Romeine 5:1-21

5  Laat ons dan, noudat ons regverdig verklaar is as gevolg van geloof,+ vrede+ geniet met God deur ons Here Jesus Christus,  deur wie ons ook deur geloof ons toegang verkry het+ tot hierdie onverdiende goedhartigheid waarin ons nou staan; en laat ons ons verheug, op grond van hoop+ op die heerlikheid van God.  En nie net dit nie, maar laat ons ons verheug terwyl ons in verdrukkinge is,+ aangesien ons weet dat verdrukking volharding voortbring;+  volharding weer ’n goedgekeurde toestand;+ die goedgekeurde toestand weer hoop,+  en die hoop lei nie tot teleurstelling nie;+ omdat die liefde van God+ in ons harte uitgestort is+ deur middel van die heilige gees,+ wat aan ons gegee is.  Want Christus het inderdaad, terwyl ons nog swak was,+ op die vasgestelde tyd vir goddeloses gesterf.+  Want iemand sal beswaarlik vir ’n regverdige mens sterf;+ ja, vir die goeie+ mens het iemand miskien nog die moed om te sterf.+  Maar hierin beveel God sy eie liefde+ by ons aan, dat Christus vir ons gesterf het terwyl ons nog sondaars was.+  Veel meer sal ons dus, aangesien ons nou deur sy bloed regverdig verklaar is,+ deur middel van hom van gramskap gered word.+ 10  Want as ons, toe ons vyande was,+ met God versoen geraak het deur die dood van sy Seun,+ sal ons veel meer, noudat ons versoen geraak het, deur sy lewe gered word.+ 11  En nie net dit nie, maar ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.+ 12  Daarom, net soos deur een mens+ die sonde in die wêreld ingekom het en die dood+ deur die sonde en die dood só tot alle mense deurgedring het omdat hulle almal gesondig het+—. 13  Want tot met die Wet was die sonde in die wêreld, maar sonde word niemand toegereken wanneer daar geen wet is nie.+ 14  Nietemin het die dood as koning geheers van Adam tot by Moses,+ selfs oor dié wat nie gesondig het na die gelykheid van die oortreding deur Adam+ nie, wat ’n ooreenkoms toon met hom wat sou kom.+ 15  Maar dit is met die gawe nie soos dit met die oortreding was nie. Want as baie deur een mens se oortreding gesterf het, was die onverdiende goedhartigheid van God en sy vrye gawe saam met die onverdiende goedhartigheid deur die een mens+ Jesus Christus veel oorvloediger vir baie.+ 16  Ook is dit met die vrye gawe+ nie soos dit was met die wyse waarop dinge uitgewerk het deur middel van die een mens wat gesondig het nie.+ Want die oordeel+ het uit een oortreding tot veroordeling gelei,+ maar die gawe het uit baie oortredings tot ’n regverdigverklaring gelei.+ 17  Want as die dood deur die oortreding van die een mens+ as koning geheers het+ deur middel van hom, veel meer sal dié wat die oorvloed van die onverdiende goedhartigheid+ en van die vrye gawe+ van regverdigheid ontvang, in die lewe as konings heers+ deur middel van die een persoon, Jesus Christus.+ 18  Daarom dan, soos dit deur een oortreding vir alle soorte mense tot veroordeling gelei het,+ net so lei dit ook deur een daad van regverdiging+ vir alle soorte mense+ tot regverdigverklaring vir die lewe.+ 19  Want net soos baie+ deur die ongehoorsaamheid van die een mens sondaars gemaak is, so sal ook baie+ deur die gehoorsaamheid+ van die een persoon regverdig gemaak word.+ 20  En die Wet+ het daarnaas ingekom sodat oortreding oorvloedig sou word.+ Maar waar die sonde+ oorvloedig geword het, het onverdiende goedhartigheid+ nog oorvloediger geword. 21  Met watter doel? Sodat, net soos die sonde as koning geheers het saam met die dood,+ die onverdiende goedhartigheid+ ook as koning sou heers deur middel van regverdigheid met die ewige lewe+ in die vooruitsig deur middel van Jesus Christus, ons Here.

Voetnote