Romeine 6:1-23

6  Wat sal ons gevolglik sê? Sal ons in die sonde bly, sodat onverdiende goedhartigheid oorvloedig kan word?+  Mag dit nooit gebeur nie! Hoe sal ons, aangesien ons met betrekking tot die sonde gesterf het,+ aanhou om nog langer daarin te lewe?+  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is,+ in sy dood gedoop is nie?+  Daarom is ons saam met hom begrawe+ deur middel van ons doop in sy dood, sodat, net soos Christus deur middel van die heerlikheid van die Vader uit die dode opgewek is,+ ons ook in ’n nuutheid van lewe sou wandel.+  Want as ons een met hom geword het in die gelykheid van sy dood,+ sal ons beslis ook een met hom wees in die gelykheid van sy opstanding;+  want ons weet dat ons ou persoonlikheid saam met hom aan die paal gehang is,+ sodat ons sondige liggaam onbedrywig gemaak kon word,+ sodat ons nie langer slawe van die sonde sou bly nie.+  Want hy wat gesterf het, is van sy sonde vrygespreek.+  Wat meer is, as ons saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met hom sal lewe.+  Want ons weet dat Christus, noudat hy uit die dode opgewek is,+ nie meer sterf nie;+ die dood is nie meer meester oor hom nie. 10  Want die dood wat hy gesterf het, het hy eens en vir altyd met betrekking tot die sonde gesterf;+ maar die lewe wat hy lewe, lewe hy met betrekking tot God.+ 11  So ook julle: beskou julleself inderdaad as dood+ met betrekking tot die sonde, maar as lewend+ met betrekking tot God deur Christus Jesus. 12  Moet dan nie toelaat dat die sonde langer as koning in julle sterflike liggaam heers+ sodat julle die begeertes daarvan gehoorsaam nie.+ 13  Moet ook nie voortgaan om julle lede vir die sonde aan te bied+ as wapens van onregverdigheid+ nie, maar bied julleself vir God aan as dié wat lewend+ geword het uit die dode, en ook julle lede vir God as wapens+ van regverdigheid. 14  Want die sonde moet nie meester oor julle wees nie, aangesien julle nie onder die wet is nie+ maar onder onverdiende goedhartigheid.+ 15  Wat volg daaruit? Sal ons ’n sonde begaan omdat ons nie onder die wet is nie+ maar onder onverdiende goedhartigheid?+ Mag dit nooit gebeur nie! 16  Weet julle nie dat as julle aanhou om julleself as slawe vir iemand aan te bied om hom te gehoorsaam, julle slawe van hom is omdat julle hom gehoorsaam nie,+ hetsy van die sonde+ met die dood in die vooruitsig,+ of van gehoorsaamheid+ met regverdigheid+ in die vooruitsig? 17  Maar ons dank God dat julle slawe van die sonde was, maar uit die hart gehoorsaam geword het aan dié vorm van leer waaraan julle oorgegee is.+ 18  Ja, aangesien julle van die sonde vrygemaak is,+ het julle slawe+ van die regverdigheid+ geword. 19  Ek spreek in menslike terme weens die swakheid van julle vlees:+ want net soos julle julle lede as slawe aangebied het+ vir die onreinheid+ en wetteloosheid met wetteloosheid in die vooruitsig, so moet julle nou julle lede as slawe aanbied vir die regverdigheid met heiligheid in die vooruitsig.+ 20  Want toe julle slawe van die sonde was,+ was julle vry ten opsigte van die regverdigheid. 21  Wat was die vrug+ dan wat julle toe gehad het? Dinge+ waaroor julle julle nou skaam. Want die uiteinde van dié dinge is die dood.+ 22  Nou het julle egter, omdat julle van die sonde vrygemaak is maar slawe van God geword het,+ julle vrug+ ten opsigte van heiligheid, en die uiteinde—die ewige lewe.+ 23  Want die loon wat die sonde betaal, is die dood,+ maar die gawe+ wat God gee, is die ewige lewe+ deur Christus Jesus, ons Here.+

Voetnote