Romeine 16:1-27

16  Ek beveel ons suster Feʹbe, wat ’n dienares+ van die gemeente in Kenchreʹë+ is, by julle aan,  sodat julle haar sal verwelkom+ in die Here op ’n wyse wat die heiliges waardig is, en dat julle haar sal bystaan in enige saak waarin sy julle nodig mag hê,+ want sy was ook self ’n verdediger van baie, ja, ook van my.  Dra my groete oor aan Prisca en Aʹquila,+ my medewerkers+ in Christus Jesus,  wat hulle nekke vir my siel gewaag het,+ aan wie nie net ek dank betuig nie,+ maar ook al die gemeentes van die nasies;  en groet die gemeente wat in hulle huis is.+ Groet my geliefde Epeʹnetus, wat ’n eersteling+ van Asië vir Christus is.  Groet Maria, wat baie vir julle gearbei het.  Groet Androniʹkus en Juʹnias, my familielede+ en my medegevangenes,+ wat manne van aansien is onder die apostels en wat langer as ek in eenheid+ met Christus is.  Dra my groete oor+ aan Ampliaʹtus, my geliefde in die Here.  Groet Urbaʹnus, ons medewerker in Christus, en my geliefde Stagis. 10  Groet+ Apelʹles, die goedgekeurde in Christus. Groet dié uit die huis van Aristobuʹlus. 11  Groet Heroʹdion, my familielid.+ Groet dié uit die huis van Narsisʹsus wat in die Here is.+ 12  Groet Trifeʹna en Trifoʹsa, vroue wat hard werk in die Here. Groet Perʹsis, ons geliefde, want sy het baie in die Here gearbei. 13  Groet Rufus, die uitverkorene in die Here, en sy moeder en myne. 14  Groet Asinʹkritus, Flegon, Hermes, Paʹtrobas, Hermas en die broers by hulle.+ 15  Groet Filoʹlogus en Julia, Neʹreus en sy suster, en Olimʹpas en al die heiliges by hulle. 16  Groet mekaar met ’n heilige kus.+ Al die gemeentes van die Christus groet julle. 17  Ek vermaan julle dan nou, broers, om dié in die oog te hou wat, in stryd met die leer+ wat julle geleer het, verdeeldheid+ veroorsaak en tot struikeling aanleiding gee, en vermy hulle.+ 18  Want sulke mense is nie slawe van ons Here Christus nie, maar van hulle eie buik;+ en deur mooipraatjies+ en vleitaal+ verlei hulle die harte van onskuldiges. 19  Want julle gehoorsaamheid het aan almal bekend geword.+ Daarom verbly ek my oor julle. Maar ek wil hê dat julle wys moet wees+ ten opsigte van wat goed is, maar onskuldig+ ten opsigte van wat boos is.+ 20  Wat die God betref wat vrede gee,+ hy sal Satan binnekort onder julle voete verbrysel.+ Mag die onverdiende goedhartigheid van ons Here Jesus met julle wees.+ 21  Timoʹteus, my medewerker, groet julle, en so ook Luʹcius en Jason en Sosiʹpater, my familielede.+ 22  Ek, Terʹtius, wat hierdie brief geskryf het, groet julle in die Here. 23  Gajus,+ my gasheer en dié van die hele gemeente, groet julle. Erasʹtus, die stadsbestuurder,+ groet julle, en so ook Quartus, sy broer. 24  —— 25  En aan hom+ wat julle standvastig kan maak in ooreenstemming met die goeie nuus wat ek bekend maak en die prediking van Jesus Christus, volgens die openbaring van die heilige geheim+ wat vir lang tye verswyg is 26  maar nou openbaar gemaak is+ en deur middel van die profetiese geskrifte onder al die nasies bekend gemaak is in ooreenstemming met die bevel van die ewige God ter bevordering van gehoorsaamheid deur geloof;+ 27  aan God, alleen wys,+ die heerlikheid+ deur middel van Jesus Christus+ tot in ewigheid. Amen.

Voetnote