Romeine 1:1-32

1  Paulus, ’n slaaf+ van Jesus Christus en geroep+ om ’n apostel+ te wees, afgesonder vir God se goeie nuus,+  wat hy tevore deur sy profete+ in die heilige Skrif beloof het,  aangaande sy Seun, wat na die vlees+ uit die saad van Dawid+ gespruit het,  maar wat na die gees+ van heiligheid deur middel van ’n opstanding uit die dode+ met krag+ as God se Seun+ verklaar is—ja, Jesus Christus, ons Here,  deur wie ons onverdiende goedhartigheid+ en ’n apostelskap+ ontvang het sodat daar onder al die nasies+ geloofsgehoorsaamheid met betrekking tot sy naam sou wees,  onder wie julle ook dié is wat geroep is om aan Jesus Christus te behoort—  aan almal wat in Rome is as God se geliefdes, geroep+ om heiliges te wees:+ Mag julle onverdiende goedhartigheid en vrede+ hê van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.+  In die eerste plek dank+ ek my God deur Jesus Christus oor julle almal, omdat daar in die hele wêreld oor julle geloof gepraat word.+  Want God, aan wie ek met my gees heilige diens in verband met die goeie nuus oor sy Seun verrig, is my getuie+ hoe ek altyd sonder ophou in my gebede van julle melding maak+ 10  en smeek dat ek, indien enigsins moontlik, nou uiteindelik deur die wil+ van God daarin sal slaag om na julle toe te kom. 11  Want ek verlang om julle te sien+ om julle die een of ander geestelike gawe+ te kan meedeel sodat julle standvastig gemaak kan word; 12  of liewer, dat daar wedersydse aanmoediging+ onder julle kan wees, deurdat elkeen aangemoedig word deur middel van die ander een se geloof,+ julle s’n sowel as myne. 13  Maar ek wil nie hê dat julle onbewus daarvan moet wees nie, broers,+ dat ek my dikwels voorgeneem het om na julle toe te kom+—maar ek is tot nou toe verhinder—sodat ek ook onder julle, net soos onder die res van die nasies, vrugte+ kan insamel. 14  Teenoor Grieke sowel as Barbare, teenoor wyses+ sowel as onverstandiges is ek ’n skuldenaar: 15  daarom is ek gretig om ook aan julle wat daar in Rome+ is, die goeie nuus bekend te maak.+ 16  Want ek skaam my nie+ vir die goeie nuus nie; dit is trouens God se krag+ tot redding vir elkeen wat geloof het,+ eers vir die Jood,+ en ook vir die Griek;+ 17  want daarin word God se regverdigheid+ geopenbaar weens geloof+ en tot geloof, net soos daar geskrywe staan: “Maar die regverdige—deur middel van geloof sal hy lewe.”+ 18  Want God se gramskap+ word vanuit die hemel geopenbaar teen alle goddeloosheid en onregverdigheid+ van die mense wat die waarheid+ op onregverdige wyse onderdruk,+ 19  omdat wat omtrent God bekend kan wees, onder hulle openbaar is,+ want God het dit aan hulle openbaar gemaak.+ 20  Want sy onsigbare+ eienskappe word van die wêreld se skepping af duidelik gesien,+ omdat hulle waargeneem word in die dinge wat gemaak is,+ ja, sy ewige krag+ en Godheid,+ sodat hulle onverskoonbaar is;+ 21  want hoewel hulle God geken het, het hulle hom nie as God verheerlik nie en hom ook nie gedank nie,+ maar hulle het leeghoofdig+ in hulle redenasies geword en hulle onintelligente harte het verduisterd geword.+ 22  Hoewel hulle verklaar het dat hulle wys is, het hulle dwaas geword+ 23  en die heerlikheid+ van die onverderflike God verander in iets soos die beeld+ van ’n verderflike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.+ 24  Daarom het God hulle, in ooreenstemming met die begeertes van hulle harte, aan onreinheid oorgegee,+ sodat hulle liggame+ onder mekaar onteer sou word,+ 25  ja, dié wat die waarheid+ van God vir die leuen+ verruil het en wat eer bewys het en heilige diens verrig het aan die skepping pleks van aan die Een wat geskep het, wat tot in ewigheid geloof moet word. Amen. 26  Daarom het God hulle aan skandelike geslagsdrifte oorgegee,+ want ook hulle vroue het die natuurlike gebruik van hulleself verander in een wat teen die natuur is;+ 27  en net so het ook die mans die natuurlike gebruik van die vrou laat vaar+ en hewig in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand, mans met mans,+ en onwelvoeglikheid+ bedryf en in hulleself die volle vergelding ontvang+ wat hulle vir hulle dwaling verdien het.+ 28  En net soos hulle dit nie goedgevind het om God in juiste kennis+ te hou nie, het God hulle aan ’n afgekeurde geestestoestand+ oorgegee, om die dinge te doen wat nie gepas is nie,+ 29  want hulle was vervul met alle onregverdigheid,+ goddeloosheid,+ hebsug,+ slegtheid;+ vol afguns,+ moord,+ twis,+ bedrog,+ kwaadwilligheid;+ fluisteraars,+ 30  kwaadsprekers,+ haters van God, vermetel,+ hoogmoedig,+ aanmatigend,+ uitvinders van skadelike dinge,+ ongehoorsaam aan ouers,+ 31  sonder begrip,+ ontrou aan ooreenkomste,+ sonder natuurlike geneentheid,+ onbarmhartig.+ 32  Hoewel hulle baie goed vertroud is met die regverdige verordening van God,+ dat dié wat sulke dinge beoefen die dood verdien,+ hou hulle nie net aan om dit te doen nie, maar hulle skenk ook hulle goedkeuring+ aan dié wat dit beoefen.

Voetnote