Rigters 9:1-57

9  Na verloop van tyd het Abimeʹleg,+ die seun van Jerubʹbaäl, na Sigem+ gegaan, na die broers van sy moeder, en met hulle en met die hele familie van die huis van sy moeder se vader begin praat en gesê:  “Spreek asseblief ten aanhore van al die grondeienaars van Sigem: ‘Wat is vir julle beter, dat sewentig man,+ al die seuns van Jerubʹbaäl, oor julle heers of dat een man oor julle heers? En julle moet onthou dat ek julle been en julle vlees is.’”+  Toe het die broers van sy moeder al hierdie woorde oor hom ten aanhore van al die grondeienaars van Sigem begin spreek sodat hulle hart tot Abimeʹleg geneig het,+ want hulle het gesê: “Hy is ons broer.”+  Toe het hulle vir hom sewentig silwerstukke uit die huis van Baäl-Beritʹ+ gegee, en daarmee het Abimeʹleg leeglêers en vermetele manne gehuur+ om hom te vergesel.  Daarna het hy na die huis van sy vader in Ofra+ gegaan en sy broers, die seuns van Jerubʹbaäl, sewentig man, op een klip doodgemaak,+ maar Jotam, die jongste seun van Jerubʹbaäl, het oorgebly, omdat hy weggekruip het.  Daarna het al die grondeienaars van Sigem en die hele huis Millo+ bymekaargekom en gegaan en dit bewerkstellig dat Abimeʹleg as koning regeer,+ naby die groot boom,+ die pilaar wat in Sigem was.+  Toe hulle dit vir Jotam vertel, het hy dadelik op die top van die berg Geriʹsim+ gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en vir hulle gesê: “Luister na my, o grondeienaars van Sigem, en laat God na julle luister:  “Eenkeer het die bome gegaan om ’n koning oor hulle te salf. En hulle het vir die olyfboom+ gesê: ‘Wees tog koning oor ons.’+  Maar die olyfboom het vir hulle gesê: ‘Moet ek my vettigheid opgee waarmee hulle God en die mense verheerlik,+ en moet ek oor die ander bome gaan wuif?’+ 10  Toe het die bome vir die vyeboom+ gesê: ‘Kom, wees jy koningin oor ons.’ 11  Maar die vyeboom het vir hulle gesê: ‘Moet ek my soetigheid en my goeie opbrengs opgee, en moet ek oor die ander bome gaan wuif?’+ 12  Daarna het die bome vir die wingerdstok gesê: ‘Kom, wees jy koningin oor ons.’ 13  Toe het die wingerdstok vir hulle gesê: ‘Moet ek my nuwe wyn opgee wat God en die mense vrolik maak,+ en moet ek oor die bome gaan wuif?’ 14  Laastens het al die ander bome vir die doringstruik+ gesê: ‘Kom, wees jy koning oor ons.’ 15  Hierop het die doringstruik vir die bome gesê: ‘As julle my waarlik as koning oor julle salf, moet julle in my skaduwee toevlug kom soek.+ Maar so nie, laat daar dan vuur+ van die doringstruik uitgaan en die seders+ van Liʹbanon+ verteer.’ 16  “En as julle dan nou in waarheid en in onberispelikheid opgetree en Abimeʹleg koning gemaak het,+ en as julle goedheid teenoor Jerubʹbaäl en sy huisgesin bewys het, en as julle aan hom gedoen het soos die dade van sy hande verdien het, 17  toe my vader vir julle geveg het+ en sy siel gewaag het+ om julle uit Miʹdian+ se hand te verlos— 18  en júlle het vandag teen die huisgesin van my vader opgestaan om sy seuns,+ sewentig man,+ op een klip dood te maak en om Abimeʹleg, die seun van sy slavin,+ oor die grondeienaars van Sigem koning+ te maak net omdat hy julle broer is— 19  ja, as julle vandag in waarheid en in onberispelikheid teenoor Jerubʹbaäl en sy huisgesin opgetree het, moet julle oor Abimeʹleg bly wees, en laat hy ook oor julle bly wees.+ 20  Maar so nie, laat daar dan vuur+ van Abimeʹleg uitgaan en die grondeienaars van Sigem en die huis Millo verteer,+ en laat daar vuur+ van die grondeienaars van Sigem en die huis Millo uitgaan en Abimeʹleg verteer.”+ 21  Toe het Jotam+ gevlug en weggehardloop en na Beër gegaan, en hy het daar gaan woon weens sy broer Abimeʹleg. 22  En Abimeʹleg het drie jaar lank die vors oor Israel gespeel.+ 23  Toe het God ’n slegte gees+ tussen Abimeʹleg en die grondeienaars van Sigem laat ontstaan, en die grondeienaars van Sigem het verraderlik+ met Abimeʹleg gehandel, 24  sodat die geweld wat die sewentig seuns van Jerubʹbaäl aangedoen is, sou kom+ en sodat hy hulle bloed kon plaas op hulle broer Abimeʹleg omdat hy hulle doodgemaak het,+ en op die grondeienaars van Sigem omdat hulle sy hande versterk het+ om sy broers dood te maak. 25  En die grondeienaars van Sigem het op die bergtoppe manne in ’n hinderlaag teen hom opgestel, en hulle het almal beroof wat op die pad by hulle verbygegaan het. Na verloop van tyd is Abimeʹleg daarvan vertel. 26  Toe het Gaäl,+ die seun van Ebed, en sy broers gekom en na Sigem+ oorgetrek, en die grondeienaars van Sigem het op hom begin vertrou.+ 27  En hulle het soos gewoonlik uitgegaan na die veld en die druiwe van hulle wingerde ingesamel en dit getrap en uitbundig feesgevier,+ waarna hulle in die huis van hulle god ingegaan+ en geëet en gedrink+ en ’n vloek oor Abimeʹleg uitgespreek het.+ 28  En Gaäl, die seun van Ebed, het gesê: “Wie is Abimeʹleg,+ en wie is Sigem, dat ons hom moet dien? Is hy nie die seun van Jerubʹbaäl+ nie, en is Sebul+ nie een van sy hoofbeamptes nie? Dien julle ander maar die manne van Hemor,+ Sigem se vader, maar waarom moet óns hom dien? 29  En was hierdie volk tog maar in my hand!+ Dan sou ek Abimeʹleg afsit.” En hy het vir Abimeʹleg gesê: “Maak jou leër talryk en trek uit.”+ 30  En Sebul, die vors van die stad, het die woorde van Gaäl, die seun van Ebed,+ te hore gekom. Toe het sy toorn ontvlam. 31  En hy het onder ’n voorwendsel boodskappers na Abimeʹleg toe gestuur om te sê: “Kyk! Gaäl, die seun van Ebed, en sy broers het nou na Sigem+ gekom, en kyk, hulle laat die stad teen u saamspan. 32  Staan dan nou in die nag op,+ u en die manskappe wat saam met u is, en lê hulle in die veld voor.+ 33  En môreoggend, sodra die son skyn, moet u vroeg opstaan, en u moet die stad bestorm; en wanneer hy en die manskappe wat saam met hom is, teen u uittrek, moet u ook met hom doen net soos u hand dit moontlik vind.” 34  Toe het Abimeʹleg en al die manskappe wat saam met hom was, in die nag opgestaan, en hulle het Sigem in vier afdelings gaan voorlê. 35  Later het Gaäl,+ die seun van Ebed, uitgegaan en by die ingang van die stadspoort gaan staan. Toe het Abimeʹleg en die manskappe wat saam met hom was, uit die plek van die hinderlaag opgestaan. 36  Toe Gaäl die manskappe sien, het hy dadelik vir Sebul gesê: “Kyk! Daar kom mense van die bergtoppe af.” Maar Sebul het vir hom gesê: “Jy sien die skaduwee van die berge vir mense aan.”+ 37  Later het Gaäl weer eens gepraat en gesê: “Kyk! Daar kom mense van die middel van die land af, en een afdeling kom uit die rigting van die groot boom van Meoʹnenim.” 38  Hierop het Sebul vir hom gesê: “Waar is daardie gesegde van jou nou wat jy geuiter het:+ ‘Wie is Abimeʹleg dat ons hom moet dien?’+ Is dit nie die manskappe wat jy verwerp het nie?+ Trek nou asseblief uit en veg teen hulle.” 39  Toe het Gaäl aan die spits van die grondeienaars van Sigem uitgetrek en die stryd teen Abimeʹleg aangeknoop. 40  En Abimeʹleg het hom agternagesit, en hy het voor hom gevlug; en die gesneuweldes het in groot getalle bly val tot by die ingang van die poort. 41  En Abimeʹleg het in Aʹruma gebly, en Sebul+ het Gaäl+ en sy broers verdryf sodat hulle nie meer in Sigem+ kon woon nie. 42  En die volgende dag het die mense na die veld begin uitgaan. Toe het hulle dit vir Abimeʹleg+ vertel. 43  Hy het derhalwe die manskappe geneem en hulle in drie afdelings verdeel+ en hulle in die veld gaan voorlê. Toe het hy gekyk, en daar het die mense uit die stad uitgegaan. Hy het toe teen hulle opgestaan en hulle verslaan. 44  En Abimeʹleg en die afdelings wat saam met hom was, het gestorm sodat hulle by die ingang van die stadspoort kon staan, terwyl twee afdelings almal bestorm het wat in die veld was, en hulle het hulle verslaan.+ 45  En Abimeʹleg het daardie hele dag teen die stad geveg en die stad ingeneem; en hy het die mense doodgemaak wat daarin was,+ waarna hy die stad afgebreek+ en dit met sout besaai het.+ 46  Toe al die grondeienaars van die toring van Sigem daarvan hoor, het hulle onmiddellik na die kelder van die huis van El-Beritʹ+ gegaan. 47  Toe is daar aan Abimeʹleg berig gebring dat al die grondeienaars van die toring van Sigem bymekaargekom het. 48  Daarop het Abimeʹleg teen die berg Salmon+ opgeklim, hy en al die manskappe wat saam met hom was. Abimeʹleg het toe ’n byl in sy hand geneem en ’n boomtak afgekap en dit opgetel en op sy skouer gesit en vir die manskappe wat saam met hom was, gesê: “Wat julle my sien doen het—maak gou, doen soos ek!”+ 49  Daarop het al die manskappe ook elkeen vir hom ’n tak afgekap en Abimeʹleg gevolg. Toe het hulle dit teen die kelder gesit, en hulle het die kelder bo-op hulle aan die brand gesteek, sodat al die mense van die toring van Sigem ook gesterf het, ongeveer duisend manne en vroue.+ 50  En Abimeʹleg het na Tebes+ getrek en teen Tebes kamp opgeslaan en dit ingeneem. 51  Aangesien daar ’n sterk toring in die middel van die stad was, het al die manne en vroue en al die grondeienaars van die stad daarheen gevlug, waarna hulle dit agter hulle gesluit het en op die dak van die toring geklim het. 52  En Abimeʹleg het na die toring gegaan en daarteen begin veg, en hy het tot naby die ingang van die toring gegaan om dit met vuur te verbrand.+ 53  Toe het ’n sekere vrou ’n boonste meulsteen op Abimeʹleg se kop gegooi en sy skedel verbrysel.+ 54  Hy het dus gou die dienaar geroep wat sy wapens gedra het en vir hom gesê: “Trek jou swaard en maak my dood,+ sodat hulle nie van my sal sê: ‘’n Vrou het hom doodgemaak’ nie.” Onmiddellik het sy dienaar hom deurboor, sodat hy gesterf het.+ 55  En toe die manne van Israel sien dat Abimeʹleg gesterf het, het hulle elkeen na sy plek gegaan. 56  So het God die kwaad van Abimeʹleg wat hy sy vader aangedoen het deur sy sewentig broers dood te maak, op hom laat terugkom.+ 57  En al die kwaad van die manne van Sigem het God op hulle eie hoof laat terugkom, sodat die vervloeking+ van Jotam,+ die seun van Jerubʹbaäl,+ oor hulle sou kom.+

Voetnote