Romeine 15:1-33

15  Maar ons wat sterk is, behoort die swakhede te dra van dié wat nie sterk is nie+ en nie onsself te behaag nie.+  Laat elkeen van ons sy naaste behaag in wat goed is vir sy opbouing.+  Want selfs die Christus het homself nie behaag nie;+ maar net soos daar geskrywe staan: “Die smaadhede van dié wat u gesmaad het, het op my geval.”+  Want alles wat tevore geskryf is, is tot ons onderrigting+ geskryf,+ sodat ons deur ons volharding+ en deur die vertroosting+ van die Skrif hoop kan hê.+  En mag die God wat volharding en vertroosting verskaf, gee dat julle dieselfde geestesgesindheid+ onder mekaar sal hê as wat Christus Jesus gehad het,  sodat julle die God en Vader van ons Here Jesus Christus eendragtig+ uit een mond kan verheerlik.  Verwelkom mekaar dus,+ net soos die Christus ons ook verwelkom het,+ tot heerlikheid van God.  Want ek sê dat Christus in werklikheid ter wille van God se waaragtigheid+ ’n dienaar+ van die besnedenes+ geword het, om die beloftes te bevestig+ wat Hy aan hulle voorvaders gemaak het  en sodat die nasies+ God weens sy barmhartigheid sou verheerlik.+ Net soos daar geskrywe staan: “Daarom sal ek u openlik onder die nasies erken, en u naam sal ek met melodieë besing.”+ 10  En weer sê hy: “Wees bly, o nasies, saam met sy volk.”+ 11  En weer: “Loof Jehovah, alle nasies, en laat al die volke hom loof.”+ 12  En weer sê Jesaja: “Daar sal die wortel van Isai wees,+ en daar sal iemand wees wat opstaan om oor nasies te heers;+ op hom sal nasies hulle hoop vestig.”+ 13  Mag die God wat hoop gee, julle met alle vreugde en vrede vervul deurdat julle glo, sodat julle oorvloedig kan wees in hoop met krag van die heilige gees.+ 14  Ook ek is dan nou oortuig aangaande julle, my broers, dat julle self ook vol goedheid is, aangesien julle met alle kennis vervul is,+ en dat julle ook mekaar ernstig kan vermaan.+ 15  Oor sommige punte skryf ek egter meer ronduit aan julle, asof om julle weer daaraan te herinner,+ kragtens die onverdiende goedhartigheid wat deur God aan my gegee is+ 16  om ’n openbare dienaar van Christus Jesus vir die nasies te wees+ en aan die heilige werk van die goeie nuus van God deel te neem,+ sodat die offer,+ naamlik hierdie nasies, aanneemlik kan wees,+ aangesien dit met heilige gees geheilig is.+ 17  Daarom het ek rede tot vreugde in Christus Jesus+ wanneer dit by dinge aangaande God kom.+ 18  Want ek sal dit nie waag om ’n enkele ding te sê as dit nie van dié dinge is wat Christus deur my tot stand gebring het+ om die nasies tot gehoorsaamheid te bring nie,+ deur my woord+ en daad, 19  met die krag van tekens en voortekens,+ met die krag van die heilige gees; sodat ek van Jerusalem af en in ’n kring+ tot by Illiʹrikum die goeie nuus oor die Christus deeglik verkondig het.+ 20  Op hierdie manier het ek my dit inderdaad ten doel gestel om die goeie nuus nie bekend te maak waar die naam van Christus reeds genoem is nie, sodat ek nie op die fondament van ’n ander sou bou nie;+ 21  maar net soos daar geskrywe staan: “Dié aan wie geen aankondiging oor hom gedoen is nie, sal sien, en dié wat nie gehoor het nie, sal verstaan.”+ 22  Daarom is ek ook baiekeer verhinder om na julle toe te kom.+ 23  Maar noudat ek nie meer ongedekte gebied in hierdie streke het nie, en aangesien ek al ’n paar jaar die verlange het om na julle toe te kom+ 24  wanneer ek na Spanje op pad is,+ hoop ek bowenal om julle op my reis soontoe te sien en om deur julle ’n ent soontoe vergesel te word+ nadat ek eers in sekere mate deur julle geselskap bevredig is. 25  Maar nou staan ek op die punt om na Jerusalem te reis om die heiliges te bedien.+ 26  Want dié in Masedoʹnië en Agaʹje+ het met graagte hulle goed gedeel deur ’n bydrae+ aan die armes onder die heiliges in Jerusalem te gee. 27  Hulle het dit weliswaar met graagte gedoen, en tog was hulle hulle skuldenaars; want as die nasies in hulle geestelike dinge gedeel het,+ is hulle dit ook verskuldig om hulle in die openbaar met dinge vir die vleeslike liggaam te dien.+ 28  Nadat ek dan hiermee klaar is en hierdie vrug+ veilig by hulle besorg het, sal ek by julle langs na Spanje reis.+ 29  En ek weet dat wanneer ek na julle toe kom, ek met ’n volle mate van Christus se seën sal kom.+ 30  Ek vermaan julle dan nou, broers, deur ons Here Jesus Christus en deur die liefde van die gees,+ om julle saam met my in te span in gebede tot God vir my,+ 31  dat ek van die ongelowiges in Judeʹa verlos sal word+ en dat my bediening wat vir Jerusalem is,+ vir die heiliges aanneemlik sal wees,+ 32  sodat ek, wanneer ek deur God se wil met vreugde by julle kom, saam met julle verkwik sal word.+ 33  Mag die God wat vrede gee, met julle almal wees.+ Amen.

Voetnote