Rut 1:1-22

1  En in die dae toe die rigters+ reggespreek het, het daar ’n hongersnood+ in die land ontstaan, en ’n man het uit Betlehem+ in Juda weggetrek om as vreemdeling in die gebied van Moab+ te woon, hy met sy vrou en sy twee seuns.  En die man se naam was Elimeʹleg, en sy vrou se naam Naoʹmi, en die name van sy twee seuns was Maglon en Giljon, Efratiete+ uit Betlehem in Juda. Uiteindelik het hulle in die gebied van Moab gekom en daar gebly.  Na verloop van tyd het Elimeʹleg, die man van Naoʹmi, gesterf, sodat sy met haar twee seuns oorgebly het.  Later het die manne vir hulle vrouens geneem, Moabitiese vroue.+ Die naam van die een was Orpa en die naam van die ander Rut.+ En hulle het sowat tien jaar daar gebly.  Na verloop van tyd het die twee, Maglon en Giljon, ook gesterf, sodat die vrou sonder haar twee kinders en haar man oorgebly het.  En sy het saam met haar skoondogters opgestaan en uit die gebied van Moab teruggekeer, want sy het in die gebied van Moab gehoor dat Jehovah sy aandag op sy volk gerig het+ deur aan hulle brood te gee.+  En sy het weggegaan uit die plek waar sy gebly het,+ en haar twee skoondogters was saam met haar, en hulle het op die pad bly loop om na die land van Juda terug te keer.  Uiteindelik het Naoʹmi vir haar twee skoondogters gesê: “Gaan, keer terug, elkeen na die huis van haar moeder. Mag Jehovah liefderyke goedhartigheid teenoor julle bewys,+ net soos julle dit teenoor die manne wat nou dood is en teenoor my bewys het.+  Mag Jehovah aan julle ’n geskenk gee,+ en vind ’n rusplek,+ elkeen in die huis van haar man.” Toe het sy hulle gesoen,+ en hulle het hulle stem begin verhef en gehuil. 10  En hulle het vir haar bly sê: “Nee, maar saam met u sal ons na u volk terugkeer.”+ 11  Maar Naoʹmi het gesê: “Keer terug, my dogters. Waarom sou julle saam met my gaan? Het ek nog seuns in my liggaam, en sal hulle julle mans moet word?+ 12  Keer terug, my dogters, gaan, want ek het te oud geword om nog aan ’n man te behoort. As ek gesê het dat ek ook hoop het dat ek vannag beslis ’n man s’n sou word en ook beslis seuns sou baar,+ 13  sou julle dan vir hulle bly wag totdat hulle grootgeword het? Sou julle julle ter wille van hulle afgesonderd hou om nie ’n man s’n te word nie? Nee, my dogters, want weens julle is dit vir my baie bitter dat die hand van Jehovah teen my uitgegaan het.”+ 14  Daarop het hulle hulle stem verhef en nog meer gehuil, waarna Orpa haar skoonmoeder gesoen het. Wat Rut betref, sy het by haar gebly.+ 15  Toe het sy gesê: “Kyk! Jou weduwee-skoonsuster het na haar volk en haar gode toe teruggekeer.+ Keer saam met jou weduwee-skoonsuster terug.”+ 16  En Rut het gesê: “Moenie by my pleit om u te verlaat nie, om terug te draai en u nie te vergesel nie; want waar u gaan, sal ek gaan, en waar u oornag, sal ek oornag.+ U volk sal my volk wees,+ en u God my God.+ 17  Waar u sterf, sal ek sterf,+ en daar sal ek begrawe word. Mag Jehovah so aan my doen en daaraan toevoeg+ as enigiets anders as die dood my en u sou skei.” 18  Toe sy sien dat sy vasbeslote was om saam met haar te gaan,+ het sy opgehou om met haar te praat. 19  En hulle twee het verder gegaan totdat hulle in Betlehem+ gekom het. En toe hulle in Betlehem kom, het die hele stad oor hulle in opskudding geraak,+ en die vroue het bly sê: “Is dit Naoʹmi?”+ 20  En sy het vir die vroue gesê: “Moet my nie Naoʹmi noem nie. Noem my Mara, want die Almagtige+ het dit vir my baie bitter gemaak.+ 21  Ek was vol toe ek gegaan het,+ en met leë hande het Jehovah my laat terugkeer.+ Waarom sou julle my Naoʹmi noem, terwyl dit Jehovah is wat my verneder het+ en die Almagtige wat rampspoed oor my gebring het?”+ 22  So het Naoʹmi teruggekeer, en Rut, die Moabitiese vrou, haar skoondogter, was saam met haar toe sy uit die gebied van Moab+ teruggekeer het; en hulle het aan die begin van die garsoes+ in Betlehem+ gekom.

Voetnote