Romeine 2:1-29
2 Daarom is jy onverskoonbaar,+ o mens, wie jy ook al is, as jy oordeel;+ want in die aangeleentheid waarin jy ’n ander oordeel, veroordeel jy jouself, aangesien jy wat oordeel,+ dieselfde dinge beoefen.+
2 En ons weet dat die oordeel van God, in ooreenstemming met waarheid,+ teen dié is wat sulke dinge beoefen.
3 Maar dink jy, o mens,+ dat jy, wat diegene oordeel wat sulke dinge beoefen en dit nogtans self doen, aan die oordeel van God sal ontkom?+
4 Of verag jy die rykdom van sy goedhartigheid+ en verdraagsaamheid+ en lankmoedigheid,+ omdat jy nie weet dat die goedhartigheid van God jou tot berou probeer lei nie?+
5 Maar ooreenkomstig jou hardheid+ en onberouvolle hart+ gaar jy vir jou gramskap+ op op die dag van gramskap+ en van die openbaring+ van God se regverdige oordeel.+
6 En hy sal elkeen volgens sy werke vergeld:+
7 die ewige lewe vir dié wat deur volharding in goeie werk heerlikheid en eer en onverderflikheid+ soek;
8 maar vir dié wat twisgierig+ is en wat aan die waarheid ongehoorsaam+ maar aan onregverdigheid gehoorsaam is, sal daar gramskap en toorn wees,+
9 verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat skadelike dinge doen, eers van die Jood,+ en ook van die Griek;+
10 maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen,+ eers vir die Jood,+ en ook vir die Griek.+
11 Want daar is geen partydigheid by God nie.+
12 Almal wat byvoorbeeld sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet vergaan;+ maar almal wat onder die wet gesondig het,+ sal deur die wet geoordeel word.+
13 Want die hoorders van die wet is nie die regverdiges voor God nie, maar die daders+ van die wet sal regverdig verklaar word.+
14 Want wanneer mense van die nasies,+ wat geen wet het nie,+ van nature die dinge van die wet doen,+ is hierdie mense, al het hulle geen wet nie, ’n wet vir hulleself.
15 Dit is juis hulle wat toon dat die wese van die wet in hulle harte geskrywe staan,+ terwyl hulle gewete+ saam met hulle getuig en hulle eie gedagtes hulle onderling beskuldig+ of selfs verontskuldig.
16 Dit sal in die dag wees wanneer God deur Christus Jesus die verborge+ dinge van die mense+ oordeel,+ volgens die goeie nuus wat ek bekend maak.+
17 As jy dan nou in naam ’n Jood is+ en op die wet steun+ en jou op God beroem+
18 en jy sy wil ken+ en dinge goedkeur wat uitnemend is omdat jy mondeling uit die Wet onderrig word+
19 en jy daarvan oortuig is dat jy ’n gids vir die blindes is,+ ’n lig vir dié in duisternis,+
20 ’n teregwyser van die onredelikes,+ ’n leermeester van klein kindertjies,+ en die raamwerk+ van die kennis en van die waarheid+ in die Wet het—
21 leer jy, die een wat iemand anders leer, dan nie jouself nie?+ Jy, die een wat preek: “Moenie steel nie”,+ steel jy?+
22 Jy, die een wat sê: “Moenie egbreuk pleeg nie”,+ pleeg jy egbreuk? Jy, die een wat te kenne gee dat jy ’n afsku van die afgode het, beroof jy tempels?+
23 Jy wat jou op die wet beroem, doen jy God oneer aan deur jou oortreding van die Wet?+
24 Want “die naam van God word weens julle onder die nasies gelaster”;+ net soos daar geskrywe staan.
25 Die besnydenis+ is in werklikheid slegs van nut as jy die wet onderhou;+ maar as jy ’n oortreder van die wet is, het jou besnydenis+ onbesnedenheid+ geword.
26 As ’n onbesnedene+ dan die regverdige vereistes van die Wet nakom,+ sal sy onbesnedenheid as besnydenis gereken word, nie waar nie?+
27 En die persoon wat van nature onbesnede is, sal, deur die Wet na te kom, vir jou oordeel+ wat mét die geskrewe kode en besnydenis daarvan ’n oortreder van die wet is.
28 Want hy is nie ’n Jood wat dit uiterlik is nie,+ en ook is besnydenis nie dit wat uiterlik aan die vlees is nie.+
29 Maar hy is ’n Jood wat dit innerlik is,+ en sy besnydenis is dié van die hart+ deur gees, en nie deur ’n geskrewe kode+ nie. Die lof+ van so iemand kom nie van mense nie, maar van God.+