Romeine 11:1-36
11 Ek vra dan: God het sy volk tog nie verwerp nie, of hoe?+ Mag dit nooit gebeur nie! Want ek is ook ’n Israeliet,+ van die saad van Abraham, uit die stam Benjamin.+
2 God het sy volk, wat hy eerste erken het, nie verwerp nie.+ Weet julle dan nie wat die Skrifgedeelte in verband met Eliʹa sê wanneer hy Israel by God aankla nie?+
3 “Jehovah, hulle het u profete doodgemaak, hulle het u altare uitgegrawe, en ek alleen het oorgebly, en hulle soek my siel.”+
4 Maar wat sê die goddelike verklaring+ vir hom? “Ek het seweduisend manne vir myself laat oorbly, manne wat nie die knie voor Baäl gebuig het nie.”+
5 So het daar dan ook in die teenswoordige tyd ’n oorblyfsel+ verskyn ooreenkomstig ’n verkiesing+ weens onverdiende goedhartigheid.
6 As dit dan nou deur onverdiende goedhartigheid is,+ is dit nie meer weens werke nie;+ anders is die onverdiende goedhartigheid nie meer onverdiende goedhartigheid nie.+
7 Wat dan? Juis wat Israel ernstig soek, het hy nie verkry nie,+ maar die uitverkorenes+ het dit verkry. Die res se gevoeligheid is afgestomp;+
8 net soos daar geskrywe staan: “God het hulle ’n gees van diepe slaap gegee,+ oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.”+
9 Ook sê Dawid: “Laat hulle tafel vir hulle ’n strik en ’n val en ’n struikelblok en ’n vergelding word;+
10 laat hulle oë verduisterd word om nie te sien nie, en buig altyd hulle rug krom.”+
11 Daarom vra ek: Het hulle gestruikel sodat hulle heeltemal geval het?+ Mag dit nooit gebeur nie! Maar deur hulle misstap+ is daar redding vir mense van die nasies,+ om hulle tot jaloesie op te wek.+
12 As hulle misstap dan nou rykdom vir die wêreld beteken en hulle afname rykdom vir mense van die nasies,+ hoeveel te meer sal hulle volle getal+ dit tog beteken!
13 Ek praat dan nou met julle wat mense van die nasies is. Aangesien ek in werklikheid ’n apostel+ vir die nasies is,+ verheerlik+ ek my bediening,+
14 as ek tog maar op die een of ander wyse dié wat my eie vlees is, tot jaloesie kan opwek en party uit hulle+ kan red.+
15 Want as hulle verwerping+ versoening+ vir die wêreld beteken, wat sal hulle aanneming dan anders beteken as lewe uit die dode?
16 En as die deel wat as eerstelinge+ geneem word, heilig is, is die deeg ook; en as die wortel heilig is,+ is die takke ook.
17 As party van die takke egter afgebreek is, maar jy, hoewel ’n wilde olyf, tussen hulle geënt+ is en ’n deelgenoot van die olyf+ se wortel van vetheid+ geword het,
18 moet jy jou nie oor die takke verheug nie. As jy jou egter oor hulle verheug+—dit is nie jy wat die wortel dra nie,+ maar die wortel vir jou.+
19 Jy sal dan sê: “Takke is afgebreek+ sodat ek geënt kon word.”+
20 Reg! Weens hulle gebrek aan geloof+ is hulle afgebreek, maar jy staan deur geloof.+ Hou op om hoë idees te koester,+ maar vrees.+
21 Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal hy jou ook nie spaar nie.+
22 Let dan op God se goedhartigheid+ en strengheid.+ Strengheid teenoor dié wat geval het,+ maar God se goedhartigheid teenoor jou, mits jy in sy goedhartigheid bly;+ anders sal jy ook afgekap word.+
23 Ook hulle sal, as hulle nie in hulle gebrek aan geloof bly nie, geënt word;+ want God kan hulle weer ent.
24 Want as jy uitgesny is uit die olyfboom wat van nature wild is en teen die natuur op die mak olyfboom geënt is,+ hoeveel te meer sal dié wat natuurlike takke is, dan op hulle eie olyfboom geënt word!+
25 Want ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees omtrent hierdie heilige geheim+ nie, broers, sodat julle nie in julle eie oë verstandig sal wees nie: dat ’n afstomping van gevoeligheid+ gedeeltelik oor Israel gekom het totdat die volle getal+ mense van die nasies ingekom het,+
26 en op hierdie manier sal die hele Israel+ gered word. Net soos daar geskrywe staan: “Die verlosser sal uit Sion kom+ en goddelose gebruike van Jakob afwend.+
27 En dit is van my kant die verbond met hulle,+ wanneer ek hulle sondes wegneem.”+
28 Met betrekking tot die goeie nuus is hulle weliswaar vyande ter wille van julle,+ maar met betrekking tot God se verkiesing is hulle geliefdes ter wille van hulle voorvaders.+
29 Want die gawes en die roeping van God is nie dinge waaroor hy sal spyt voel nie.+
30 Want net soos julle eens aan God ongehoorsaam was,+ maar nou weens hulle ongehoorsaamheid+ barmhartigheid bewys is,+
31 so was ook hulle nou ongehoorsaam, wat vir julle barmhartigheid tot gevolg gehad het,+ sodat ook hulle nou barmhartigheid bewys kan word.
32 Want God het hulle almal saam in ongehoorsaamheid opgesluit,+ sodat hy aan hulle almal barmhartigheid kon bewys.+
33 O die diepte van God se rykdom+ en wysheid+ en kennis!+ Hoe ondeurgrondelik is sy oordele+ en hoe onnaspeurlik sy weë!
34 Want “wie het Jehovah se denke leer ken,+ of wie het sy raadgewer geword?”+
35 Of: “Wie het eers iets vir hom gegee, sodat hy daarvoor vergoed moet word?”+
36 Want uit hom en deur hom en vir hom is alles.+ Aan hom die heerlikheid tot in ewigheid.+ Amen.