Rut 2:1-23

2  En Naoʹmi het ’n bloedverwant+ van haar man se kant gehad, ’n baie ryk man,+ uit die familie van Elimeʹleg, en sy naam was Boas.+  Na verloop van tyd het Rut, die Moabitiese vrou, vir Naoʹmi gesê: “Laat my asseblief na die land gaan en are tussen die graanare optel+ agter enigiemand aan in wie se oë ek guns sal vind.” Toe het sy vir haar gesê: “Gaan, my dogter.”  Daarop het sy gegaan en op die land gekom en agter die snyers are begin optel.+ So het sy toevallig uitgekom by die stuk land wat aan Boas behoort het,+ wat uit die familie van Elimeʹleg+ was.  En kyk! Boas het van Betlehem af gekom en vir die snyers gesê: “Mag Jehovah met julle wees.”+ Hierop het hulle vir hom gesê: “Mag Jehovah u seën.”+  Daarna het Boas+ vir die jong man wat oor die snyers aangestel was, gesê: “Aan wie behoort hierdie jong vrou?”  Toe het die jong man wat oor die snyers aangestel was, geantwoord en gesê: “Die jong vrou is ’n Moabitiese vrou,+ wat saam met Naoʹmi uit die gebied van Moab teruggekeer het.+  En sy het gesê: ‘Laat my asseblief are optel,+ en ek sal sekerlik tussen die afgesnyde graanare agter die snyers insamel.’ So het sy ingekom en van daardie tyd in die oggend af op die been gebly totdat sy nou net vir ’n klein rukkie in die huis gaan sit het.”+  Later het Boas vir Rut gesê: “Jy het gehoor, nie waar nie, my dogter? Moenie op ’n ander land gaan are optel nie,+ en jy moet ook nie hiervandaan weggaan nie, en só moet jy naby my jong vroue bly.+  Laat jou oë op die land wees wat hulle sal oes, en jy moet saam met hulle gaan. Het ek nie die jong manne beveel om jou nie aan te raak+ nie? Wanneer jy dors is, moet jy ook na die houers gaan en drink van wat die jong manne sal skep.”+ 10  Daarop het sy op haar gesig geval en haar na die aarde neergebuig+ en vir hom gesê: “Hoe is dit dat ek guns in u oë gevind het sodat belangstelling in my getoon word, terwyl ek ’n uitlander is?”+ 11  Toe het Boas geantwoord en vir haar gesê: “Aan my is alles breedvoerig vertel+ wat jy ná die dood van jou man vir jou skoonmoeder gedoen het,+ en hoe jy jou vader en jou moeder en die land van jou familielede verlaat het en na ’n volk toe gegaan het wat jy voorheen nie geken het nie.+ 12  Mag Jehovah jou handelswyse beloon,+ en mag daar vir jou ’n volmaakte loon+ wees van Jehovah, die God van Israel, onder wie se vleuels jy toevlug kom soek het.”+ 13  Hierop het sy gesê: “Laat ek guns vind in u oë, my heer, omdat u my vertroos het en omdat u gerusstellend met u diensmeisie gepraat het,+ hoewel ek dalk nie soos een van u diensmeisies is nie.”+ 14  En met etenstyd het Boas vir haar gesê: “Kom hierheen, en jy moet van die brood eet+ en jou stukkie in die asyn doop.” Toe het sy langs die snyers gaan sit, en hy het vir haar geroosterde graan+ aangegee en sy het geëet, sodat sy versadig was en nog iets laat oorbly het. 15  Toe het sy opgestaan om are op te tel.+ Boas het toe sy jong manne beveel en gesê: “Laat haar ook are tussen die afgesnyde graanare optel, en julle moet haar nie lastig val nie.+ 16  En julle moet ook sorg dat julle vir haar van die are uit die bondels trek, en julle moet dit laat lê sodat sy dit kan optel,+ en julle moet haar nie bestraf nie.” 17  En sy het tot die aand toe are op die land bly optel,+ waarna sy uitgeslaan het+ wat sy opgetel het, en dit was ongeveer ’n efa+ gars. 18  Toe het sy dit geneem en in die stad ingegaan, en haar skoonmoeder het gesien wat sy opgetel het. Daarna het sy die voedsel uitgehaal wat sy laat oorbly het+ toe sy versadig was en dit vir haar gegee. 19  Haar skoonmoeder het toe vir haar gesê: “Waar het jy vandag are opgetel, en waar het jy gewerk? Mag die een wat belangstelling in jou getoon het, geseënd wees.”+ Toe het sy vir haar skoonmoeder vertel by wie sy gewerk het; en sy het gesê: “Die naam van die man by wie ek vandag gewerk het, is Boas.” 20  Daarop het Naoʹmi vir haar skoondogter gesê: “Mag hy geseënd wees deur Jehovah,+ wat sy liefderyke goedhartigheid+ teenoor die lewendes en die dooies nie nagelaat het nie.”+ En Naoʹmi het verder vir haar gesê: “Die man is aan ons verwant.+ Hy is een van ons terugkopers.”+ 21  Toe het Rut, die Moabitiese vrou, gesê: “Hy het ook vir my gesê: ‘Jy moet naby die jong mense bly wat myne is totdat hulle klaar is met die hele oes wat ek het.’”+ 22  Toe het Naoʹmi+ vir haar skoondogter Rut+ gesê: “Dit is beter, my dogter, dat jy saam met sy jong vroue uitgaan, sodat hulle jou nie dalk in ’n ander land lastig val nie.”+ 23  En sy het naby die jong vroue van Boas gebly om are op te tel totdat die garsoes+ en die koringoes tot ’n einde gekom het. En sy het by haar skoonmoeder gewoon.+

Voetnote