Romeine 12:1-21

12  Gevolglik versoek ek julle dringend op grond van die medelye van God, broers, om julle liggaam+ aan te bied as ’n offerande+ wat lewend,+ heilig+ en vir God aanneemlik is,+ ’n heilige diens+ met julle denkvermoë.+  En moenie langer na hierdie stelsel van dinge gevorm word nie,+ maar word verander deur julle verstand te hervorm,+ dat julle kan seker maak+ wat die goeie en aanneemlike en volmaakte wil+ van God is.  Want deur die onverdiende goedhartigheid wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen daar onder julle om nie meer van homself te dink as wat dit nodig is om te dink nie,+ maar om só te dink dat hy ’n gesonde verstand het,+ elkeen na die maat+ van geloof+ wat God aan hom toebedeel het.  Want net soos ons in een liggaam baie lede het,+ maar die lede nie almal dieselfde funksie het nie,  so is ons, hoewel baie, een liggaam+ in eenheid met Christus, maar lede wat afsonderlik aan mekaar behoort.+  Aangesien ons dan gawes het wat verskil+ ooreenkomstig die onverdiende goedhartigheid+ wat aan ons gegee is, of dit nou profesie is, laat ons profeteer ooreenkomstig die geloof wat aan ons toegemeet is;  of ’n bediening, laat ons ons toelê op hierdie bediening;+ of hy wat leer,+ laat hy hom toelê op sy onderrigting;+  of hy wat vermaan, laat hy hom toelê op sy vermaning;+ hy wat uitdeel, laat hy dit doen met milddadigheid;+ hy wat die leiding neem,+ laat hy dit doen in alle erns; hy wat barmhartigheid bewys,+ laat hy dit doen met blymoedigheid.  Laat julle liefde+ sonder huigelary wees.+ Verafsku wat goddeloos is,+ hou vas aan wat goed is.+ 10  In broederliefde+ moet julle tere geneentheid vir mekaar hê. Neem die leiding in eerbetoning+ aan mekaar. 11  Moenie traag wees in julle bedrywighede nie.+ Gloei van die gees.+ Dien Jehovah as slawe.+ 12  Verbly julle in die hoop.+ Volhard onder verdrukking.+ Hou vol met gebed.+ 13  Deel met die heiliges na gelang van hulle behoeftes.+ Volg die weg van gasvryheid.+ 14  Hou aan om dié te seën wat julle vervolg;+ seën+ en moenie vervloek+ nie. 15  Wees bly saam met mense wat bly is;+ huil saam met mense wat huil. 16  Julle moet dieselfde gesindheid teenoor ander hê as teenoor julleself;+ moenie hoë dinge bedink nie,+ maar word saam met die nederige dinge gelei.+ Moenie in julle eie oë verstandig word nie.+ 17  Moet niemand kwaad vir kwaad+ vergeld nie. Verskaf goeie dinge voor die oë van alle mense. 18  Wees, indien moontlik, sover dit van julle afhang, vreedsaam+ teenoor alle mense. 19  Moet julle nie wreek nie,+ geliefdes, maar gee plek vir die gramskap;+ want daar staan geskrywe: “Die wraak is myne; ek sal vergeld, sê Jehovah.”+ 20  Maar “as jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink;+ want deur dit te doen, sal jy vurige kole op sy hoof hoop”.+ 21  Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar hou aan om die kwaad met die goeie te oorwin.+

Voetnote