Romeine 13:1-14

13  Laat elke siel onderdanig+ wees aan die hoër owerhede,+ want daar is geen gesag+ behalwe deur God nie;+ die bestaande owerhede is deur God+ in hulle relatiewe+ posisies geplaas.  Daarom het hy wat die owerheid teëstaan, teen die reëling van God stelling ingeneem; dié wat daarteen stelling ingeneem het, sal ’n oordeel oor hulle ontvang.+  Want dié wat heers, is nie ’n voorwerp van vrees vir die goeie daad nie, maar vir die slegte.+ Wil jy dan geen vrees vir die owerheid hê nie? Hou aan om goed te doen,+ en jy sal lof van hom ontvang;  want hy is God se dienaar vir jou, tot jou beswil.+ Maar as jy doen wat sleg is,+ moet jy vrees: want dit is nie verniet dat hy die swaard dra nie; want hy is God se dienaar, ’n wreker+ om gramskap te bring oor die een wat beoefen wat sleg is.  Daar is dus dwingende rede vir julle om onderdanig te wees, nie net weens die gramskap nie, maar ook weens julle gewete.+  Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is God se openbare dienaars+ wat voortdurend juis met dié doel dien.  Gee aan almal wat hulle toekom: aan hom wat die belasting verlang, die belasting;+ aan hom wat die skatting verlang, die skatting; aan hom wat vrees verlang, sulke vrees;+ aan hom wat eer verlang, sulke eer.+  Julle moet niemand enigiets verskuldig wees nie,+ behalwe om mekaar lief te hê;+ want hy wat sy medemens liefhet, het die wet vervul.+  Want die wetsbepalings: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie,+ Jy mag nie moord pleeg nie,+ Jy mag nie steel nie,+ Jy mag nie hebsugtig begeer nie”,+ en watter ander gebod daar ook al is, word in hierdie woord saamgevat, naamlik: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”+ 10  Die liefde+ doen die naaste geen kwaad aan nie;+ daarom is die liefde die vervulling van die wet.+ 11  Doen dit ook omdat julle die tyd ken, dat dit reeds die uur is vir julle om uit die slaap te ontwaak,+ want nou is ons redding nader as toe ons gelowiges geword het.+ 12  Die nag het ver gevorder; die dag+ het naby gekom. Laat ons dus die werke wat tot die duisternis behoort, aflê,+ en laat ons die wapens+ van die lig aangord. 13  Laat ons welvoeglik wandel,+ soos in die dag, nie in swelgerye en dronkenskap+ nie, nie in ongeoorloofde gemeenskap en losbandige gedrag+ nie, nie in twis+ en jaloesie nie. 14  Maar beklee julle met die Here Jesus Christus,+ en moenie vooruitbeplan vir die begeertes van die vlees nie.+

Voetnote