Romeine 3:1-31

3  Wat is dan die voorrang van die Jood,+ of wat is die nut van die besnydenis?+  Baie in elke opsig. In die eerste plek, omdat die heilige verklarings van God aan hulle toevertrou is.+  Wat is die geval dan? As party nie geloof geopenbaar het nie,+ sal hulle gebrek aan geloof dan miskien die getrouheid+ van God kragteloos maak?+  Mag dit nooit gebeur nie! Maar laat God waaragtig bevind word,+ al word elke mens ’n leuenaar bevind,+ net soos daar geskrywe staan: “Sodat u regverdig kan wees in u woorde en kan wen wanneer u geoordeel word.”+  Maar as ons onregverdigheid God se regverdigheid+ na vore bring, wat sal ons dan sê? God is tog nie onregverdig+ wanneer hy aan sy gramskap uiting gee nie, of hoe? (Ek praat soos ’n mens.+)  Mag dit nooit gebeur nie! Hoe sal God andersins die wêreld oordeel?+  Maar as die waarheid van God+ weens my leuen prominenter gemaak is tot sy heerlikheid, waarom word ek ook dan nog as ’n sondaar geoordeel?+  En waarom nie sê, net soos ons valslik daarvan beskuldig word+ en net soos party mense beweer ons sê: “Laat ons die slegte dinge doen, sodat die goeie dinge kan kom” nie?+ Die oordeel+ teen dié mense is in ooreenstemming met geregtigheid.+  Wat dan? Is ons in ’n beter posisie?+ Glad nie! Want hierbo het ons die beskuldiging gemaak dat Jode sowel as Grieke almal onder die sonde is;+ 10  net soos daar geskrywe staan: “Daar is nie ’n regverdige mens nie, nie eers een nie;+ 11  daar is niemand wat enige insig het nie, daar is niemand wat God soek nie.+ 12  Alle mense het afgewyk, hulle almal tesame het waardeloos geword; daar is niemand wat goedhartigheid betoon nie, daar is nie eers een nie.”+ 13  “Hulle keel is ’n oop graf, met hulle tonge het hulle bedrog gepleeg.”+ “Die gif van adders is agter hulle lippe.”+ 14  “En hulle mond is vol vervloeking en bitter uitinge.”+ 15  “Hulle voete is vinnig om bloed te vergiet.”+ 16  “Verderf en ellende is op hulle weë,+ 17  en hulle het die weg van vrede nie geken nie.”+ 18  “Daar is geen vrees vir God voor hulle oë nie.”+ 19  Ons weet dan nou dat die Wet+ alles wat dit sê, tot dié rig wat onder die Wet is, sodat elke mond gestop+ kan word en die hele wêreld voor God strafbaar+ kan word. 20  Daarom sal geen vlees deur werke van die wet voor hom regverdig verklaar word nie,+ want deur die wet+ is die juiste kennis van sonde.+ 21  Maar nou is God se regverdigheid+ openbaar gemaak sonder die wet, waarvan deur die Wet+ en die Profete+ getuig word;+ 22  ja, God se regverdigheid deur die geloof in Jesus Christus,+ vir almal wat geloof het.+ Want daar is geen onderskeid nie.+ 23  Want almal het gesondig+ en skiet te kort aan die heerlikheid van God,+ 24  en dit is as ’n vrye gawe+ dat hulle deur sy onverdiende goedhartigheid+ regverdig verklaar word op grond van die bevryding deur die losprys+ wat deur Christus Jesus betaal is. 25  God het hom gestel as ’n offer vir versoening+ deur geloof in sy bloed.+ Dit was om sy eie regverdigheid te toon, want hy het die sondes vergewe+ wat in die verlede plaasgevind het terwyl God verdraagsaamheid beoefen het,+ 26  ten einde sy eie regverdigheid+ in die teenswoordige tyd te toon, sodat hy regverdig sal wees ook wanneer hy die mens regverdig verklaar+ wat geloof in Jesus het. 27  Waar is die geroem dan?+ Dit is uitgesluit. Deur watter wet?+ Dié van werke?+ Nee, beslis nie, maar deur die wet van geloof.+ 28  Want ons reken dat ’n mens regverdig verklaar word deur geloof sonder werke van die wet.+ 29  Of is hy net die God van die Jode?+ Is hy dit nie ook van mense van die nasies nie?+ Ja, ook van mense van die nasies,+ 30  as God waarlik een is,+ wat besnedenes+ as gevolg van geloof regverdig sal verklaar en onbesnedenes+ deur middel van hulle geloof. 31  Maak ons dan die wet tot niet deur middel van ons geloof?+ Mag dit nooit gebeur nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.+

Voetnote