoor die huisgesin van Jerubʹbaäl, Giʹdeon, in ruil vir al die goedheid wat hy teenoor Israel bewys het nie.+

Voetnote