Romeine 10:1-21

10  Broers, die welwillendheid van my hart en my smeking tot God vir hulle is inderdaad met die oog op hulle redding.+  Want ek getuig van hulle dat hulle ’n ywer+ vir God het; maar nie ooreenkomstig juiste kennis+ nie;  want omdat hulle die regverdigheid van God+ nie ken nie maar hulle eie tot stand probeer bring,+ het hulle hulle nie aan die regverdigheid van God onderwerp nie.+  Want Christus is die einde van die Wet,+ sodat elkeen wat geloof beoefen, regverdigheid kan verkry.+  Want Moses skryf dat die mens wat die regverdigheid van die Wet gedoen het, daardeur sal lewe.+  Maar die regverdigheid wat uit geloof voortspruit, spreek soos volg: “Moenie in jou hart sê nie:+ ‘Wie sal in die hemel opvaar?’+ dit is, om Christus+ af te bring;  of: ‘Wie sal in die afgrond neerdaal?’+ dit is, om Christus uit die dode op te bring.”+  Maar wat sê dit? “Die woord is naby jou, in jou eie mond en in jou eie hart”;+ dit is die “woord”+ van geloof, wat ons verkondig.+  Want as jy daardie ‘woord in jou eie mond’, dat Jesus Here is,+ in die openbaar bekend maak+ en in jou hart geloof beoefen dat God hom uit die dode opgewek het,+ sal jy gered word.+ 10  Want met die hart+ beoefen ’n mens geloof tot regverdigheid, maar met die mond doen ’n mens openbare bekendmaking+ tot redding. 11  Want die Skrifgedeelte sê: “Niemand wat sy geloof op hom grond,+ sal teleurgestel word nie.”+ 12  Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie,+ want oor almal is daar dieselfde Here, wat ryk is+ teenoor almal wat hom aanroep. 13  Want “elkeen wat die naam van Jehovah aanroep, sal gered word”.+ 14  Maar hoe sal hulle hom aanroep in wie hulle nie geloof gestel het nie?+ En hoe sal hulle geloof stel in hom van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe sal hulle hoor sonder dat iemand preek?+ 15  En hoe sal hulle preek tensy hulle uitgestuur is?+ Net soos daar geskrywe staan: “Hoe lieflik is die voete van dié wat goeie nuus van goeie dinge bekend maak!”+ 16  Tog het hulle nie almal die goeie nuus gehoorsaam nie.+ Want Jesaja sê: “Jehovah, wie het geloof gestel in wat by ons gehoor is?”+ 17  Geloof volg dus op wat gehoor word.+ En wat gehoor word, is deur die woord oor Christus.+ 18  Nietemin vra ek: Het hulle miskien nie gehoor nie? Kyk, in werklikheid ‘het hulle geluid oor die hele aarde uitgegaan+ en hulle woorde tot aan die eindes van die bewoonde aarde’.+ 19  Nietemin vra ek: Het Israel miskien nie geweet nie?+ Eerstens sê Moses: “Ek sal julle tot jaloesie opwek deur wat nie ’n nasie is nie; ek sal julle tot hewige toorn opwek deur ’n dwase nasie.”+ 20  Maar Jesaja raak baie vrymoedig en sê: “Ek is gevind deur dié wat my nie gesoek het nie;+ ek het openbaar geword aan dié wat nie na my gevra het nie.”+ 21  Maar wat Israel betref, sê hy: “Die hele dag deur het ek my hande uitgestrek na ’n volk wat ongehoorsaam is+ en teëpraat.”+

Voetnote