Romeine 9:1-33

9  Ek vertel die waarheid+ in Christus; ek lieg nie,+ aangesien my gewete saam met my getuig in heilige gees,  dat ek groot droefheid en onophoudelike pyn in my hart het.+  Want ek sou kon wens dat ek self as die vervloekte van die Christus geskei was ten behoewe van my broers,+ my familielede na die vlees,+  wat, as sodanig, Israeliete is,+ aan wie die aanneming as kinders+ en die heerlikheid+ en die verbonde+ en die uitvaardiging van die Wet+ en die heilige diens+ en die beloftes behoort;+  aan wie die voorvaders behoort+ en uit wie die Christus na die vlees gespruit het:+ God,+ wat oor alles is, mag hy tot in ewigheid geloof word. Amen.  Dit is egter nie asof die woord van God gefaal het nie.+ Want nie almal wat uit Israel spruit, is werklik “Israel” nie.+  En ook nie omdat hulle Abraham se saad is, is hulle almal kinders nie,+ maar: “Wat ‘jou saad’ genoem sal word, sal deur Isak wees.”+  Dit wil sê, die kinders in die vlees+ is nie werklik die kinders van God nie,+ maar die kinders deur die belofte+ word as die saad gereken.  Want die woord van die belofte het soos volg gelui: “Op dié tyd sal ek kom, en Sara sal ’n seun hê.”+ 10  En nie daardie geval alleen nie, maar ook toe Rebekka swanger geword het met ’n tweeling+ by die een man, Isak, ons voorvader: 11  want toe hulle nog nie gebore was of enigiets goeds of veragteliks beoefen het nie,+ is daar, sodat die voorneme van God met betrekking tot die verkiesing nie van werke sou bly afhang nie maar van die Een wat roep,+ 12  vir haar gesê: “Die oudste sal die slaaf van die jongste wees.”+ 13  Net soos daar geskrywe staan: “Ek het Jakob liefgehad, maar Esau het ek gehaat.”+ 14  Wat sal ons dan sê? Is daar onregverdigheid by God?+ Mag dit nooit die geval word nie! 15  Want hy sê vir Moses: “Ek sal barmhartig wees oor wie ek barmhartig is, en ek sal medelye betoon met wie ek medelye betoon.”+ 16  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat hardloop nie, maar van God,+ wat barmhartig is.+ 17  Want die Skrifgedeelte sê vir Farao: “Juis om dié rede het ek jou laat voortbestaan, dat ek in verband met jou my krag kan toon, en dat my naam oor die hele aarde bekend gemaak kan word.”+ 18  So is hy dan barmhartig oor wie hy wil,+ maar hy laat hardkoppig word wie hy wil.+ 19  Jy sal dus vir my sê: “Waarom vind hy dan nog fout? Want wie het sy uitdruklike wil weerstaan?”+ 20  O mens,+ wie is jy dan tog om God terug te antwoord?+ Sal wat gevorm is, vir hom wat dit gevorm het, sê: “Waarom het jy my so gemaak?”+ 21  Wat? Het die pottebakker+ nie die gesag oor die klei om uit dieselfde klomp een voorwerp vir ’n eervolle gebruik en ’n ander vir ’n oneervolle gebruik te maak nie?+ 22  As God dan nou, hoewel hy sy gramskap wil toon en sy krag bekend wil maak, voorwerpe van gramskap, wat vir vernietiging geskik gemaak is,+ met groot lankmoedigheid geduld het, 23  sodat hy die rykdom+ van sy heerlikheid oor voorwerpe+ van barmhartigheid bekend kon maak, wat hy vooraf berei het vir heerlikheid,+ 24  naamlik ons, wat hy nie net uit die Jode nie maar ook uit die nasies geroep het,+ wat daarvan? 25  Dit is soos hy ook in Hoseʹa sê: “Dié wat nie my volk is nie,+ sal ek ‘my volk’ noem, en haar wat nie bemind was nie, ‘beminde’;+ 26  en op die plek waar daar vir hulle gesê is: ‘Julle is nie my volk nie’, daar sal hulle ‘kinders van die lewende God’ genoem word.”+ 27  En Jesaja roep oor Israel uit: “Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see,+ is dit die oorblyfsel wat gered sal word.+ 28  Want Jehovah sal op die aarde ’n afrekening hou, wat hy tot ’n einde sal bring en sal verkort.”+ 29  Ook net soos Jesaja tevore gesê het: “As Jehovah van die leërs+ nie vir ons ’n saad gelaat het nie, sou ons net soos Sodom geword het en sou ons net soos Gomorʹra gemaak gewees het.”+ 30  Wat sal ons dan sê? Dat mense van die nasies, hoewel hulle nie regverdigheid nagestreef het nie, regverdigheid verkry het,+ die regverdigheid wat uit geloof voortspruit;+ 31  maar Israel het, hoewel hy ’n wet van regverdigheid nagestreef het, die wet nie bereik nie.+ 32  Waarom? Omdat hy dit nie deur geloof nagestreef het nie, maar deur werke.+ Hulle het oor die “steen van struikeling” gestruikel;+ 33  soos daar geskrywe staan: “Kyk! Ek lê in Sion ’n steen+ van struikeling en ’n rots van aanstoot,+ maar hy wat sy geloof daarop grond, sal nie teleurgestel word nie.”+

Voetnote