Romeine 14:1-23

14  Verwelkom die persoon wat swakhede+ in sy geloof het, maar nie om beslissings oor innerlike+ twyfelvrae te neem nie.  Een persoon het geloof om alles te eet,+ maar die persoon wat swak is, eet groente.  Laat die een wat eet, nie neersien op die een wat nie eet nie,+ en laat die een wat nie eet nie, die een wat eet, nie oordeel nie, want God het hom verwelkom.  Wie is jy om ’n ander se huiskneg te oordeel?+ Hy staan of val ten opsigte van sy eie heer.+ Trouens, hy sal staande gehou word, want Jehovah kan hom staande hou.+  Die een persoon oordeel dat die een dag bo die ander is;+ ’n ander oordeel dat die een dag gelyk aan al die ander is;+ laat elkeen heeltemal oortuig wees in sy eie verstand.  Hy wat die dag hou, hou dit vir Jehovah. En hy wat eet, eet vir Jehovah,+ want hy dank God;+ en hy wat nie eet nie, eet nié vir Jehovah,+ en tog dank hy God.+  Trouens, niemand van ons lewe net vir homself nie,+ en niemand sterf net vir homself nie;  want as ons lewe, lewe ons vir Jehovah,+ en ook as ons sterf, sterf ons vir Jehovah.+ Of ons dan lewe en of ons sterf, ons behoort aan Jehovah.+  Want hiervoor het Christus gesterf en weer lewend geword,+ om Here oor die dooies+ sowel as die lewendes+ te wees. 10  Maar waarom oordeel jy jou broer?+ Of waarom sien jy ook neer op jou broer? Want ons sal almal voor die regterstoel+ van God staan; 11  want daar staan geskrywe: “‘So waar as ek lewe’, sê Jehovah,+ ‘voor my sal elke knie buig, en elke tong sal God openlik erken.’”+ 12  So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.+ 13  Laat ons mekaar dus nie langer oordeel nie,+ maar neem liewer hierdie besluit:+ om ’n broer+ nie ’n struikelblok+ of iets wat hom kan laat val, in die weg te lê nie. 14  Ek weet en is daarvan oortuig in die Here Jesus dat niks op sigself verontreinig is nie;+ net wanneer iemand iets as verontreinig beskou—vir hom is dit verontreinig.+ 15  Want as jou broer weens voedsel bedroef gemaak word, wandel jy nie meer in ooreenstemming met die liefde nie.+ Moenie deur jou voedsel dié een vir wie Christus gesterf het, te gronde rig nie.+ 16  Moet dus nie dat daar tot nadeel van julle gepraat word oor die goeie wat julle doen nie. 17  Want die koninkryk van God+ beteken nie voedsel en drank nie,+ maar beteken regverdigheid+ en vrede+ en vreugde+ met heilige gees. 18  Want hy wat Christus in hierdie opsig as slaaf dien, is vir God aanneemlik en dra die mense se goedkeuring weg.+ 19  Laat ons dan die dinge nastreef wat vrede bevorder+ en die dinge wat vir mekaar opbouend is.+ 20  Hou op om die werk van God bloot ter wille van voedsel af te breek.+ Alles is weliswaar rein, maar dit is skadelik vir die mens wat eet as dit tot struikeling aanleiding kan gee.+ 21  Dit is goed om nie vleis te eet of wyn te drink of enigiets te doen waaroor jou broer struikel nie.+ 22  Die geloof wat jy het, moet jy ooreenkomstig jouself voor die aangesig van God hê.+ Gelukkig is die mens wat hom nie oordeel op die hals haal deur wat hy goedkeur nie. 23  Maar as hy twyfel, is hy reeds veroordeel as hy eet,+ omdat hy nie uit geloof eet nie. Ja, alles wat nie uit geloof is nie, is sonde.+

Voetnote