Romeine 8:1-39

8  Daarom is daar vir dié wat in eenheid met Christus Jesus is geen veroordeling+ nie.  Want die wet+ van daardie gees+ wat lewe in eenheid met Christus Jesus gee,+ het jou vrygemaak+ van die wet van die sonde en van die dood.+  Want aangesien daar ’n onvermoë aan die kant van die Wet was,+ terwyl dit swak was+ deur die vlees, het God, deur sy eie Seun+ in die gelykheid van die sondige vlees+ en in verband met die sonde te stuur,+ die sonde in die vlees veroordeel,  sodat die regverdige vereiste van die Wet vervul sou word+ in ons wat nie in ooreenstemming met die vlees wandel nie, maar in ooreenstemming met die gees.+  Want dié wat in ooreenstemming met die vlees is, rig hulle verstande op die dinge van die vlees,+ maar dié wat in ooreenstemming met die gees is, op die dinge van die gees.+  Want om die vlees te bedink, beteken die dood,+ maar om die gees te bedink,+ beteken lewe en vrede;  want om die vlees te bedink, beteken vyandskap+ met God, want dit is nie onderworpe+ aan die wet van God nie, en dit kan trouens ook nie wees nie.  Daarom kan dié wat in ooreenstemming met die vlees is,+ God nie behaag nie.  Julle is egter nie in ooreenstemming met die vlees nie, maar met die gees,+ as God se gees waarlik in julle woon.+ Maar as iemand Christus se gees nie het nie,+ behoort hy nie aan hom nie. 10  Maar as Christus in eenheid met julle is,+ is die liggaam inderdaad dood weens die sonde, maar die gees is lewe+ weens die regverdigheid. 11  As die gees van hom wat Jesus uit die dode opgewek het, dan nou in julle woon, sal hy wat Christus Jesus uit die dode opgewek+ het, ook julle sterflike liggame lewend maak+ deur sy gees wat in julle woon. 12  Daarom, broers, staan ons dan nie onder verpligting teenoor die vlees om in ooreenstemming met die vlees te lewe nie;+ 13  want as julle in ooreenstemming met die vlees lewe, sal julle sekerlik sterf;+ maar as julle deur die gees die gebruike van die liggaam doodmaak,+ sal julle lewe. 14  Want almal wat deur God se gees gelei word, dié is God se kinders.+ 15  Want julle het nie ’n gees van slawerny ontvang wat weer vrees+ veroorsaak nie, maar julle het ’n gees+ van aanneming+ as kinders ontvang, en deur dié gees roep ons uit: “Abba,+ Vader!” 16  Die gees+ self getuig+ met ons gees+ dat ons God se kinders is.+ 17  As ons dan kinders is, is ons ook erfgename: ja, erfgename van God, maar mede-erfgename+ met Christus, mits ons saam ly,+ sodat ons ook saam verheerlik kan word.+ 18  Gevolglik reken ek dat die lyding+ van die teenswoordige tyd niks is in vergelyking met die heerlikheid+ wat in ons geopenbaar sal word nie. 19  Want die skepping+ wag met gretige verwagting+ op die openbaring van die seuns van God.+ 20  Want die skepping is aan nietigheid onderwerp,+ nie uit eie wil nie, maar deur hom wat dit onderwerp het, op grond van hoop+ 21  dat die skepping+ self ook van die slawerny aan die verderflikheid vrygemaak+ sal word en die glorieryke vryheid van die kinders van God sal hê. 22  Want ons weet dat die hele skepping tot nou toe voortdurend saam kreun en saam pyn ly. 23  Nie net dit nie, maar ook ons wat die eerstelinge+ het, naamlik die gees, ja, ons kreun+ in onsself, terwyl ons vurig wag op die aanneming as kinders,+ die bevryding van ons liggaam deur ’n losprys. 24  Want ons is in hierdie hoop gered;+ maar hoop wat gesien word, is nie hoop nie, want as iemand iets sien, hoop hy dan daarop? 25  Maar as ons hoop+ op wat ons nie sien nie,+ bly ons met volharding+ daarop wag. 26  Net so kom ook die gees+ ons met ons swakheid te hulp;+ want ons weet nie waarvoor ons moet bid soos ons moet nie,+ maar die gees+ self pleit vir ons met onuitgesproke kreuninge. 27  Tog weet hy wat die harte deursoek+ wat die bedoeling van die gees is,+ want dit pleit in ooreenstemming met God vir heiliges.+ 28  En ons weet dat God al sy werke+ ten goede laat saamwerk vir dié wat God liefhet, dié wat volgens sy voorneme die geroepenes is;+ 29  want dié wat hy eerste erken het,+ het hy ook voorbestem+ om na die beeld+ van sy Seun gevorm te word,+ sodat hy die eersgeborene+ onder baie broers sou wees.+ 30  Daarbenewens is dié wat hy voorbestem het,+ diegene wat hy ook geroep het;+ en dié wat hy geroep het, is diegene wat hy ook regverdig verklaar het.+ Laastens is dié wat hy regverdig verklaar het, diegene wat hy ook verheerlik het.+ 31  Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vir ons is, wie sal teen ons wees?+ 32  Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie,+ maar hom vir ons almal oorgelewer het,+ waarom sal hy ons dan nie ook saam met hom alle ander dinge goedgunstig gee nie?+ 33  Wie sal ’n beskuldiging teen God se uitverkorenes inbring?+ Dit is God wat hulle regverdig verklaar.+ 34  Wie is dit wat sal veroordeel? Christus Jesus is die een wat gesterf het, ja, meer as dit, die een wat uit die dode opgewek is, wat aan die regterhand van God is,+ wat ook vir ons pleit.+ 35  Wie sal ons van die liefde van die Christus skei?+ Sal verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?+ 36  Net soos daar geskrywe staan: “Om u ontwil word ons die hele dag deur doodgemaak, ons is as slagskape gereken.”+ 37  Inteendeel, in al hierdie dinge is ons heeltemal seëvierend+ deur hom wat ons liefgehad het. 38  Want ek is daarvan oortuig dat nie die dood of die lewe+ of engele+ of regerings+ of teenswoordige dinge of toekomstige dinge of magte+ 39  of hoogte of diepte of enige ander skepping ons sal kan skei van God se liefde wat in Christus Jesus, ons Here, is nie.+

Voetnote