Romeine 7:1-25

7  Kan dit wees dat julle nie weet nie, broers (want ek praat met dié wat die wet ken), dat die Wet meester oor ’n mens is solank hy lewe?+  ’n Getroude vrou is byvoorbeeld deur die wet aan haar man gebind terwyl hy lewe; maar as haar man sterf, is sy onthef van die wet van haar man.+  Daarom sal sy dan ’n egbreekster genoem word as sy ’n ander man s’n word terwyl haar man lewe.+ Maar as haar man sterf, is sy vry van sy wet, sodat sy nie ’n egbreekster is as sy ’n ander man s’n word nie.+  So is julle ook, my broers, deur middel van die liggaam van die Christus gedood ten opsigte van die Wet,+ sodat julle aan ’n ander kon behoort,+ aan die een wat uit die dode opgewek is,+ sodat ons vir God vrug sou dra.+  Want toe ons in ooreenstemming met die vlees was,+ was die sondige hartstogte wat deur die Wet gewek is, in ons lede aan die werk sodat ons vir die dood vrug sou voortbring.+  Maar nou is ons van die Wet onthef,+ want ons het gesterf+ ten opsigte van dit waardeur ons vasgehou is, sodat ons in ’n nuwe sin slawe+ kan wees deur die gees,+ en nie in die ou sin deur die geskrewe kode nie.+  Wat sal ons dan sê? Is die Wet sonde?+ Mag dit nooit die geval word nie! Trouens, ek sou die sonde nie leer ken het+ as die Wet nie daar was nie; en ek sou byvoorbeeld nie hebsug+ geken het as die Wet nie gesê het: “Jy mag nie hebsugtig begeer nie.”+  Maar die sonde, wat deur die gebod aanleiding ontvang het,+ het elke soort hebsug in my bewerk, want sonder die wet was die sonde dood.+  Trouens, ek was eens lewend sonder die wet;+ maar toe die gebod kom,+ het die sonde weer lewend geword, maar het ek gesterf.+ 10  En ek het gevind dat die gebod wat tot die lewe was,+ eintlik die dood beteken.+ 11  Want die sonde, wat deur die gebod aanleiding ontvang het, het my verlei+ en my daardeur doodgemaak. 12  Derhalwe is die Wet self heilig,+ en die gebod is heilig en regverdig+ en goed.+ 13  Het die goeie dan vir my die dood geword? Mag dit nooit gebeur nie! Maar die sonde het wel, sodat dit uitgewys kon word as sonde wat vir my die dood bewerk deur wat goed is;+ sodat die sonde baie sondiger kon word deur die gebod.+ 14  Want ons weet dat die Wet geestelik is;+ maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.+ 15  Want wat ek bewerk, weet ek nie. Want wat ek wil, dit beoefen ek nie; maar wat ek haat, dit doen ek. 16  As ek egter doen wat ek nie wil nie,+ gee ek toe dat die Wet goed is.+ 17  Maar nou is dit nie meer ek wat dit bewerk nie, maar die sonde wat in my woon.+ 18  Want ek weet dat daar in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie;+ want die vermoë om te wil,+ is by my aanwesig, maar die vermoë om die goeie te bewerk,+ is nie. 19  Want die goeie wat ek wil, doen ek nie,+ maar die slegte wat ek nie wil nie, dit beoefen ek. 20  As ek dan nou doen wat ek nie wil nie, is dit nie meer ek wat dit bewerk nie, maar die sonde wat in my woon.+ 21  Ek vind dus hierdie wet in my geval: wanneer ek wil doen wat reg is,+ is die slegte by my aanwesig.+ 22  Ek skep werklik behae+ in die wet van God na die mens+ wat ek innerlik is, 23  maar ek sien in my lede+ ’n ander wet, wat stryd voer+ teen die wet van my verstand+ en my wegvoer as gevangene van die wet van die sonde+ wat in my lede is. 24  Ellendige mens wat ek is! Wie sal my red van die liggaam wat hierdie dood ondergaan?+ 25  Aan God die dank deur middel van Jesus Christus, ons Here!+ So is ek self dan met my verstand ’n slaaf van God se wet,+ maar met my vlees van die sonde se wet.+

Voetnote